Elke maand bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se Turkse telenovela, Dikker as water, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien.
Hier is ’n voorsmakie van wat in Februarie op Dikker as water-kykers wag.
Maandag 2 Februarie 2026
Alev spook om die gevolglike vure te blus ná Abdullah se liefdesverklaring aan haar. Nursema beraam ’n plan om vir Ibrahim en sy familie terug te kry.
Dinsdag 3 Februarie 2026
Umut en Buket besoek Alev onverwags en Nursema kruip in die kamer weg. Kıvılcım is bekommerd oor die verskille tussen haar en Ömer, maar hy stel haar gerus.
Woensdag 4 Februarie 2026
Nilay vind uit dat Nursema en Ibrahim die hele tyd tuis gebly het, maar Pembe wil haar nie glo nie. Nadat Fatih die hotel verkoop, moet Kayhan daar uittrek en Kıvılcım weier om hom te help.
Donderdag 5 Februarie 2026
In ʼn dramatiese oomblik vertel Nursema vir haar, asook Ibrahim se gesin die waarheid oor wat Ibrahim haar aangedoen het. Sy onteien haar ouers en verlaat die huis.
Maandag 9 Februarie 2026
Kayhan gaan besoek Leman in die kliniek en verklaar sy liefde aan haar en vra haar om te trou. Pembe gaan na Saniye se huis en vervloek haar en Ibrahim.
Dinsdag 10 Februarie 2026
Abdullah beveel Ekrem om op Umut te spioeneer, want hy dink hy weet waar Nursema is. Ömer besluit om ʼn verrassing vir Ibrahim te reël wat hy nooit sal vergeet nie.
Woensdag 11 Februarie 2026
Metehan vind iets vreemd in sy skooltas, Kayhan kry ʼn skok, Umut vind die waarheid uit, en Nursema konfronteer haar pa.
Donderdag 12 Februarie 2026
Nursema is kwaad vir haar ouers, en kan hulle nie vergewe nie. Fatih bederf Doğa met ʼn nuwe kar.
Maandag 16 Februarie 2026
Kıvılcım moet uitvind hoe ʼn rekenaarstokkie met pornografiese inhoud in Metehan se besit beland het. Sonmez en Mustafa maak ʼn restaurant oop en lede van albei families is daar.
Dinsdag 17 Februarie 2026
Pembe word deur Merve beïndruk met hul eerste ontmoeting, maar Nursema is skepties. Ihsan vertel vir Pembe van twee geskenke in die kar.
Woensdag 18 Februarie 2026
Ömer is steeds in aanhouding en gaan die nag agter tralies moet deurbring. Metehan blameer Kıvılcım en sy voel baie skuldig.
Donderdag 19 Februarie 2026
Nursema is uiteindelik weer tuis ná haar gereëlde huwelik misluk het, en is verheug om ʼn brief van Umut te ontvang. Ömer moet die nag in ʼn tronksel deurbring.
Maandag 23 Februarie 2026
Sonmez glo nie Alev stories oor waar die horlosie vandaan kom nie. Alev vra Abdullah se hulp om die oorsprong van die horlosie geheim te probeer hou.
Dinsdag 24 Februarie 2026
Merve se raad aan Nilay stuur op ʼn ramp af, Kayhan dreig en tart vir Ömer, en Asli het verskuilde motiewe.
Woensdag 25 Februarie 2026
Alev reël ʼn ooievaarstee vir Doğa. Moeilikheid is aan die broei tussen beide Ömer en Kıvılcım, sowel as Fatih en Doğa.
Donderdag 26 Februarie 2026
Alev gaan kuier by Doğa en Nursema en bly vir aandete en Pembe is duidelik ongelukkig. Abdullah sê vir Nursema dat haar egskeiding gefinaliseer is.
Dikker as water saai weekliks van Maandae tot Donderdae uit om 20:00 op kykNET&kie en DStv Stream (DStv-kanaal 145).










