Menu terloops
In Wat om te kyk [6 Jun 2023]

Kyk nou: Lokprent vir ‘Fatal Seduction’, Netflix se nuwe plaaslike rillerreeks


Wellus, begeerte en verleiding – dís die premis van Netflix se nuwe Suid-Afrikaanse rillerreeks, ‘Fatal Seduction’.

Kyk nou: Lokprent vir ‘Fatal Seduction’, Netflix se nuwe plaaslike rillerreeks
Kyk lokprent

Die eerste lokprent vir Netflix se nuutste plaaslike reeks, Fatal Seduction, skets ’n prentjie van donker intrige, maar onder ’n versadigde laag passie tussen die twee hoofkarakters, lê ’n haas ondeurdringbare web van leuens en misleiding. 

Dié verhaal ontvou as Nandi, vertolk deur Kgomotso Christopher (Isidingo, Scandal en Legacy), op ’n naweekwegbreek sonder haar man, Leonard (Thapelo Mokoena van onder meer Showmax se Pulse, Dominee Tienie en Trackers), gaan. Dis dan wat sy die begeerlike Jacob, vertolk deur die nuweling Prince Grootboom (Jiva!), ontmoet.

Fatal Seduction
Prince Grootboom vertolk die rol van Jacob in Fatal Seduction. Foto: Netflix

Nandi kan Jacob nie weerstaan nie, maar vir Jacob is dié sekskapades a means to an end. Jacob is immers op ’n wraaktog…. Hy soek die waarheid oor wat agter sy familie se swaar lot lê en Nandi en Leonard blyk antwoorde te hê. 

Die reeks is in en om Kaapstad verfilm. Dit sal vanaf Vrydag, 7 Julie 2023, op Netflix beskikbaar wees om te stroom.

Ook in die rolverdeling tel onder andere Nat Ramabulana (Isidingo, Muvhango) en Lunathi Mampofu (The River, Kings of Jo’Burg).

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies