Menu terloops
In Recaps & Resensies [6 Feb 2025]

‘Lekker en goed’ met Carmen Niehaus: ’n ‘Housewife’ kook saam


‘Die Real Housewives van die Wynlande’ se Candice Bester is vandeesweek Carmen Niehaus se gas in ‘Lekker en goed’.

Stroom 'Lekker & Goed'

‘Lekker en goed’ met Carmen Niehaus: ’n ‘Housewife’ kook saam

In vandeesweek se episode van Lekker en goed met Carmen Niehaus op kykNET kuier Carmen en Candice Bester, een van die deelnemers aan Die Real Housewives van die Wynlande en deesdae restauranteienaar, ’n hond uit ’n bos aan die Weskus.   

Die reuk van die sout seelug herinner Carmen aan ’n seevaart waarop sy was en dit inspireer haar om vandag vir Candice ’n proesel van Mediterreense kosse te gee.

Die kuier langs die kus maak die mense dors – en Carmen trek die whisky én die rooibos-jenewer nader. Daar is darem ook ’n bietjie lemoensap wat bykom . . . en tee natuurlik: Carmièn Orange & Camomile. Dan is daar ook ’n bietjie soetigheid nodig en dit kom in die vorm van heuning.

lekker en goed carmen niehaus
Die reuk van die sout seelug herinner Carmen aan ’n seevaart waarop sy was en dit inspireer haar om vandag vir Candice ’n proesel van Mediterreense kosse te gee. Foto: Verskaf

Meer oor Die Housewives

Carmen brand van nuuskierigheid om meer uit te vind oor Candice se ervaring op dié werklikheidsreeks waar dinge soms liederlik ontspoor het.

“Die dinamika tussen die vroue, dit was soveel pret,” vertel Candice. Maar Carmen wil dieper delf. Sy wil meer van die skinderstories agter die skerms hoor, erken sy. En ook hoe die vuurwerke op die stel hanteer is.

“Dit het alles baie natuurlik gekom,” is al wat Candice bereid is om te sê.

En die restaurant?

Candice vertel dit het baie skielik gebeur en dat alles net mooi in plek geval het vir haar. 

Hulle was nog op die stel van Die Real Housewives toe Candice die aankondiging gemaak het: “Julle, ek quit my job. Ek gaan ’n restaurant oopmaak”.

Candice se restaurant staan bekend as De Vier. Sy verduidelik dit het ontstaan vanuit die konteks rondom eenvoudigheid. Hulle het besluit om verskillende palette en verskillende smake te akkommodeer. Dit het gelei tot vleis, hoender, seekos en vegan op die spyskaart.

“Maar dit is vir my verskriklik lekker omdat ek so liéf is vir kos. Partykeer knyp ek myself en ek dink, ‘Is hierdie my wérk?’ Dit is so lekker,” sê Candice.

LEKKER EN GOED CARMEN NIEHAUS
Candice se restaurant staan bekend as De Vier. Foto: Verskaf

Op die spyskaart

Vandag is dit hoenderroulade met ’n pesto-sous en dit word met beet carpaccio voorgesit. Die slaaisous is dieselfde as die pesto-sous wat in die rollade gebruik word.

Moenie van die soetigheid vergeet nie. Dit is ’n Griekse klapperdadelkoek wat beslis ’n treffer gaan wees.

Kook- en kletstyd in Carmen se kombuis

Carmen sê sy probeer nie net om gesonder kos te kook nie, maar om vinnig-vinnig te werk te gaan. Vir haar het ’n dag net ’n paar ure – en dit hoef nie voor die warm stoof ingespan word nie.Sy voeg haar witsous by die fyngemaalde hoender en erken dat sy tot vandag toe nie altyd sukses met haar witsous behaal nie. Dit was een van die eerste dinge wat haar ma haar destyds geleer maak het.

Candice vertel dat hulle ’n groep van 80 mense was wat destyds met haar pa se 50ste verjaardag op ’n bootvaart na Mosambiek gegaan het. 

Ook Carmen het ’n seevaart-herinnering “op een van die Queens” vanaf Kaapstad na Southampton en ten spyte daarvan dat sy aanvanklik skepties was oor 17 dae aan boord, was dit ’n baie lekker en “elegante” ervaring.

Geïnspireer deur die hele “high-tea”-ervaring elke middag drie-uur op die boot, het Carmen besluit om die Griekse dadelkoek vir Candice te maak. En dis ’n gesonde koek – “een sonder skuldgevoel,” sê Carmen.

“Ek was altyd so lief vir die Wenresepte van die Huisgenoot. Ek kan nou nie glo hier sit ek met dié Wenresep-dame nie,” sê Candice.

Carmen vertel dat sy nog steeds werk doen vir Huisgenoot, maar “daai was ’n wonderlike tyd van my lewe, daai Wenresepte. Die konneksie wat ek met lesers gehad het, jy weet. Dis wat vir my so lekker was. En al die plekke wat ek kon besoek en resepte wat ek gekry het. Baie van my staatmaker-resepte is goed wat ek by lesers gekry het,” vertel Carmen.

Die tafel

Carmen kies silwer en grys as deel van haar tafelversiering, juis omdat beide heimweë koester oor hul onderskeie seevaart-ervarings. Natuurlik moet daar ook ’n wyntjie oopgemaak word en vandag is dit ’n vrugtige en vars Piekenierskloof Chenin Blanc.

Lekker en goed
Daar is lekker gesels en lekker gesmul. Foto: Verskaf

Wat nog?

Die twee geniet elke happie sonder enige skuldgevoelens en daar word gesels oor wat in die lewe geniet kan word. En daar word planne gemaak vir nog ’n keer se saamkuier.

Lekker & Goed se resepte word op Vrydae op terloops gepubliseer. 


Lekker & Goed saai Donderdae op kykNET (DStv-kanaal 144 en DStv Stream) om 17:30 uit. Episodes is ná uitsending ook op Catch Up beskikbaar. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies