Menu terloops
In Gons [31 Jan 2025]

‘Klein Paradys’: Koel miljoen vir wenners Johann en Lee-Ann


’n Skamele .1 punteverskil het daarvoor gesorg dat Johann en Lee-Ann as wenners van ‘Klein Paradys’ se eerste seisoen uit die stryd getree het.

‘Klein Paradys’: Koel miljoen vir wenners Johann en Lee-Ann

Hul eenheid se naam is heel gepas Asem, want ná ’n spanningsvolle finale beoordeling kon Lee-Ann en Johann uiteindelik weer asemhaal toe hulle as wenners van die eerste seisoen van Klein paradys aangewys is.

Klein Paradys ASEM
Lee-Ann en Johann is as wenners van die eerste seisoen van Klein Paradys op kykNET aangewys. Foto: Verskaf

Daar was net .1 tussen hul puntetelling en die span wat tweede gekom het. Dié oorwinning het vir Lee-Ann en Johann ’n koel R1 miljoen, geborg deur Capitec, in die sak gebring. Die span in die tweede plek, Juan-Louis en Elri, was ook heel gelukkig met die geskenkbewyse wat hulle deur die loop van die kompetisie gewen het.

Lee-Ann en Johann het reeds met die intrapslag gewys hulle is ’n span om mee rekening te hou. Lee-Ann is met Johann se broer getroud en ’n binnehuisontwerpstudent van Pretoria. Johann is ’n strukturele ingenieur van Durbanville.

“Die proses was superbevredigend, en ek dink almal van ons het baie gegroei en baie geleer hierdie maand, en ek is trots op ons,” het Lee-Ann ná die aankondiging gesê.

Dís hoe die wen-eenheid lyk

Hoe is die wenspan bepaal?

Die ses duo’s het minder as ’n maand gehad om hulle eenhede klaar te maak. Die finale puntetelling het bestaan uit punte van ’n groep kenners, punte van die duo’s wat mekaar se eenhede beoordeel het en dan natuurlik die punte wat die drie hoofbeoordelaars – Wicus Pretorius, Magdalene Bobotoni en Jessica Pieters – toegeken het.

Die kenners, wat ontwerpers van mikro-eenhede, ’n argitek en die bemarkingshoof van Capitec ingesluit het, het Yvette en Klaas se Aardvark derde geplaas, Juan-Louis en Elri se Intak in die tweede plek en Lee-Ann en Johann se Asem in die eerste plek.

Ná die duo’s se stemming, was daar vier spanne op die podium: Asem en Intak gesamentlik tweede en Jannie en Mika se 22 en Gerrie en Maggie se Palimpses gesamentlik eerste.

Maar aan die einde was dit die hoofbeoordelaars wat die finale besluit geneem het. Die uitslag was as volg:

SESDE PLEK

Kaapse nooi met 3.1 sterre.

Die beoordelaars het die sussies van Bloem, Alicia en Claudia, gekomplimenteer vir hulle gebruik van kleur en vir die persoonlike stempel wat hulle op die eenheid afgedruk het.

VYFDE PLEK

22 met 3.6 sterre

Wicus het Jannie en Mika die “meesters van elegansie” genoem, en hulle is geloof vir hulle ruim badkamer.

VIERDE PLEK

Aardvark met 3.9 sterre

Die badkamer en kaggel was vir die beoordelaars die hoogtepunte, en Wicus het gesê dit is die eenheid wat hy vir ’n winterwegbreek sal bespreek.

DERDE PLEK

Palimpses met 4 sterre

Gerrie en Maggie se eiesoortige styl het die beoordelaars se oog gevang, en hulle is gekomplimenteer oor hoe innoverend hulle gedink het.

TWEEDE PLEK

Intak met 4.5 sterre

Die pelle van Potch, Juan-Louis en Elri, het hulle spasie optimaal gebruik en het hulle styl deurgetrek – van die binnekant van die eenheid tot die buite-area. Hulle prieel het veral baie gunstige kommentaar gekry.

WENNERS

Asem met 4.6 sterre

Lee-Ann en Johann se oog vir fyn detail en slim ontwerp sal enige gas laat welkom voel, het die beoordelaars gesê.


Besprekings vir akkommodasie in Klein paradys, wat buite Grabouw in die Wes-Kaap geleë is, is nou oop. Gaan na https://oldmacdaddy.co.za/accommodation/klein-paradys/ om te bespreek.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies