Menu terloops
In Gons [16 Mei 2024]

Kyk nou: Eerste blik op Donnalee en Ivan se gesinsdrama, ‘Een keer om die son’


‘Een keer om die son’ is Ivan Botha en Donnalee Roberts, bekend vir trefferflieks soos ‘Pad na jou hart’, en ‘Stroomop’ se eerste TV-reeks.

Kyk nou: Eerste blik op Donnalee en Ivan se gesinsdrama, ‘Een keer om die son’
Kyk lokprent

Die nuwe kykNET-dramareeks, Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die loop van ’n kalenderjaar. Elk van die twaalf episodes beeld ’n maand in hulle lewe uit. Daar is ook terugflitse om te wys hoe hulle beland het waar hulle is. 

Een keer om die son is Ivan Botha en Donnalee Roberts, bekend vir trefferflieks soos Pad na jou hart, Stroomop en Blindelings, se eerste TV-reeks. Dit is onder die vaandel van 17 Films vervaardig met Ivan as regisseur. Ivan en Donnalee is medeskrywers van die reeks saam met Liani Jansen van Rensburg, Retief Scholtz en Tina Kruger. Donnalee is ook as Amé Cloete in die reeks te sien.

kykNET het pas die eerste teaser-video uitgereik.

Die reeks, wat in en om Kaapstad verfilm is, vertel die verhaal van ’n gesin wat op die oog af gelukkig lyk. Ruan van Wyk is ’n neurochirurg en is getroud met Lani van Wyk. Hulle is die ouers van drie kinders: Markus, wat in matriek is, die 15-jarige Leandri, en Sophia in graad 1. 

Een keer om die son
Een keer om die son se volledige rolverdeling, asook uitsaaidatum op kykNET, word eersdaags bekendgemaak. Foto: Verskaf

Amé Cloete (Donnalee Roberts) is Ruan se suster en ’n suksesvolle finansiële bestuurder. Sy is getroud met Joshua Cloete, die eienaar van ’n kunsgalery. Ruan en Amé se ouers is Sebastian, ’n professor in insekkunde, en Elma, wat haarself besig hou deur vir ander mense te bak. 

Maar dan tref ’n tragedie die familie wat tergende vrae opwerp, en alles verander oornag.

Die volledige rolverdeling vol bekende akteurs word volgende week saam met die amptelike uitsaaidatum bekendgemaak. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies