Menu terloops
In Gons [5 Des 2024]

‘Lekker & Goed’: Carmen Niehaus kook storm los in nuwe reeks


Ná sowat 25 kookboeke slaan Carmen Niehaus ’n nuwe koers op die kassie in met die kosprogram, ‘Lekker & Goed’.

‘Lekker & Goed’: Carmen Niehaus kook storm los in nuwe reeks

Lesers van die land se grootste gesinstydskrif, Huisgenoot, ken haar naam. Sy is die vrou wat vir meer as drie dekades vanuit die toetskombuis tot in die veld gewone bestanddele in watertand-lekkerte omtower. Carmen Niehaus het reeds altesaam sowat 25 kookboeke die lig laat sien. Boonop sal jy haar Huisgenoot Wenresepte in elke kombuis wat sy sout werd is, vind. Eg Afrikaans, eg Suid-Afrikaans – met alles van bokkoms tot biltong tussendeur. 

Nou het Carmen ’n nuwe koers aan die Weskus – en op die kassie – in die kosreeks, Lekker & Goed, ingeslaan. Dié keer kook sy nie net voor die kameras nie. In dié program stel sy kykers ook aan van die land se mees geliefde en gewildste glanspersoonlikhede bekend. 

Carmen Niehaus, Lekker en goed
Carmen Niehaus en Landbou Boerekos se Arina du Plessis saam in die kombuis in ’n episode van Lekker & Goed. Foto: Skermgreep

Haar eerste gas is juis ’n voormalige kollega, Arina du Plessis, wat deesdae die redakteur van Landbou Boerekos is. Sy en Arina het 20 jaar gelede laas saam aan tafel gesit. Daar is diep gedeel en wonderlike stories wat herleef is. Om nie van die midde-Oosterse lamsboud te praat nie!

Van Carmen se ander gaste sluit onder andere Marciel Hopkins, Shari Kennedy, Candice Bester, Herman Lensing, Johnny Davids en Antoinette Kellerman in. 

Om gesonder te eet, is een van Carmen se prioriteite en vorm deel van die reeks se aanslag. “Gesonder eet gaan allermins daaroor om jou te ontneem van die lekkerte van kos. Inteendeel, as mens bietjie minder soet en ryk kook, is dit asof jy fyner proe en die verskillende lae geure ontdek.” 

Die reeks fokus ook daarop om kos in sy eenvoud te waardeer.

Volgens Carmen is Lekker & Goed veel meer as net ’n kookprogram. “Dit wys die besonderse mooi van die Weskus en saam met verskeie bekende persoonlikhede deel ons lekker onthoue van onvergeetlike ervaringe wat baie keer deur kos aangewakker word.”


Lekker & Goed word vanaf Donderdag, 2 Januarie 2025, op kykNET (DStv-kanaal 144 en DStv Stream) om 17:30 uitgesaai. Ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies