Menu terloops
In Onderhoude [14 Apr 2025]

Carlo se wêreld: Hoe ‘Suidooster’ se Jadon Booysen en sy karakter saam-saam grootword


Terwyl Carlo se storielyne op ‘Suidooster’ met elke episode al meer reaksie ontlok, is die tienerakteur Jadon Booysen se reis van ’n lukrake oudisie tot dié van ’n toegewyde jong akteur vol hoop en inspirasie.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn

Kyk 'Suidooster' op DStv Stream

Carlo se wêreld: Hoe ‘Suidooster’ se Jadon Booysen en sy karakter saam-saam grootword

Suidooster se Carlo Daniels laat deesdae die tonge omtrent klap danksy akteur Jadon Booysen se uitstekende vertolking. So saam-saam beweeg Carlo en Jadon, wat in Happy Valley in Blackheath, Kaapstad grootgeword het, deur die wendings van tienerlewe in sowel die TV-wêreld as in die werklikheid.

Van Happy Valley tot TV-roem

Jadon, wat tans in matriek is, se reis as TV-ster het begin toe hy na sy ma se gepaai geluister het en vir die rol van Carlo, die verlore seun van Tyron Daniels op Suidooster, oudisie het. Sy ma, vertel hy, het gedink hy sal goed voor die kamera wees weens sy natuurlike flair. Jadon, toe 13, was egter nie oortuig nie. “Ek het nooit regtig aan ’n loopbaan in acting gedink nie,” vertel hy. “Dit was maar iets wat my ma wou hê ek moes probeer, maar nou leef ek ’n droom uit wat ek nooit verwag het nie”.

Jadon Booysen, Suidooster, Carlo
Jadon Booysen put inspirasie uit sy gemeenskap vir sy vertolking van Carlo. Foto: Verskaf

Sonder enige formele opleiding of ervaring het Jadon egter dié ongewone situasie in ’n suksesvolle loopbaan omskep. Die hegte gemeenskap waarin hy grootgeword het, het hom ’n voordeel gegee, meen hy.

Carlo se huidige avontuur in die gummie-smokkelstorie kry ’n diepe egtheid danksy die omgewing waarin hy grootgeword het. In Happy Valley, waar baie kinders uitdagings het en dikwels by die verkeerde dinge ingetrek word, word Jadon immers aan dié tipe realiteite blootgestel. 

Jadon sê dat alhoewel hy nooit betrokke geraak het by dié tipe “stouthede” soos sy karakter nie, bied alledaagse realiteite in sy gemeenskap vir hom inspirasie waaruit hy kan put om die storielyn oortuigend en geloofwoordig te kan vertolk.

Lewe as kuns

Jadon Booysen, Suidooster, Carlo
“Daar was al ’n paar situasies in die winkelsentrum, veral met die huidige storielyn, waar mense my uitgetrap het omdat hulle gedink het ek is regtig Carlo,” vertel die akteur Jadon Booysen. Foto: Verskaf

Een van die opvallendste – en soms ook die snaakste – aspekte van Jadon se lewe is die manier hoe aanhangers die verskil tussen akteur en karakter vergeet. Jadon is bekend vir sy vrolike, sosiale persoonlikheid van die stel af, maar vind dat hy in die publiek dikwels as Carlo eerder as homself gesien word.

“Daar was al ’n paar situasies in die winkelsentrum, veral met die huidige storielyn, waar mense my uitgetrap het omdat hulle gedink het ek is regtig Carlo,” vertel hy laggend. “Dit kan soms nogal scary wees, veral as ’n oom my so snaaks aankyk. Ek is nou al gewoond aan die aunties. Hulle leef hulself beslis in die sepie in.”

Terwyl Carlo se storielyn hom op dramatiese wendings neem – insluitend ’n moeilike verhouding met sy sepie-ma Lee-Ann (Portia Joel), het die gevolge van daardie storielyn ook in die werklikheid by aanhangers aanklank gevind.

Tog hanteer Jadon hierdie situasies met ’n goeie humorsin en ’n goeie hart, en sê dat dit alles “deel van die werk” is.

Die balans van ’n jong ster en tiener-wees

Om skool, ’n acting-loopbaan en die gewone lewe van ’n tiener te balanseer, is nie ’n grap nie. Selfs tydens sy matriekjaar, ’n mylpaal wat sy eie sarsie druk meebring, het Jadon daarin geslaag om sy lewe so normaal as moontlik te hou. Sy vriende en familie vorm die grondslag van sy wêreld, en help om te sorg dat daar selfs op die besige dae op stel steeds tyd vir pret en alledaagse tienerdinge is.

Volgens hom is hierdie ondersteuningsnetwerk die hoeksteen wat hom help om die hoogte- en laagtepunte van sy lewe te hanteer met een voet in die veeleisende wêreld van televisie en die ander in alledaagse skoolaktiwiteite.

Ten spyte van die uitdagings is Jadon opgewonde oor die toekoms. Met matriek amper agter hom, is hy gereed om hoër onderwys met ’n hernude fokus te aan te pak. Terwyl drama beslis deel van sy planne is, hou hy ook sy opsies oop deur ’n ander vak in sy voorgraadse studies te kies. “Jy moet vir enigiets gereed wees,” meen hy. 

Op stel leer hy ook daagliks van legendariese sterre soos Portia Joel, Denise Newman en Jill Levenberg. Hierdie geleenthede het hom nie net insigte gegee in die kuns van storievertel nie, maar ook die dissipline van saamwerk en die kreatiewe vryheid om soms sy eie draai aan ’n teks te gee.

Leerskool op stel

Die evolusie van Carlo – van ’n agtergrondkarakter tot een met ’n groter (en selfs ontnugterende) storielyn – loop hand aan hand met Jadon se eie groei as akteur. Met elke episode ontdek hy nuwe nuanses aan sy spel – hoe teks aangepas kan word, hoe hy sy eie subtiele take kan byvoeg, en hoe hy effektief met regisseurs en die span kan saamwerk. Die leiding en mentorskap wat hy van ervare akteurs ontvang het, het nie net sy natuurlike talente help groei nie, maar ook sy selfvertroue versterk. 

Jadon Booysen, Suidooster, Carlo
Daar wag wraggies nog drama vir Jadon se Carlo – ja, ’n egte stormagtige Suidooster-kinkel kom. Foto: Verskaf

Hy bedank almal by Suidooster vir hul sorg en hulp en sê daar is streng reëls in plek vir kinderakteurs. Dit sluit in hoe lank hulle op stel mag wees, maar hy het veral in die begin waardeer hoe hulle toegelaat het dat sy ma tydens die skiet van ’n toneel so naby as moontlik kon wees. “Dit het my vertroue gegee en het my altyd veilig laat voel. Almal op stel was nog altyd baie cool.”

Die pad vorentoe

Daar wag wraggies nog drama vir Jadon se Carlo – ja, ’n egte stormagtige Suidooster-kinkel kom – maar kykers sal moet wag en sien… Jadon kyk ook vorentoe en is opgewonde om nuwe mediums te verken – of dit nou op die teaterverhoog of die grootskerm is. 

Al het hy in die acting-wêreld beland danksy ’n bietjie paaiwerk van sy ma, omarm hy nou toneelspel met alles in hom. Hy is dankbaar en vasbeslote om die beste van sy geleenthede te maak, sê hy. 


Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies