Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Binnelanders kan verwag.
Maandag 2 Februarie 2026
Louis is bekommerd oor At en besluit om plaas toe te gaan. Ella is gespanne oor haar vergadering met Johan, en Henry tree vreemd op. Bonnie deel slegte nuus met haar woonstelmaats.
Dinsdag 3 Februarie 2026
Ella vra Henry om haar met ’n voorlegging te help, Joe skraap moed bymekaar om ’n vriendin uit te vra, en Ivanka daag by Naomi op.
Woensdag 4 Februarie 2026
Ella en Johan beweeg al nader aan mekaar, Bonnie speel nie oop kaarte met Annetjie nie, en Ivanka steek haar hartseer vir Naomi en Louis weg.
Donderdag 5 Februarie 2026
Henry sukkel om Ella se ontsteltenis te plaas, Ivanka vind uit hoe sleg dit met At gaan ná Laetitia se afsterwe. Bonnie bewys ’n guns aan Annetjie.
Vrydag 6 Februarie 2026
At kry ’n onverwagse besoeker. Ella deel iets persoonlik met Johan, en Joe is bekommerd wanneer ’n vriendin vreemd begin optree.
Maandag 9 Februarie 2026
Naomi besef sy en Louis gaan slegte nuus met Hannah moet deel. At is nie gelukkig met sy besoeker se teenwoordigheid nie, en Annetjie deel slegte nuus met Bonnie en haar woonstelmaats.
Dinsdag 10 Februarie 2026
Naomi maak ’n belofte aan Hannah. At verloor sy humeur met sy besoeker. Joe vat vir Petro vas. ’n Toekenning veroorsaak groot ongelukkigheid.
Woensdag 11 Februarie 2026
Naomi kry nie vir Ivanka in die hande nie en besluit om haar te gaan soek. Henry nooi Ella as metgesel na ’n toekenningsgeleentheid, en Bonnie is ontsteld oor Petro se Weskus-planne.
Donderdag 12 Februarie 2026
Thalia en Bonnie se plan om Petro te help, loop skeef. Louis en Naomi ontferm hulle oor At, Ella en Henry sit vas, en Petro en Joe se argument het ’n onverwagse einde.
Vrydag 13 Februarie 2026
At is nie beïndruk met al die besoekers op sy plaas nie. Henry vlieg Kaap toe, en Petro besluit om haar vriende se donasies terug te betaal.

Maandag 16 Februarie 2026
Ella voel onrustig oor die pad wat Johan saam met haar wil stap, Kiepersol se girls night surprise draai anders uit as wat beplan word. At neem Hannah op ’n uitstappie.
Dinsdag 17 Februarie 2026
Ella is bekommerd dat Johan meer vir haar voel as net vriendskap. Petro is bang om seer te kry, en Henry koop ’n geskenk wat nie goed ontvang word nie.
Woensdag 18 Februarie 2026
Johan probeer Ella oorreed om met hom uit te gaan. Die ‘Binneland Babes’ is opgewonde oor hul nuutste planne, maar dan daag Elton op. Hannah wil nie die plaas verlaat nie.
Donderdag 19 Februarie 2026
Terwyl een verhouding vlamvat, versleg ’n ander. At maak ’n belangrike aankondiging, en Rian bevestig Ella se vermoedens oor Johan.
Vrydag 20 Februarie 2026
Ella wil meer inligting oor Johan by Rian kry. Elton wil ’n ernstige gesprek met Bonnie hê, en At en sy “onverwagse besoeker” neem afskeid.
Maandag 23 Februarie 2026
Ivanka gaan dokter toe en kry amper dadelik die toetsuitslae. Johan en Ella sit lelik vas, en Johan is gefrustreerd met Uys wat Ella probeer beskerm. Zaan Sonnekus tree by Doepa op!
Dinsdag 24 Februarie 2026
Joe en Jess spook om Yvonne in die hande te kry, Ella doen haar bes om Johan te vermy, en Uys wonder wat regtig aan die gang is tussen die twee van hulle.
Woensdag 25 Februarie 2026
Nicolette wil nie meer evacs doen nie, maar Uys oorreed haar vir oulaas. Ella kry teenstrydige raad by Johan en Henry. ’n Agterdogtige man begin vrae oor Yvonne vra.
Donderdag 26 Februarie 2026
Nicolette en Uys ontvang ontstellende nuus. Ella speel (amper) oop kaarte met Henry, en Max wil nie betrokke raak by Yvonne se roekelose planne nie. Jess word dopgehou.
Vrydag 27 Februarie 2026
Joe soek desperaat na ’n dokter wat bereid sal wees om ’n kennisgewing van afsterwe te vervals, Henry wil Johan oor Ella konfronteer, en Nicolette en Uys moet saam isoleer.
Nuwe episodes van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Daar is ook elke aand ’n herhaling van die episode om 23:30, asook Dinsdag tot Vrydag om 08:30.
Episodes van die vorige seisoen van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 22:00 op kykNET&kie. (DStv-kanaal 145) uitgesaai, met herhalings van dié episode om 01:00 die volgende dag. Daar is ook ’n omnibus van die week se episodes op ’n Saterdag om 10:30.
Seisoene 8-14 van Binnelanders is op Showmax beskikbaar. Die huidige seisoen is nie beskikbaar op die plaaslike weergawe van dié diens nie.