Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Suidooster kan verwag.
Maandag 1 Desember
Dis ’n groot dag vir Nazeem en die Royal. Riaan red Frankie uit ’n penarie, terwyl Kate sien daar is vonke tussen Aiden en Liné.
Dinsdag 2 Desember
Riaan en Frankie voel skuldig oor wat amper tussen hulle gebeur het. Bianca is gefrustreerd met haar rol as die pastoor se vrou en Wade bevind hom weer by ’n kruispad.
Woensdag 3 Desember
Aiden kom onverwags tot Liné se redding, terwyl Wade vir Nazeem opsweep om groter te droom. Frankie en Riaan probeer hard om net vriende te wees…
Donderdag 4 Desember
Kate is ontsteld oor die app vir die kerk, terwyl Lee-Ann aanbied om die Royal na nuwe hoogtes te neem. Jenna oorspeel haar hand en word vasgevat.
Vrydag 5 Desember
Lee-Ann wil aan die gang kom met die Royal se boekhouding, maar is Nazeem gereed daarvoor? Kaashifa moet iets doen om die druk by Oos Wes minder te maak, terwyl ’n skokkende onthulling Aiden onkant betrap…

Maandag 8 Desember
Aiden is hartseer oor Liné se besluit, terwyl Kate ’n blaps maak op die kerk se nuwe app. Lee-Ann en Nazeem sit vas oor die geraamtes in sy kas.
Dinsdag 9 Desember
Nazeem bieg oor sy kriminele aktiwiteite en Lee-Ann moet besluit of sy hom ’n tweede kans gaan gee of nie. Zoë flankeer met Tristan en Aiden kom tot Liné se redding, terwyl Jenna hoop dat die twee sal erken hoe hulle oor mekaar voel.
Woensdag 10 Desember
Angie slaan haar naam weer met ’n plank, terwyl Lee-Ann wil uitvind wie die boewebaas is wat agter die dwelmhandel onder kinders sit. Jenna kry haar ma voor stok – en dan vir Aiden ook. Maar sal sy enigiets daarmee bereik?
Donderdag 11 Desember
Siya en Bianca stry terwyl hulle voorberei vir die begrafnis. Liné en Aiden deel hulle nuus met Jenna, en TK val weer in by die Royal.
Vrydag 12 Desember
Angie ontken haar gevoelens vir Tristan, terwyl Bianca en Siya ’n finale besluit oor die app neem. Wade ontdek iets in die Royal wat alles kan verander.
Maandag 15 Desember
Lee-Ann is nie meer so seker van Nazeem se onskuld nie, terwyl Aiden vir Liné help om te ontspan oor Jenna. Angie vat vir Tristan behoorlik vas.
Dinsdag 16 Desember
Siya oorreed Bianca om die biduur vir vroue te lei, terwyl Tristan toeklap wanneer Angie hom oor sy verlede uitvra. Lee-Ann en Wade maak ’n deurbraak…
Woensdag 17 Desember
Wade en Lee-Ann neem ’n desperate besluit oor Nazeem. Aiden nooi Liné na ’n werksfunksie, maar dit lei tot ’n misverstand. Intussen kry Bianca en Siya te kampe met ’n krisis.
Donderdag 18 Desember
Daar’s onmin in die gemeente na die bedrogspul met die kerk se app. Angie voel sleg oor haar gedrag en die poppe dans behoorlik by Bridgette se Kerspartytjie.
Vrydag 19 Desember
Bianca is ontstig omdat die kerk as gevolg van haar op die rand van finansiële ondergang staan, en Tristan vra vir Angie om bande met Reggie te breek. Intussen betrap Rhafiek vir Nazeem terwyl hy probeer vlug.
Maandag 22 Desember
Kersfees is oor drie dae en almal beraam planne oor hoe om die dag deur te bring. Jenna neem ’n besluit wat op haar kan boemerang. Nazeem is desperaat vir Bridgette se bystand in sy tyd van nood.
Dinsdag 23 Desember
Jenna gaan op ’n tweede date. Almal spekuleer oor Nazeem se borgverhoor en Frankie se geheime plan val plat.
Woensdag 24 Desember
Aiden maak spesiale planne vir Kersfees, maar Liné skop daarteen. Gary is teleurgesteld in Angie, terwyl Lee-Ann vir Bridgette ’n ultimatum gee.
Donderdag 25 Desember
Nazeem reik uit na sy familie, terwyl Bridgette moet kies tussen hom en Lee-Ann. Frankie kry weer hoop vir haar ouers, en Bianca doen iets agter Siya se rug…
Vrydag 26 Desember
Amanda sit vir Frankie op haar plek. Lee-Ann kry ’n oproep van die aanklaer se kantoor, terwyl Aiden gereed maak om die groot vraag te vra.
Maandag 29 Desember
Lee-Ann neem ’n drastiese stap om Nazeem te laat betaal vir sy sondes. Daar is slegte nuus oor Jenna se gesondheid, maar die gemeenskap maak ’n plan. Frankie is verward oor haar ouers se gedrag.
Dinsdag 30 Desember
Bridgette het haar hande vol om Lee-Ann te kalmeer, terwyl Liné dapper moet wees vir Jenna. Intussen worstel Mike en Amanda met onopgeloste gevoelens.
Woensdag 31 Desember
In ’n onbewaakte oomblik nooi Amanda vir Mike na die Nuwejaarspartytjie. Jenna ontdek per ongeluk iets wat haar gelukkig maak en Nazeem maak voor die Samsodiens asof hy die slagoffer is.
Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax.










