Menu terloops
In Wat om te kyk [5 Aug 2023]

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: ’n Volstruisnek kelder toe dié span se kanse


En só begin die slagting… Maar die deelnemers van ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ wat heel eerste die trekpas gekry het, is nie vir ’n oomblik spyt oor die lewensveranderende ervaring wat die reeks gebied het nie.

Stroom aanlyn

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: ’n Volstruisnek kelder toe dié span se kanse

Die reën op Kokkedoor Vuur & Vlam se sinkplaatdak aan die suidpunt van Afrika was simbolies van wat op een van die spanne in die huidige reeks gewag het. Hulle braaivlam is vroeg-vroeg tydens die eerste spankompetisie uitgedoof . . .

Dit was taai, dit was warm en daar was baie drama en selfs ’n traan of twee tussendeur. Die eerste span wat op Donderdag, 3 Augustus, hul voorskote moes ophang en hul foto’s van die muur moes verwyder, was Onthoukok Rodney Gelant (47) van Oudtshoorn en Kinkelkok Natalie Erasmus (26) van Kaapstad.

Kokkedoor Vuur & Vlam
Onthoukok Rodney Gelant (47) van Oudtshoorn en Kinkelkok Natalie Erasmus (26) van Kaapstad is die eerste span wat huis toe gestuur is op die kykNET-reeks Kokkedoor Vuur & Vlam. Foto: Verskaf

‘Niks in die lewe onmoontlik’

Rodney kan steeds nie glo hy was deel van dié koswerklikheidsreeks nie. 

“Die verrykende ervaring en kennis wat ek in die reeks opgedoen het, het vir my bewys dat niks in die lewe onmoontlik is nie. Ek het ook geleer dat jy altyd jouself moet wees en om nie toe te laat dat mense wat meer kennis of ervaring as ek het, my intimideer nie.” 

Vir die man van Oudtshoorn was dit swaar om te aanvaar dat dit juis sy dorp se ikoniese voël, die volstruis, sou wees wat sy vuurtjie sou blus. 

“Ek weet nie wat die lewe vir my inhou nie, maar as daar weer ’n Kokkedoor-kans kom, sal kykers met ’n heel ander Rodney Warren Gelant te doene kry. My vlam is dalk nou uit, maar my vuur sal altyd hoog brand,” sê hy.

Roeping in die kombuis

En uit Amerika het Natalie laat weet sy het haar roeping gevind en haar lewe is nou beslis in die kombuis, danksy haar deelname aan die reeks.

“My lewe is verryk. Noudat ek as ’n sjef in Amerika werk, besef ek dat as dit nie vir Kokkedoor Vuur & Vlam was nie, ek myself nooit verder sou uitdaag nie. Kokkedoor is ’n inspirasie om nie op te gee nie, selfs al is dit nie wat jy wil hê nie. Jy is presies waar jy moet wees.

“Ek wil graag in die kosbedryf bly en eendag my eie resepteboeke publiseer.”


Kokkedoor Vuur & Vlam wys Donderdagaande om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Ons geliewe resensent, Annie Brand, se recaps word direk ná elke nuwe episode omstreeks 21:00 gepubliseer.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies