Menu terloops
In Gons [19 Nov 2024]

Kyk nou: Lokprent vir ‘Klubhuis’, nuwe reeks oor klubrugby in Suid-Afrika,


‘Klubhuis’, ’n nuwe dokumentêre reeks oor klubrugby wat op 13 Desember op kykNET begin, bring ’n heel ander deel van die Suid-Afrikaanse rugbylandskap onder die loep. En daar word nét so hard vir dié spanne as vir die Bokke geskree…

Kyk nou: Lokprent vir ‘Klubhuis’, nuwe reeks oor klubrugby in Suid-Afrika,
Kyk lokprent

Klubhuis neem kykers op reis na die hartkamers van die plaaslike rugbywêreld; daar waar kameras selde – indien ooit – kom, waar grasvelde ’n luukse is en die waardes van rugby – spanwerk, dissipline, en respek – gemeenskappe op en veral van die veld af saamsnoer.

Die vervaardigers van Klubhuis het die land vol gereis agter klubrugbystories – van Saldanha tot Hawston, van Thabazimbi tot Vanwyksvlei. Dié reeks, bestaande uit ses episodes, is oor die loop van meer as ’n jaar verfilm.

Klubhuis

Vir baie van die spelers is klubrugby ’n tuiskoms, ’n uitkoms, ’n droom om raakgesien te word en eendag ook op die groot velde van die land en die wêreld te speel. Soos op Hawston duskant Hermanus waar die voormalige Springbok Gio Aplon die goue seun is wat vir menige jong speler steeds ’n inspirasie is. Op Prins Albert predik Jason Jaftha, ’n voormalige beroepskeidsregter, rugby uit sy reëlboek en aan die skadukant van Johannesburg is die Raiders, ’n klub wat glo aan die ontginning van geleenthede én tweede kanse.

Klubhuis, kyknet
Gio Aplon. Foto: Verskaf

Vir watter klubs word daar geskree?

Die ses klubs en die datums waarop dit uitgesaai word is as volg:

  • 13 Desember 2024 – Saldanha
  • 20 Desember 2024 – Northam Rhinos
  • 27 Desember 2024 – Prins Albert
  • 3 Januarie 2025 – Vanwyksvlei
  • 10 Januarie 2025 – Hawston
  • 17 Januarie 2025 – Raiders

Klubhuis begin op 13 Desember om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, en sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies