Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Suidooster kan verwag.
Maandag 3 November
Wade het ’n nuwe plan vir sy kroeg, maar Zoë keur dit nie goed nie. Maryam skok Mymoena met ’n storie uit hulle verlede. Riaan val van sy fiets af, en almal wonder of dit sy entoesiasme gaan demp.
Dinsdag 4 November
Nazeem probeer vir Wade help, maar loop hom vas. Riaan vererg hom vir sy fietsryspan, terwyl Mymoena en haar suster ’n lelike uitval het.

Woensdag 5 November
Nazeem plaas druk op Wade. Riaan wil Gary en Lilly van die fietsryspan afskop, terwyl Mymoena haar suster met ongemaklike waarhede konfronteer.
Donderdag 6 November
Zoë is op die oorlogspad wanneer sy uitvind wat Wade die vorige aand aangevang het. Maryam is vasberade om nie meer ’n slagoffer te wees nie. Riaan en sy span fietsryers se avontuurlustige oefensessie loop lelik skeef.
Vrydag 7 November
Wade dring aan om vir Selwyn te ontmoet terwyl dit lyk of Maryam wel ’n nuwe blaadjie omgeslaan het. Ongelukkig kom almal nie ongedeerd van die ongeluk af nie…
Maandag 10 November
Mymoena is in haar noppies wanneer sy sien hoe Maryam floreer by die reisagentskap, terwyl Wade begin sien wat die gevolge is as jy besigheid doen met Selwyn. Riaan is desperaat op soek na antwoorde en Gary bereik breekpunt.
Dinsdag 11 November
Wade probeer weer om vir Zoë te verduidelik, terwyl Mymoena ’n nuwe manier kry om na haar suster uit te reik. Riaan word oorweldig deur skuldgevoelens…
Woensdag 12 November
Gary blameer steeds vir Riaan oor Lilly, terwyl Maryam vies is vir Rhafiek wat sy deposito by die reisagentskap betaal het, en nie by haar nie. Wade ruk heeltemal handuit en Nazeem moet ingryp.
Donderdag 13 November
Riaan stoei met sy skuldgevoel nadat Gary uit die huis getrek het. Angie ontmoet ’n bekende persoon, maar kan nie nader aan hom kom nie. Wade probeer ’n ander rigting inslaan met sy lewe, of is dit te laat?
Vrydag 14 November
Early B tree op in Brassery. Rhafiek en Maryam stamp koppe wanneer sy haar hand oorspeel. Intussen spook Lilly by Riaan, en Nazeem wonder of Selwyn gaan wraak neem.

Maandag 17 November
Bridgette en die gesin wag angstig vir nuus oor Zoë. Mymoena en Maryam het weer ’n groot uitval, terwyl Riaan breekpunt bereik.
Dinsdag 18 November
Riaan worstel steeds met sy skuldgevoelens en voel sy vriende draai teen hom in sy tyd van nood. Maryam hoor Rhafiek is gevra om vir haar ’n woonstel te soek, terwyl Zoë ’n besluit neem wat ’n groot impak op haar en Wade se verhouding gaan hê.
Woensdag 19 November
Wade is verpletter as Zoë haar eis aan hom stel. Frankie en Justin sit vas oor Riaan en Gary. Maryam en Mymoena is uiteindelik weer op goeie voet met mekaar.
Donderdag 20 November
Riaan probeer regmaak met Frankie, terwyl Mymoena ’n openhartige gesprek met haar suster het. Bridgette begin planne maak wat die finale spyker in Wade se doodskis gaan wees.
Vrydag 21 November
Die opgewonde Samsodiens vertrek op hulle pelgrimstog, terwyl Frankie iets vir Justin wegsteek. Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry…
Maandag 24 November
Gary wil by Justin weet hoekom Frankie hom vermy. Nazeem is weer besig met sy ou streke, terwyl Riaan oorweldig word deur emosie en Frankie hom troos.
Dinsdag 25 November
Mymoena neem ’n moeilike besluit oor haar suster. Gary veroorsaak groot probleme tussen Justin en Frankie. Nazeem is weer betrokke by misdaad, maar gaan hy JPD se hulpbronne misbruik?
Woensdag 26 November
Die mense skinder oor Riaan, terwyl Aiden die joos in is vir ’n poetsbakker. Nazeem staan voor ‘n kruispad en moet sy opsies baie mooi oorweeg…
Donderdag 27 November
Bridgette maak vir Nazeem ’n aanbod wat Zoë ontstig. Aiden betrap die poetsbakker wat oral koekeloer ogies plak op heterdaad, terwyl Riaan en Gary se vete breekpunt bereik.
Vrydag 28 November
Frankie word gekonfronteer met onverwagse gevoelens vir iemand anders, terwyl Nazeem opgewonde is oor sy nuwe projek by die Royal. Aiden is in sy skik wanneer die poetsbakker saam met haar ma by die apteek opdaag.
Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax.










