Menu terloops
In Kykgidse [27 Jan 2026]

Jou ‘Diepe Waters’-kykgids vir Februarie 2026


Leandri moet ’n haas ontmoontlike besluit neem, en Siseko kry skokkende nuus. Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Kyk 'Diepe Waters' op DStv Stream

Jou ‘Diepe Waters’-kykgids vir Februarie 2026

Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Diepe Waters kan verwag.

Maandag 2 Februarie 2026

Dinge tussen Hannelie en Sam is gespanne. Gys het ’n voorstel wat Zelda laat lag. Rossouw bring nuus vir Karla en Arno.

Dinsdag 3 Februarie 2026

Pam is opgewonde oor Zelda se veldtog-idees. Die vete tussen Marco en Sam bereik breekpunt. Karla se sorg raak Gys diep.

Woensdag 4  Februarie 2026

Jacques en Rossouw wonder wat Gys oor Marco gaan doen. Thandi gee vir Sam raad oor Hanneli. Arno en Karla se romantiese aand word – weer – onderbreek…

Donderdag 5 Februarie 2026

Gys lig Marco in oor sy besluit of Marco by die Swartmarlyne kan bly. Gys geniet hom by Zelda en Pam se geleentheid, maar dieselfde geld nie vir Frans nie. Leandri rig ’n belangrike versoek aan Marco.

Maandag 9 Februarie 2026

Theresa het ’n noodgeval met die potgooi. Pam en Zelda het ’n briljante idee om die veldtog ’n hupstoot te gee. Gys probeer skadebeheer doen.

Dinsdag 10 Februarie 2026

Pam is baie opgewonde oor die potgooi. Siseko is egter nie. Jacques sukkel om vrede met Gys te maak. Leandri maak ’n groot aankondiging.

Woensdag 11 Februarie 2026

Siseko kry skokkende nuus. Gys trap op Frans se tone. Die Viljoen Vyf maak ’n groot aankondiging.

Donderdag 12 Februarie 2026

Schalk se reaksie op die Viljoen Vyf-video vang Leandri onkant. Pam vind uit Vee is baie belangriker as wat sy dink. Gys is baie selfvoldaan oor sy plakkaat.

Diepe Waters, Zelda, Sandi Schultz
Zelda (Sandi Schultz) se nuwe veldtog het uiteenlopende gevolge. Foto’s: Skermgrepe

Maandag 16 Februarie 2026

Die Viljoen-kinders wonder of Schalk opreg is. Gys en Pam sit vas. Frans is op sy laaste nerwe met Gys.

Dinsdag 17 Februarie 2026

Gys vind dit moeilik om te aanvaar dat Frans se video aandag trek. Frans verdwyn uit Boskruin. Siseko kry ’n onaangename verassing met sy terugkeer.

Woensdag 18 Februarie 2026

Hanneli sukkel om te glo dat Schalk wil verander. Die wenner van die velsorgveldtog word aangekondig. Siseko konfronteer Vuyelwa oor haar plan met Pam.

Donderdag 19 Februarie 2026

Pam en Siseko bereik breekpunt oor Vuyelwa. Schalk hang soos ’n wolk oor Boskruin. ’n Nuwe atleet sluit by die Swartmarlyne aan.

Maandag 23 Februarie 2026

Rene maak ’n aanbod aan Liam. Vuyelwa vra vir Pam oor Siseko uit. Schalk se woede bereik nuwe hoogtes.

Dinsdag 24 Februarie 2026 

Leandri staan voor ’n moeilike besluit met Schalk. Rene leer meer van Liam se geskiedenis. Pam maak haar voorlegging aan Vuyelwa.

Woensdag 25 Februarie 2026

Die Viljoens glo die slegte tye is verby. Vuyelwa is besig om te twyfel oor haar plan.

Donderdag 26 Februarie 2026

Pam maak goeie vordering met die Mhlaba-funksie. Liam is gegooi as die media om hom saamdrom. Leandri se funksie in die park neem ’n onverwagte wending.


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies