Menu terloops
In Gons [12 Mei 2025]

‘Die brug’ se Wilhrisca sê wie sy die trekpas sou gee… 


Sommer vinnig in die eerste episode van ‘Die brug’ se tweede seisoen, het ene Wilhrisca Brits ontluik as ’n speler wat strategies – en met haar naels uit – sou speel. Maar toe word sy eerste uitgestem!

Deur Annelene Oberholzer

Kyk 'Die brug S2' op DStv Stream

‘Die brug’ se Wilhrisca sê wie sy die trekpas sou gee… 

Die tweede seisoen van Die brug het sommer van meet af aan met hope drama afgeskop. Daar was die chaotiese Houthuis wat deelnemers verwelkom het en die eerste fakkel wat reeds op Dag 1 afgevuur is.

Daai fakkel was die koms van hul eerste pos – ’n brief om leierskap te kies en dan ’n brief vir die nuutverkose leierskap. Die kies van ’n leier het ook met ’n kinkel gekom – die een wat die meeste stemme gekry het, moet die leierskap deel met die een wat die minste stemme gekry het. 

Melissa Klein (37), ’n begrotingsbestuurder in die Departement van Verdediging (Pretoria) het die meeste stemme gekry. Hannes Roodt (33), ’n entrepreneur van Benoni en Luwellen Marx (53), ’n boubestuurder van Mosselbaai, het saam die minste stemme gekry. Melissa het vir Hannes as medeleier gekies. 

Wilhrisca Brits, Die brug S2
Die valbyl het in die eerste episode op Wilhrisca Brits (30), ’n internasionale model en besigheidseienaar van Polokwane, geval. Foto: Skermgreep

Trekpas-tyd

Niemand was egter voorbereid op die inhoud van die tweede brief nie. Iemand moes huis toe gaan. Sonder enige genade en sommer dadelik. Die skok was tasbaar.

Tydens die vooraf-geselsies waar die deelnemers probeer het om mekaar beter te leer ken, het veral een deelnemer haar kaarte na aan die bors gehou. En vir Hannes, die selferkende ekstrovert, was dit nie ’n goeie ding nie . . .

Melissa en Hannes het besluit die valbyl val op Wilhrisca Brits (30), ’n internasionale model en besigheidseienaar van Polokwane. Sy sê toe die twee leiers instap, het sy geweet haar doppie is geklink. 

Is die verkeerde brug gebrand…?

Maar wag ’n bietjie… Het hulle nie dalk ’n enorme flater begaan nie? Wilhrisca is nie ’n katjie wat jy sonder handskoene aanpak nie. Sy het verskeie talente – en dis so ver verwyderd van die loopplank as wat jy jouself kan indink!

Kykers sal verstom wees om te weet dat Wilhrisca nie net ’n mooi gesiggie is nie. Sy het ’n tegniese agtergrond en weet presies hoe ’n motor werk en aanmekaargesit is. Sy is gek oor motors en skep inhoud vir haar eie YouTube-kanaal (Drive Diva SA). 

Dit klink mos of haar praktiese kennis van groot nut sou wees – dis immers een van die belangrike eienskappe om, ja wel, ’n brug te bou . . .

“Die brug is gebrand. Dit is wat dit is,” het sy gesê toe sy van die Houthuis vertrek het. 

Wie sou Wilhrisca uitgestem het?

Maar wie sou in haar visier gewees het as die leierskapskoen aan die ander voet was?

Wilhrisca Brits, Die brug S2
Sy sou vir Hannes die trekpas gegee het as sy die leier was, het Wilhrisca aan Terloops vertel. Foto: Skermgreep

“As ek moes kies, sou ek vir Hannes gestem het. In daardie stadium het ek net nie gevoel dat ek hom ten volle kon vertrou nie. Hy het soveel vrae gevra, en dit het net ’n bietjie té vriendelik voorgekom – amper asof hy meer inligting wou kry as om net te gesels.

“In só ’n situasie moet jy jou instinkte volg, en myne het vir my gesê om versigtig te wees,” sê sy.

Gaan dié verbrande brug met Wilhrisca perdalks die deelnemers vorentoe in die hakskeen byt? 


Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies