Menu terloops
In Gons [1 Mei 2024]

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Inskrywings oop vir S2


kykNET steek reeds die vure aan vir die volgende seisoen van die gewilde Afrikaanse koswerklikheidsreeks ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ en jy kan nou inskryf.

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Inskrywings oop vir S2

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar weer die koskenners Bertus Basson en Kobus Botha met hul braai-vaardighede beïndruk. 

Die oorkoepelende Kokkedoor-tafel is vir die eerste keer in 2013 vir kykers gedek en oor die jare het familielede van die reeks, waaronder Koekedoor, Kokkedoortjie en Koekedoortjie geurryke vermaak en inspirasie aan oud en jonk verskaf. 

Verlede jaar het hierdie koswerlikheidsreeks vir die eerste keer ’n braaivoorskoot aangetrek en Karen Els van Malmesbury en Gert Joubert van Jeffreysbaai is as die eerste wenspan van Kokkedoor Vuur & Vlam gekroon. 

Nou is kykNET weer opsoek na die perfekte span-kombinasie van ’n onthoubraaier en ’n kinkelbraaier wat vurig voel oor kosmaak oor die kole.  

Kobus en Bertus keer terug as die beoordelaars en aanbieders van die reeks. Foto: Verskaf

Wat is die verskil tussen hierdie braaiers? ’n Onthoubraaier het nie formele sjef-opleiding en professionele ondervinding nie, maar hul hart klop warm vir tradisionele kos. Hulle word gekies vanweë hul vernuf as ’n huiskok en hul kennis van onthoukos. Daarenteen word kinkelkbraaiers gekies juis vir hul kwalifikasies en/of hul ondervinding in ’n erkende restaurant of professionele kombuis.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 15 Junie 2024 en die reeks sal vanaf Januarie 2025 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai word.

Skryf só in: 

Besoek www.kyknet.tv of stuur ’n e-pos na navrae@kokkedoor.tv 

Elke deelnemer se inskrywingsvideo, maksimum drie minute lank, moet die volgende inligting bevat: 

  • Stel jouself bekend; 
  • Vertel wie jy is; 
  • Waar kom jy vandaan; 
  • Skryf jy in as ’n onthoubraaier of ’n kinkelbraaier?
  • Wat maak van jou ’n onthoubraaier of ’n kinkelbraaier?
  • Hoekom wil jy deelneem

Reëls:

Hoe oud moet iemand wees om deel te neem? Jy moet ten minste 18 jaar oud wees op die dag van die oudisie.

Kan enigiemand inskryf? Enige Suid-Afrikaanse of Namibiese burger wat ’n geldige identiteitsdokument het, kan inskryf. 

Wanneer vind die oudisies plaas? Oudisies sal in Junie 2024 plaasvind.

Wanneer en waar gebeur verfilming? Spanne wat deurdring om deel te neem, moet van 18 Julie tot 14 Augustus in Struisbaai in die Suid-Kaap beskikbaar wees.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
30

30 Afrikaanse flieks wat jy vir oulaas op Showmax kan kyk

Met Showmax se dae getel, gaan ons binnekort ’n groot gros Afrikaanse speelfilms, kortprente, reekse en dokkies op dié plaaslike stroomdiens moet groet. Maak dus ’n plan om vir oulaas een van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax te kyk.

Meer

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir Maart 2026

Daar is ’n meer-as-vriendskap-vonk tussen Uys en Nicolette en as Hannah verdwyn, is almal op hol. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Meer
Sien alle opsies