Menu terloops
In Gons [12 Apr 2024]

‘Juffrou X’: Eerste blik op kykNET se gritty nuwe dramareeks


Met Trix Vivier in die hoofrol, werp die grinterige nuwe kykNET-dramareeks, ‘Juffrou X’ lig op die snykant van skole en die onderwysers en gemeenskap wat ’n verskil probeer maak – selfs al is die prys soms vlees en bloed.

‘Juffrou X’: Eerste blik op kykNET se <em>gritty </em>nuwe dramareeks
Kyk lokprent

By Victory Heights Sekondêre Skool is die eindeksamen net één van die uitdagings wat kinders in die gesig staar. Wanneer ’n nuwe, dodelike dwelm die plattelandse dorp tref, word dit ’n saak van lewe en dood. Juffrou X, die wiskunde-onderwyseres, bevind haarself in die middel van ’n oorlog, met die skool as prys. Al dieper begeef sy haarself in die wêreld en rol van ’n vigilante, totdat sy sélf moet veg vir haar lewe. Wie kan vertrou word? En wie gaan uiteindelik oorwin? 

Dís die premis van kykNET se gritty nuwe dramareeks, Juffrou X, wat vanaf Dinsdag, 30 April 2024 op dié kanaal uitgesaai word.

Trix Vivier vertolk die naamrol.

Die reeks se draaiboek en regie is deur die Hertzogpryswenner Tertius Kapp en wys ’n outentieke kant van die onderwys wat in min Suid-Afrikaanse stories gesien word. Dít sluit die realiteite van armoede, bendes, misdaad en dwelms in, asook hoe dit skoolkinders se toekoms in gedrang kan bring.

Buiten Trix as Juffrou X, óftewel Inge Bester, sluit die rolverdeling bekende gesigte, onder andere Bianca Flanders, De Klerk Oelofse, Clayton Evertson, Brendan Daniels, Wilhelm van der Walt en André Jacobs, in.


Juffrou X word vanaf Dinsdag, 30 April 2024, om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en DStv Stream uitgesaai. Dit sal ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar wees.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies