Menu terloops

C.B. Strike: Lethal White

Op Showmax [Gepubliseer op 7 Feb 2022]


‘C.B. Strike: Lethal White’ volg die ondersoek na die moontlike rituele moord van ’n jong meisie jare gelede.

Kyk nou

C.B. Strike: Lethal White
Kyk lokprent

Hierdie misdaadreeks is gegrond op die vierde boek in Robert Galbraith (Harry Potter-skrywer J.K. Rowling se skuilnaam) se Cormoran Strike-reeks wat draai om dié privaatspeurder, vertolk deur Tom Burke, en sy vennoot, Robin Ellacot, gespeel deur Holliday Grainger, se ondersoeke.

Dié misdade is dikwels sake wat die polisie sukkel om op te los, maar Strike, ’n oorlogsveteraan en oudspeurder aan die polisie se spesiale ondersoeke-afdeling, se talente strek ver en die skynbaar onmoontlike draf hy en Robin in ’n japtraf kaf. 

C.B. Strike: Lethal White volg Strike se ondersoek na die moontlike rituele moord van ’n jong meisie jare gelede, nadat hy deur ’n man met ’n geestessteurnis genader word om die saak te bekyk. 

Terselfdertyd gaan Robin undercover om die afpersing van ’n parlementslid te ondersoek.

Stroom nou op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 11 stories in Julie misloop

’n Nuwe ‘Matlock’, Magda Louw op haar stukke, aksie-satisfaksie in ‘The Old Guard 2’, en die slotseisoen van die meesleurende reeks ‘The Sandman’ tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Julie 2025

Dolf staan by ’n kruispad, terwyl Bongi se liefdesbootjie sink... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Suidooster: Kaapse winter bring vlaag van vurige drama in Julie

Die een koue front ná die ander bring in Julie ’n vlaag van vuurwarm drama na ‘Suidooster’ se Ruiterbosch. Daar is rugstekery, misverstande, onsekerheid én gebroke harte. 

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Julie 2025

Agatha wriemel haarself telkens uit die moeilikheid en Petro stort ineen nadat sy iets uiters onverwags sien... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Julie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies