Menu terloops
In Gons [16 Mei 2024]

Kyk nou: Eerste blik op Donnalee en Ivan se gesinsdrama, ‘Een keer om die son’


‘Een keer om die son’ is Ivan Botha en Donnalee Roberts, bekend vir trefferflieks soos ‘Pad na jou hart’, en ‘Stroomop’ se eerste TV-reeks.

Kyk nou: Eerste blik op Donnalee en Ivan se gesinsdrama, ‘Een keer om die son’
Kyk lokprent

Die nuwe kykNET-dramareeks, Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die loop van ’n kalenderjaar. Elk van die twaalf episodes beeld ’n maand in hulle lewe uit. Daar is ook terugflitse om te wys hoe hulle beland het waar hulle is. 

Een keer om die son is Ivan Botha en Donnalee Roberts, bekend vir trefferflieks soos Pad na jou hart, Stroomop en Blindelings, se eerste TV-reeks. Dit is onder die vaandel van 17 Films vervaardig met Ivan as regisseur. Ivan en Donnalee is medeskrywers van die reeks saam met Liani Jansen van Rensburg, Retief Scholtz en Tina Kruger. Donnalee is ook as Amé Cloete in die reeks te sien.

kykNET het pas die eerste teaser-video uitgereik.

Die reeks, wat in en om Kaapstad verfilm is, vertel die verhaal van ’n gesin wat op die oog af gelukkig lyk. Ruan van Wyk is ’n neurochirurg en is getroud met Lani van Wyk. Hulle is die ouers van drie kinders: Markus, wat in matriek is, die 15-jarige Leandri, en Sophia in graad 1. 

Een keer om die son
Een keer om die son se volledige rolverdeling, asook uitsaaidatum op kykNET, word eersdaags bekendgemaak. Foto: Verskaf

Amé Cloete (Donnalee Roberts) is Ruan se suster en ’n suksesvolle finansiële bestuurder. Sy is getroud met Joshua Cloete, die eienaar van ’n kunsgalery. Ruan en Amé se ouers is Sebastian, ’n professor in insekkunde, en Elma, wat haarself besig hou deur vir ander mense te bak. 

Maar dan tref ’n tragedie die familie wat tergende vrae opwerp, en alles verander oornag.

Die volledige rolverdeling vol bekende akteurs word volgende week saam met die amptelike uitsaaidatum bekendgemaak. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies