Menu terloops
In Gons [12 Apr 2024]

‘Juffrou X’: Eerste blik op kykNET se gritty nuwe dramareeks


Met Trix Vivier in die hoofrol, werp die grinterige nuwe kykNET-dramareeks, ‘Juffrou X’ lig op die snykant van skole en die onderwysers en gemeenskap wat ’n verskil probeer maak – selfs al is die prys soms vlees en bloed.

‘Juffrou X’: Eerste blik op kykNET se <em>gritty </em>nuwe dramareeks
Kyk lokprent

By Victory Heights Sekondêre Skool is die eindeksamen net één van die uitdagings wat kinders in die gesig staar. Wanneer ’n nuwe, dodelike dwelm die plattelandse dorp tref, word dit ’n saak van lewe en dood. Juffrou X, die wiskunde-onderwyseres, bevind haarself in die middel van ’n oorlog, met die skool as prys. Al dieper begeef sy haarself in die wêreld en rol van ’n vigilante, totdat sy sélf moet veg vir haar lewe. Wie kan vertrou word? En wie gaan uiteindelik oorwin? 

Dís die premis van kykNET se gritty nuwe dramareeks, Juffrou X, wat vanaf Dinsdag, 30 April 2024 op dié kanaal uitgesaai word.

Trix Vivier vertolk die naamrol.

Die reeks se draaiboek en regie is deur die Hertzogpryswenner Tertius Kapp en wys ’n outentieke kant van die onderwys wat in min Suid-Afrikaanse stories gesien word. Dít sluit die realiteite van armoede, bendes, misdaad en dwelms in, asook hoe dit skoolkinders se toekoms in gedrang kan bring.

Buiten Trix as Juffrou X, óftewel Inge Bester, sluit die rolverdeling bekende gesigte, onder andere Bianca Flanders, De Klerk Oelofse, Clayton Evertson, Brendan Daniels, Wilhelm van der Walt en André Jacobs, in.


Juffrou X word vanaf Dinsdag, 30 April 2024, om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en DStv Stream uitgesaai. Dit sal ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar wees.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies