Menu terloops
In Gons [19 Nov 2024]

Kyk nou: Lokprent vir ‘Klubhuis’, nuwe reeks oor klubrugby in Suid-Afrika,


‘Klubhuis’, ’n nuwe dokumentêre reeks oor klubrugby wat op 13 Desember op kykNET begin, bring ’n heel ander deel van die Suid-Afrikaanse rugbylandskap onder die loep. En daar word nét so hard vir dié spanne as vir die Bokke geskree…

Kyk nou: Lokprent vir ‘Klubhuis’, nuwe reeks oor klubrugby in Suid-Afrika,
Kyk lokprent

Klubhuis neem kykers op reis na die hartkamers van die plaaslike rugbywêreld; daar waar kameras selde – indien ooit – kom, waar grasvelde ’n luukse is en die waardes van rugby – spanwerk, dissipline, en respek – gemeenskappe op en veral van die veld af saamsnoer.

Die vervaardigers van Klubhuis het die land vol gereis agter klubrugbystories – van Saldanha tot Hawston, van Thabazimbi tot Vanwyksvlei. Dié reeks, bestaande uit ses episodes, is oor die loop van meer as ’n jaar verfilm.

Klubhuis

Vir baie van die spelers is klubrugby ’n tuiskoms, ’n uitkoms, ’n droom om raakgesien te word en eendag ook op die groot velde van die land en die wêreld te speel. Soos op Hawston duskant Hermanus waar die voormalige Springbok Gio Aplon die goue seun is wat vir menige jong speler steeds ’n inspirasie is. Op Prins Albert predik Jason Jaftha, ’n voormalige beroepskeidsregter, rugby uit sy reëlboek en aan die skadukant van Johannesburg is die Raiders, ’n klub wat glo aan die ontginning van geleenthede én tweede kanse.

Klubhuis, kyknet
Gio Aplon. Foto: Verskaf

Vir watter klubs word daar geskree?

Die ses klubs en die datums waarop dit uitgesaai word is as volg:

  • 13 Desember 2024 – Saldanha
  • 20 Desember 2024 – Northam Rhinos
  • 27 Desember 2024 – Prins Albert
  • 3 Januarie 2025 – Vanwyksvlei
  • 10 Januarie 2025 – Hawston
  • 17 Januarie 2025 – Raiders

Klubhuis begin op 13 Desember om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, en sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies