Menu terloops
In Gons [1 Feb 2024]

‘Klein paradys’: Skryf in vir nuwe realiteitsreeks met R1 miljoen op die spel


kykNET is op soek na pare van twee wat ’n leë dop in ’n vyfster-eenheid vir kuiergaste kan omtower… ondanks al die kinkels en kaskenades wat dié nuwe realiteitsreeks, ‘Klein paradys’, gaan bied.

‘Klein paradys’: Skryf in vir nuwe realiteitsreeks met R1 miljoen op die spel
Kyk lokprent

Daar’s nog ’n nuwe, oorspronklike realiteitsreeks op pad na kykNET – en kykers het nou die geleentheid om vir Klein paradys in te skryf. 

Klein paradys sal na verwagting later vanjaar uitgesaai word met die premis wat draai om ses spanne wat elk ’n mikro-woonstel opknap en stileer in ’n poging om R1 miljoen te wen.

Elke span bestaan uit twee lede met ’n bestaande verhouding – dus moet hulle mekaar reeds ken en vertrou. Dit sluit byvoorbeeld broers en susters, ’n ouer en ’n kind, vriende, kollegas, ’n liefdespaar, twee eks-verliefdes of kamermaats in – enige duo wat reeds goed met mekaar se ins and outs bekend is. 

Die mikro-wonings wat vir die reeks omskep moet word, moet uiteindelik vyfster-status aan voornemende gaste bied. In Klein paradys gaan die spanne dus moet uithaal en wys om die mees indrukwekkende, mooiste en mees praktiese mikro-woning in te rig. Soos die gesegde lui: klein maar getrein.

So, as jy prakties en stylvol is en ’n klein ruimte kan omskep in ’n pragtige huis met elke moontlike gerief, gooi jou naam in die hoed en skryf in. 

Die reeks sal in die Wes-Kaap verfilm word. Inskrywings open 1 Februarie 2024 en sluit op 29 Februarie 2024. Om jou span in te skryf, klik hier.Klein Paradys word deur Afrokaans vervaardig. Die reeks sal op kykNET (DStv-kanaal 144) in laat-2024 uitgesaai word. Dit sal ook op DStv Stream en DStv Catch Up beskikbaar wees.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Vonke spat tydens semifinaal… en kelder toe dié twee braaiers

’n Fynproewersdis, ’n lang resep en kreatiewe verskille het daartoe gelei dat twee van kykers se gunsteling-deelnemers op 'Kokkedoor Vuur & Vlam' hul voorskote moes ophang.

Meer

‘Adolescence’ is noodsaaklike kykstof om samelewing aan skouers te skud

Die Britse reeks 'Adolescence', oor ’n dertienjarige seun wat ’n klasmaat doodsteek, behoort verpligte kykstof vir ouers en kinders en by skole te wees. Dit is ’n wekroep vir ’n samelewing wat besig is om kinders in die steek te laat.

Meer

The Handmaid’s Tale S1-6

Op Showmax

Blessed be! Seisoen vyf tel op nadat June wraak teen haar ontvoerder, teisteraar en verkragter, bevelvoerder Fred Waterford, geneem en hom met haar kaal hande uitmekaar geskeur het.
Meer

The Last of Us S1-2

Op Showmax

Die tweede seisoen van ‘The Last of Us’ begin vyf jaar ná Joel (Pedro Pascal) se onlosmaaklike leuen aan Ellie (Bella Ramsey).
Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies