Menu terloops
In Sepies [29 Apr 2025]

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir Mei 2025


Henry en Lettie het groot toekomsdrome, en Bianca stoomroller voort. Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Stroom 'Diepe Waters'

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir Mei 2025

Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Diepe Waters kan verwag.

Donderdag, 1 Mei

Lettie en Henry kry onverwagse nuus. Fourie aanvaar Sanet se aanbod. Fourie se laaste woorde aan Nelius en Bianca steek soos ’n dolk in die hart.

Maandag, 5 Mei

René en Lucas bring ’n voorstel na Gys toe. Juvan ontvang goeie nuus van Pam af. Gys vind iets skokkend uit oor Siseko se troue.

Dinsdag, 6 Mei

Henry is in ’n penarie wanneer hy sy mond verby praat. Siseko bieg iets groot aan Bandile. Bianca peins oor ’n idee…

Woensdag, 7 Mei

Lettie is bekommerd oor Alice. Zelda ontmoet vir Bianca. Sanet maak gereed vir aandete met Fourie en Rossouw.

Donderdag, 8 Mei

Die atmosfeer tussen Fourie en Sanet is gespanne ná Fourie se argument met Rossouw. Bianca maak ’n sakevoorstel aan Gys.

Diepe Waters
Fourie (David Louw) het baie balle in die lug vandeesmaand in Diepe Waters. Foto: Skermgreep

Maandag, 12 Mei

Pam vertel vir Siseko die hartverskeurende nuus. Alice geniet Henry se aandag. Gys leer oor Bianca se verlede.

Dinsdag, 13 Mei          

Alice en Henry besoek die ginekoloog sonder Lettie. Fourie lees vir Bianca die Leviete voor. Zelda ontmoet Siseko.

Woensdag, 14 Mei

Fourie en Karla stamp koppe. Alice werk op Lettie se senuwees. Gys, Jacques en Rossouw berei voor vir Pam se lobola.

Donderdag 15 Mei

Alice laat ’n geheim glip. Bianca konfronteer Sanet, en Zelda en Gys versag teenoor mekaar.

Maandag, 19 Mei

Fourie is bekommerd oor Juvan. Lucas en Karla wonder oor Juvan en Nina se verhouding. Gys hunker na Bianca.

Dinsdag, 20 Mei

Die lobola-onderhandelinge neem ’n paar onverwagse wendings. Lettie en Alice se verhouding verswak verder. Juvan sien Nina met ander oë.

Woensdag, 21 Mei

Karla probeer uitvind of Nina van Juvan hou. Die konneksie tussen Gys en Bianca bou. Lettie en Henry se aanneming is in gevaar.

Donderdag, 22 Mei

Karla en Lucas beraam ’n plan om Juvan en Nina nader aan mekaar te bring. Henry se hart is stukkend.

Maandag 26 Mei

Pam probeer hard om Siseko se teenstrydigheid te bedruk. Dinge loop skeef vir iemand, en Sanet sien ’n ander kant van Fourie.

Dinsdag, 27 Mei

Karla en Lucas beraam ’n nuwe plan om Nina en Juvan bymekaar te kry. Gys en Bianca wil ’n bekendstelling vir die Swartmarlyn en Delicate Rose se samewerking reël.

Woensdag, 28 Mei

Karla en Lucas skop met hul plan af. Pam het dit swaar onder Abongile.

Donderdag, 29 Mei

Pam voel dat Abongile haar lewe onnodig moeilik maak. Lucas en Karla se planne rondom Nina en Juvan loop skeef. 


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies