Hierdie gruwelreekse en -flieks het ons behoorlik laat skrik of ril of gril of sommer als tegelyk. Daar’s nog baie meer wat ons kon ingesluit het, maar op die oomblik is dié op ons kyklys. Jy kan verder onder Showmax se gruwel-afdeling vir nog skrikmaak-stories soek.
The Outsider S1
Dié gruwelmisdaad-minireeks is op die gelyknamige topverkoper-roman deur Stephen King gegrond. Dit draai om die ondersoek ná die grusame moord op ’n jong seun. Kyk nou >>
Rage (2020)
Wat veronderstel was om die beste vakansie van hul lewe te wees, verander in ’n nagmerrie as ’n groep tieners een vir een vermoor word. Kyk nou >>
True Blood S1-7
Hierdie fantasie-gruwelreeks is een wat verpligte kykstof behoort te wees. Dit begin met Sookie Stackhouse (Oscar-bekroonde Anna Paquin), ’n kelner in Louisiana, wie se lewe handomkeer verander as sy op ’n 174-jarige vampier, Bill Compton (Stephen Moyer) verlief raak. Dit volg ná die ontwikkeling van ’n sintetiese plaasvervanger vir mensbloed, Tru Blood, wat daartoe gelei het dat vampiere hul bestaan aan die wêreld geopenbaar het. Kyk nou >>
Die Ontwaking (2016)
’n Reeksmoordenaar bekruip vroue en vermoor hulle vir hul tatoeëermerke. Maar net een polisieman, ’n nuweling, kom naby die waarheid in hierdie aangrypende riller. Kyk nou >>
Fried Barry (2020)
Barry is ’n dwelmverslaafde wat, ná nog ’n bender, deur aliens ontvoer word. Dan word sy liggaam deur een van die vreemde besoekers oorgeneem wat dit op ’n joyride neem vir ’n jol soos min. Kyk nou >>
Glasshouse (2022)
Glasshouse speel af nadat The Shred, ’n virus wat demensie veroorsaak, die mensdom laat rondswerf soos diere wat niks uit hul verlede kan onthou nie – nie eens wie hulle is nie. Midde dié krisis, skuil ’n gesin in ’n lugdigte glashuis, maar as ’n vreemdeling opdaag, word hul lewens omgedolwe. Lees Riëtte van der Wat se resensie hier. Kyk nou >>
Yellowjackets S1
Yellowjackets vertel die verhaal van ’n talentvolle hoërskool-meisiesokkerspan van New Jersey wat ’n vliegtuigongeluk diep in die Ontario-wildernis in Kanada wonderbaarlik oorleef. Kyk nou >>
Chucky S1
’n Ou Chucky-pop is te koop by ’n tafelverkoping by ’n huis in ’n idilliese Amerikaanse dorpie en kort voor lank is daar ’n rits skrikwekkende moorde. Dit lê die dorp se geheime bloot in hierdie splinternuwe Chucky-reeks, ’n opvolg op die sewende fliek in die reeks. Kyk nou >>
Hereditary (2018)
Nadat ’n gesin se matriarg oorlede is, begin vreemde dinge gebeur en verskriklike waarhede oor hul geheimsinnige ouma word ontbloot. Toni Collette vertolk een van die hoofrolle in hierdie intense kombinasie van gruwel en sielkundige riller. Kyk nou >>
Midsommar (2019)
’n Sorgelose somervakansie in ’n land van ewige sonlig neem ’n onheilspellende wending wanneer ’n paartjie by die dorpe se bisarre rituele ingetrek word. Ontstellende tonele maak hierdie een slegs vir volwassenes. Kyk nou >>
IT: Chapter 2 (2019)
In die opvolg van die klassieke gruwelfilm wat op Stephen King se roman gegrond is, is dit 27 jaar later en die sewe kinders het grootgeword en elk hul eie pad gegaan. Maar wanneer Pennywise die bose nar terugkeer, moet hulle weer kragte teen hom saamspan. Kyk ook >>
Doctor Sleep (2019)
Ewan McGregor en Rebecca Ferguson vertolk die hoofrolle in hierdie opvolg tot die 1980-fliek The Shining. ’n Nou-volwasse Dan Torrance moet ’n jong meisie met soortgelyke magte teen ’n kultus beskerm. Kyk nou >>
Countdown (2019)
’n Groep jongmense word geteister deur ’n lewe-of-dood-app in dié gruwelfilm. ’n Jong verpleegster probeer om die dood te kul nadat sy ’n app geïnstalleer het wat sê sy het drie dae oor om te lewe. Kyk nou >>
Daniel isn’t real (2019)
’n Skrikwekkende gruwel. Ná hy geweldige trauma ervaar, wek ’n student, Luke, sy denkbeeldige vriend uit sy kinderjare op om hom die swaarheid te help verwerk. Daniel, die denkbeeldige vriend, help Luke om sy drome te verwesenlik, maar dan begin daar ’n stryd tussen die twee vir Luke se siel. Kyk nou >>
Haunt (2019)
’n Groep vriende ontdek ’n spookhuis en besluit om dit te verken. Natuurlik is dit die domste besluit van hul lewens as die nag se donkerte deur dood vergesel word. Kyk nou >>
Her Mask (2020)
’n Jong Britse vrou kom in Suid-Afrika aan op soek na antwoorde nadat haar ma vermoor is. Kyk nou >>
Scary stories to tell in the dark (2019)
Op Halloween in 1968 ontmoet Stella en haar vriende ’n geheimsinnige swerwer en vind ’n notaboek wat blyk om vreesaanjaende gebeure in die toekoms te voorspel. Dié riller is uit die donker verbeelding van die Oscar-wenner, Guillermo del Toro. Kyk nou >>