Menu terloops
In Gons [5 Jun 2025]

“Ja!” Pam en Siseko vier hul troudag op ‘Diepe Waters’ 


Kykers se harte is geroer in Donderdag, 5 Junie se episode van die kykNET-telenovela ‘Diepe Waters’ toe Pam (Tracey-Lee Oliver) en Siseko (Chumani Pan) vir mekaar die ja-woord in ’n pragtige seremonie gegee het.

Kyk 'Diepe Waters'

“Ja!” Pam en Siseko vier hul troudag op ‘Diepe Waters’ 

Wat begin het as ’n blote ontmoeting by die swembad toe Pam (Tracey-Lee Oliver) – in ware dramatiese styl – per ongeluk in die water beland het en deur Siseko (Chumani Pan) ‘gered’ is, het tot dié Diepe Waters-romanse gelei. En dié twee karakters se liefde vir mekaar was onmiddellik, opreg en onmiskenbaar. Siseko, met sy kenmerkende respek, sagmoedigheid en koninklike waardigheid, het nie lank gewag nie – hy het Pam kort ná hul ontmoeting gevra om met hom te trou.

Diepe Waters
Pam Swart (Tracey-Lee Oliver) en Siseko Bhonga (Chumani Pan) het mekaar die ja-woord gegee in ’n pragtige seremonie. Foto: Verskaf
Diepe Waters
Siseko en Pam was vinnig verlief. Foto: Verskaf

Nuwe hoofstuk

Die pad tot by die kansel was nie sonder struikelblokke nie, maar liefde het geseëvier. Die lobola-onderhandelinge tussen die Bhonga- en Swart-families is met groot sorg en respek gevoer – en tot die vreugde van beide families het dit sonder haakplekke verloop. Dít was ’n groot stap vir Siseko, seun van Koning Mzukisi Bhonga, wie se Xhosa-koninklike erfenis hom roep, maar ook vir Pam, wat haar eie pad deur familieverwikkelinge moes hanteer.

Diepe Waters
Pasgetroud en baie verlief! Foto: Verskaf
DIEPE WATERS PAM EN SISEKO
Die pad tot by die kansel was nie sonder struikelblokke nie, maar liefde het geseëvier. Foto: Verskaf

’n Hoogtepunt van die dag was toe Pam se pa, Gys Swart (Justin Strydom), trots met haar kansel toe geloop het. Die spanning tussen Gys en Zelda (Sandi Schultz), Pam se ma, is vir dié spesiale dag opsy geskuif. Albei ouers het hul dogter met waardigheid en liefde ondersteun – en saam geglimlag toe sy die volgende hoofstuk van haar lewe begin.

DIEPE WATERS
Mmm, wie het almal hul oog op daai ruiker gehad…? Foto: Skermgreep

Opgetofte gaste

Die troue is bygewoon deur al hul vriende en geliefdes – Diepe Waters se klubgemeenskap het opgetof gekom, met emosionele toesprake, spontane dans en lag, en natuurlik trane van geluk. Dit was ’n viering van liefde wat nie net twee mense verbind het nie, maar ook families en gemeenskappe nader aan mekaar gebring het.

Diepe Waters
Trotse pa van die bruid, Gys (Justin Strydom). Foto: Skermgreep
DIEPE WATERS
Die ma van die bruid, Zelda (Sandi Schultz) was ook pragtig opgetof. Foto: Skermgreep

Hoewel die seremonie amptelik in die stad plaasgevind het, is die liefdesverhaal nog nie klaar geskryf nie. Pam en Siseko sal binnekort na die Oos-Kaap reis vir hul tradisionele Xhosa-huwelik, waar die koninklike familie en gemeenskap hul nuwe makoti met ope arms sal ontvang. Dit beloof om ’n  viering van kultuur, familie en eenheid te wees.

Met karakters soos Pam en Siseko bring Diepe Waters nie net drama nie, maar ook hoop en warmte. Hul storie is ’n herinnering dat liefde jou dikwels onverwags vind – selfs in ’n krisis… of ’n komiese swembad-oomblik.


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies