Menu terloops
In Wat om te kyk [18 Okt 2022]

Kyk ‘Plaashuis’: Jy kan fliek oor nadraai van plaasmoord wêreldwyd stroom


Die bekroonde aktrises Martelize Kolver en Nicola Holm vertolk die hoofrolle in Dian Weys se kortprent, ‘Plaashuis’. Dit is nou op YouTube beskikbaar om te stroom.

Kyk ‘Plaashuis’: Jy kan fliek oor nadraai van plaasmoord wêreldwyd stroom
Kyk lokprent

Plaashuis is gegrond op die ware verhaal van twee vroue wat na ’n moordtoneel – ’n plaasmoord – uitgeroep word om dit skoon te maak. Dié rolle word deur Martelize Kolver en Nicole Holm – albei bekroonde aktrises – vertolk. Ook in die rolverdeling is Nêrens, Noord-Kaap en Pulse se Albert Pretorius.

Die fliek is onlangs op YouTube beskikbaar gestel om te stroom – gratis. Dít nadat dit eers by ’n rits internasionale rolprentfeeste gedraai het, waaronder die Tampere-rolprentfees in Ierland (2022), Aesthetica-kortprentfees in York, Engeland (2021) en die Regensburg-kortprentweek in Duitsland (2022). 

Plaashuis, met regie deur die rolprentmaker Dian Weys, het egter met moeite die lig gesien. Weys, wat onder meer ook die Silwerskermfees-korte Versnel in 2017 geregisseer het, het hom uiteindelik na skarebefondsing gewend om Plaashuis te skiet.

Weys het vroeër in ’n onderhoud met Litnet gesê die idee vir die fliek het gekom nadat hy gelees het oor mense wat hul bure se huis ná ’n plaasaanval gaan skoonmaak het. 

“Die idee dat mense bereid was om só iets vir hul naaste te doen was vir my ontsettend aangrypend. Ek het met die skoonmakers gaan gesels en die kortfilmdraaiboek het uit daardie gesprekke ontwikkel,” het hy vertel.

Weys se kortprent, Bergie, was ook een van die deelnemers aan vanjaar se Silwerskermfees.

Kyk ook dié kortflieks deur Weys op Showmax:

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Mei 2025

Rachelle woeker met haar slinkse planne om Shani te verneder en die matriekafskeid kom al nader. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

‘Diepe Waters’: Dís die storielyne om in Mei dop te hou

Mei bring nie net nuwe wendings nie, maar ook selfontdekking, groei en opwindende moontlikhede in 'Diepe Waters'.

Meer

Redakteurskeuse vir Mei 2025: ‘Bridget Jones 4’, ‘Die brug S2’, ‘Die nuusmakers’ en meer

Wat om te kyk: 'Die nuusmakers', ’n nuwe Afrikaanse drama wat persoonlike en professionele drama in die nuuskantoor in oënskou bring; die gewilde avontuur-realiteitsreeks 'Die brug' se tweede uittog; Tina Fey in 'The Four Seasons', ’n reeks wat raakvat soos min; en Bridget Jones se vierde fliekavontuur – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Mei 2025

Aline se landerye vat vlam terwyl sy nog sukkel om die plaas se skuld te delg. En dan word sy boonop amper vergiftig! Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Mei. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies