Menu terloops
In Wat om te kyk [31 Okt 2024]

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2024


Wat gaan met Lettie se restaurant gebeur? En watter vars hel wag nou op Sanet? Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Stroom 'Diepe Waters'

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2024

Hier is ’n voorsmakie van wat jy hierdie maand in Diepe Waters kan verwag.

Maandag, 4 November 

Anja en René kan net nie op dieselfde bladsy kom nie. Lucas raak gefrustreerd met sy vordering. 

Dinsdag, 5 November 

’n Belangrike gas kom loer in by Lettie’s. Die spanning tussen René en Anja bereik nuwe hoogtes. Sanet identifiseer ’n moontlike verdagte vir die moordsaak.

Woensdag, 6 November

Sal Kurt betyds ’n deurbraak maak? Die Smaakmaker verklaar watter restaurant in die dorp die beste is. Juvan draai Lucas se arm om ’n bietjie stoom af te blaas.

Donderdag, 7 November

René neem Zelda in haar vertroue oor haar rusie met Anja. Sanet is angstig om uit te vind wat Kurt uitgevind het.

Maandag, 11 November

Sanet ontvang groot nuus oor die hofsaak. Lucas is in die moeilikheid. Die kritikus kom terug kêffie toe.

Dinsdag, 12 November

Sanet berei vir haar hofsaak voor. Lettie ontvang ’n tweede resensie. René en Anja vind ’n middeweg.

Woensdag, 13 November

Sanet lewer getuienis, maar Laura hou nie terug nie. Sanet loop in Ben vas en is verbaas oor sy reaksie teenoor haar.

Donderdag, 14 November

Lettie getuig in die hof. René en Juvan vorm ’n onverwagte band. ’n Onvoorspelbare tragedie tref Tshepo.

Maandag, 18 November

Spanning neem toe namate die hofsaak ten einde loop. Kurt deel ’n skokkende onthulling met Jacques. 

Dinsdag, 19 November

Sanet blameer haarself vir Ben se situasie. Juvan voel soos ’n mislukking. Theresa se vrese oor Wessel kom na vore.

Woensdag, 20 November

Sanet kry goeie raad by ’n ou kennis. Juvan vra vir Karla om verskoning. Die Swartse is met goeie rede bekommerd oor Theresa.

Donderdag, 21 November

Theresa is te bang om alleen te wees. Lucas maak vordering, en Sanet word deur ’n nuwe vrou by Nuwe Nes meegevoer.

Maandag, 25 November

René vind iets uit wat haar ontstel. Gys raak gefrustreerd met Theresa se situasie.. Anja en Rossouw besluit op ’n troudatum.

Dinsdag, 26 November

Theresa het ’n ontstellende sessie met haar sielkundige. René se voorstel gooi Lucas se wêreld omver.

Woensdag, 27 November

Juvan deel sy moeilike besluit met Karla. Gys se verrassing vir Zelda neem ’n onverwagse draai. Vriendskapbande versterk.

Donderdag, 28 November

Gys is onseker hoe om die misverstand aan Zelda te verduidelik. Dis die Swartmarlyne se gala en die swemmers is almal angstig. René loop in ’n ou kennis vas.


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir Augustus 2026

Die waarheid oor ’n dokter lei tot ’n dramatiese wending en Joe is desperaat om vrae oor sy identiteit te beantwoord. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Meer
Sien alle opsies