Menu terloops

This England

Op Showmax [Gepubliseer op 16 Jan 2023]


In ‘This England’ neem die veelbekroonde akteur en storieskepper Kenneth Branagh die rol van Boris Johnson in.

Kyk nou

This England
Kyk lokprent

This England vertel oor Boris Johnson se ontstuimige bewind as Britse premier soos hy worstel met die Covid-19-pandemie en die implikasies van Brexit. Dit neem ook sy omstrede persoonlike lewe en politieke skuiwe onder die loep. Die sesdelige dramareeks se regisseur is die BAFTA-wenner Michael Winterbottom, bekend vir sy werk op Welcome to Sarajevo. 

In hul vyfster-resensie beskryf The Evening Standard vir This England as “pragtige televisie, geskiedenis op die skerm gedistilleer… Kyk dit en huil.”

Vanaf 16 Januarie beskikbaar om op Showmax te stroom.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies