Menu terloops
In Recaps & Resensies [24 Okt 2024]

‘Klein Paradys’: Wat jy moet weet ná episode 1


Dit was ’n gestoei om die beste eenheid te kan kies in die eerste episode van die nuwe kykNET-realiteitsreeks, ‘Klein Paradys’.

‘Klein Paradys’: Wat jy moet weet ná episode 1

In kykNET se nuwe leefstyl-realiteitsreeks, Klein paradys, is daar vir ses spanne R1 miljoen op die spel en die kompetisie het nou in alle erns begin.

Hierdie ses eenhede moet oor die loop van slegs 25 dae in vyfster-gasteverblyf omskep word. Elke duo het ’n begroting van ’n halfmiljoen rand opgemaak uit gereedskap en produkte, asook kontant, om die werk gedoen te kry. Meeste van die arbeid sal egter deur die spanne self verrig word.

Die ses spanne het dit uitgespook in ’n kompetisie om gereedskap te gaan haal en teen ’n bord vas te sit. Daarna kon die spanne – in die wenvolgorde – kies watter eenheid hulle wil hê.

Klein Paradys
Die reeks word deur Robbie Kruse aangebied. Foto: Skermgreep

Elkeen van die eenhede is basies nog net ’n dop, maar die ontwerp van die dop en waar dit op die perseel is, is beslis belangrik.

Die spanne, hulle wenposisie en die eenhede wat hulle gekies het, is as volg: 

Juan-Louis en Elri

Eenheid 5

Rede vir hulle keuse: Vir die estetika en privaatheid

Naam: Intak

Betekenis agter die naam: Ongerep

Mika en Jannie

Eenheid 3

Rede vir hulle keuse: Eenvoud, soos hul persoonlike styl

Naam: 22

Betekenis agter die naam: Hul gunstelinggetal

Lee-Ann en Johan

Eenheid 4

Rede vir hulle keuse: Baie vensters wat lig inlaat

Naam: Asem

Betekenis agter die naam: Wegbreek van die besige lewe

Maggie en Gerrie

Eenheid 2

Rede vir hulle keuse: Die uitsig

Naam: Palimpses

Betekenis agter die naam: Om iets nuuts uit iets ouds te maak

Klaas en Yvett

Eenheid 1

Rede vir hulle keuse: Die lelike eendjie wat ’n swaan kan word

Naam: Aardvark

Betekenis agter die naam: Om die natuur van buite na binne te bring

Alicia en Claudia

Eenheid 6

Rede vir hulle keuse: Kon nie anders nie, maar 6 is soortgelyk aan eenheid 3, wat hulle eerste keuse was

Naam: Kaapse Nooi

Betekenis agter die naam: ’n Woordspeling op ’n Kaapse uitnodiging

Eerste opdrag

Elke span moes teen die volgende oggend ’n vloerplan hê wat die volgende areas insluit: ’n leefarea, ’n badkamer, ’n kombuis, ’n slaapkamer, asook ’n buite-area van 30 m².

Dis nog aan die begin van die kompetisie, en Jannie en Mika het gaan help toe Alicia en Claudia gesukkel het om hul tent op te slaan, maar gaan die spanne altyd so behulpsaam wees?

Wat is volgende? 

Die eerste episode het sonder enige groot drama verloop. Almal is nog vol ywer, vriendelik en sit die beste voetjie voor. Soos dit egter met realiteitsreekse is, weet ons dat dit nie altyd só gaan wees nie. Wanneer gaan die skroewe begin loskom? 


Klein Paradys is op Donderdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies