Menu terloops
In Gons [26 Aug 2024]

Jou telenovela-gids: Kemal maak benoude spronge in ‘Moederhart’


Hier is waarna jy hierdie week (26 tot 29 Augustus 2024) op die Turkse telenovela ‘Moederhart’ op kykNET&kie kan uitsien.

Kyk nou

Jou telenovela-gids: Kemal maak benoude spronge in ‘Moederhart’

Elke week bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se Turkse telenovela, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien. Hier is wat hierdie week op Moederhart gaan uitspeel.

Maandag, 26 Augustus

Kemal vermoed dat Muzaffer weet waar Nefise is, en beplan om haar te skuif. Zeynep is bitsig met Kartal en Onur se mediakonferensie ontaard in chaos.

Dinsdag, 27 Augustus

Suat kom op Muzaffer af wat ’n wapen op Kemal rig en vertel vir Asya en Emre daarvan. Kemal skrik en probeer Nefise elders neem. 

Woensdag, 28 Augustus

Nejat is kwaad omdat Mine nie meer met hom wil trou nie. Hy probeer haar dwing om saam met hom te kom, maar word deur die bure weggejaag.

Donderdag, 29 Augustus

Suna en Mine trek in die anneks in en Lutfi is meer as gelukkig om in die hoofhuis in te trek. Ahmet probeer om Cemre te kry om na sy huis toe te kom, maar Zeynep steek ’n stokkie daarvoor.


Moederhart word Maandae tot Donderdae om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai. Dit is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Mei 2025

Rachelle woeker met haar slinkse planne om Shani te verneder en die matriekafskeid kom al nader. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

‘Diepe Waters’: Dís die storielyne om in Mei dop te hou

Mei bring nie net nuwe wendings nie, maar ook selfontdekking, groei en opwindende moontlikhede in 'Diepe Waters'.

Meer

Redakteurskeuse vir Mei 2025: ‘Bridget Jones 4’, ‘Die brug S2’, ‘Die nuusmakers’ en meer

Wat om te kyk: 'Die nuusmakers', ’n nuwe Afrikaanse drama wat persoonlike en professionele drama in die nuuskantoor in oënskou bring; die gewilde avontuur-realiteitsreeks 'Die brug' se tweede uittog; Tina Fey in 'The Four Seasons', ’n reeks wat raakvat soos min; en Bridget Jones se vierde fliekavontuur – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Mei 2025

Aline se landerye vat vlam terwyl sy nog sukkel om die plaas se skuld te delg. En dan word sy boonop amper vergiftig! Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Mei. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies