Menu terloops
In Kykgidse [26 Jan 2026]

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir Februarie 2026


Arme Angie gaan (steeds) deur diepe waters terwyl nuwe liefde vir Zoë wink… Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in Februarie kan uitsien.

Deur Redaksie

Kyk 'Suidooster' op DStv Stream

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir Februarie 2026

Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Suidooster kan verwag.

Maandag 2 Februarie 2026

Nazeem werf al hoe meer stemme met sy veldtog, terwyl Oliver dink Susan moet vir Elana sê van die werksaanbod wat sy gekry het. Intussen sukkel Angie om tot verhaal te kom.

Dinsdag 3 Februarie 2026

Nazeem speel vuil, terwyl Susan haar keuses heroorweeg. Angie probeer haar lewe weer bymekaar kry, maar Tristan ontspoor heeltemal.

Woensdag 4  Februarie 2026

Angie worstel met haar selfbeeld. Susan en Elana stamp koppe, terwyl Siya woedend is dat Nazeem ’n tragiese ongeluk gebruik om sy politieke agenda te bevorder.

Donderdag 5 Februarie 2026

Gary help Angie om weer soos haarself te voel en Elana moet ’n moeilike besluit neem. Zoë vermoed Nazeem speel vuil, maar kan sy dit bewys?

Vrydag 6 Februarie 2026

Kate kry hartseer nuus, terwyl Elana skuldig voel dat sy nie vir Susan ondersteun het nie. Wade se vriendskap met Oliver kry ’n terugslag en Siya is geskok as hy beskuldig word van iets wat sy veldtog en reputasie kan sink.

Maandag 9 Februarie 2026

Bianca en Bridgette konkel agter Siya se rug, terwyl Oliver vir Wade probeer oorwen. Kate verras almal wanneer sy iets baie impulsief doen…

Dinsdag 10 Februarie 2026

Zoë loop haar lelik vas met ’n belangrike transaksie. Riaan en Kate kom op iets onverwags af in die tuin, terwyl Frankie dink sy weet wie agter die debakel by die debat sit.

Woensdag 11 Februarie 2026

Dis kort voor die verkiesing en die spanning tussen Siya en Nazeem kook oor. Kate is opgewonde oor haar skattejag en sleep Riaan saam. Zoë het groot planne met Oliver se grond, maar gaan hy instem?

Donderdag 12 Februarie 2026

Kate se skattejag lei tot ’n nuwe leidraad, en Lee-Ann maak vuur onder Zoë. Siya dink hy het genoeg gedoen om die verkiesing te wen, of het Nazeem dalk ’n laaste troefkaart?

Vrydag 13 Februarie 2026

Oliver is aangetrokke tot Zoë, maar hoor sy en Wade was ’n item. Die skattejagters se deursettingsvermoë word tot die uiterste beproef, en intussen is dit stemdag in Ruiterbosch. Wie gaan seëvier: Siya of Nazeem?

Maandag 16 Februarie 2026

Wade sukkel om vrede te maak met die romantiese verwikkelinge tussen Zoë en Oliver. Bridgette sien rooi oor Nazeem.

Dinsdag 17 Februarie 2026

Zoë en Oliver is ewe onseker oor mekaar. Elana vertrek op ’n impromtu avontuur, terwyl Kate vir Justin vra om te help met haar soektog.

Woensdag 18 Februarie 2026

Wade moedig Oliver aan om getrou aan sy droom te bly en nie die grond te ontwikkel nie, terwyl Susan haar ervarings van die bos om Elana se ontwil afwater. Kate ontmoet ’n seerower…

Donderdag 19 Februarie 2026

Zoë se nuwe verhouding laat Wade swaar trek en Riaan is bekommerd oor Kate. Kaashifa vervies haar vir Rhafiek, terwyl Elana en Susan ’n groot besluit neem.

Vrydag 20 Februarie 2026

Wade en Angie verbreed hulle horisone, terwyl JPD weer Rhafiek en Kaashifa se planne in die wiele ry. Iemand vir wie Susan baie omgee daag onverwags by haar en Elana se woonstel op.

Maandag 23 Februarie 2026

Susan en Elana probeer Linda se gedrag uitpluis, terwyl Bridgette opgewonde is wanneer Zoë na Oliver se ouerhuis genooi word. Riaan trek vir Nazeem ’n streep, en Wade vra Angie uit vir ’n drankie.

Dinsdag 24 Februarie 2026 

Angie en Wade maak ’n gevolgtrekking, terwyl Kaashifa agter Rhafiek se rug met Bridgette gaan praat. Linda deel haar geheim met Bennie.

Woensdag 25 Februarie 2026

Rhafiek ontdek wat moontlik met hom fout is. Oliver maak ’n groot aankondiging, terwyl Wade besef hy het aangejaag. Intussen probeer Susan en Elana om Linda te ondersteun, maar sy maak dit onmoontlik.

Donderdag 26 Februarie 2026

Angie en Wade maak ’n groot onthulling, en Zoë moet die waarheid in die gesig staar. Elana en Susan ontdek die verpletterende waarheid agter Linda se geheimsinnigheid.

Vrydag 27 Februarie 2026

Susan doen alles wat sy kan om Linda te ondersteun, terwyl die nuus oor Zoë en Oliver versprei. Rhafiek besef hy moet dokter toe gaan.


Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
Sien alle opsies