Menu terloops
In Gons [14 Aug 2025]

‘Boer soek ’n vrou’ soek vir 18de keer boere wat op liefde hoop


Die 17de seisoen van ‘Boer soek ’n vrou’ hou tans vir kykers vasgenael voor die kassie, maar dis nie te sê daar’s nie ander enkellopende boere wat hoop om hul ideale pasmaat te vind nie… En dis nou hul kans om in te skryf vir die volgende ronde van dié maatsoekreeks. 

‘Boer soek ’n vrou’ soek vir 18de keer boere wat op liefde hoop

Tientalle Suid-Afrikaanse boere het reeds die liefdes van hul lewens deur middel van Boer soek ’n vrou se wenresep gevind. Skryf dus dadelik in as jy moeg is om eensaam op die plaas te wees.

Reandi Grey, die Boer soek ’n vrou-aanbieder, sê om ’n boer te wees, beteken jy is een van die hardwerkendste, toegewydste en geduldigste mense op aarde. “So ’n mens verdien iemand wat hulle dag in en dag uit kan ondersteun en motiveer.

“Boer soek ’n vrou kan boere help om iemand aan hulle sy te kry om sáám met hulle die goeie te waardeer en deur die slegte te werk. En om hulle goed te laat voel, gewaardeerd te laat voel én spesiaal te laat voel – soos die sout van die aarde wat hulle is.”

Boer soek 'n vrou, Reandi Grey
Reandi Grey, aanbieder van Boer soek ’n vrou. Foto: Skermgreep

Volgens Reandi is dit maklik om die klein dingetjies in die lewe nie te waardeer nie. “Om seker te maak jy kom deur die rat race en jy kom deur die dag en jy haal hierdie spertyd en jy woon daardie vergadering by – dit laat jou dikwels vergeet van al die klein goedjies,” sê sy.

“Ons vergéét om te waardeer. Dit is hoekom boere my inspireer, want hulle waardeer! Hulle waardeer die klein goedjies, hulle waardeer elke druppel wat val, hulle waardeer elke oes, hulle waardeer elke werker, hulle waardeer elke familielid, hulle waardeer elke stukkie sonskyn, hulle waardeer elke lammetjie, want niks is gewaarborg nie. 

“So, wanneer dit gebeur, is hulle opreg dankbaar en waarderend daaroor. Dit is mos die tipe persoon wat liefde verdien, of hoe?”

Is jy ’n ongetroude boer of plaasbestuurder, manlik of vroulik, wat reg is om jou eie liefdesreis saam met kykNET en Boer soek ’n vrou aan te pak? Gooi dan jou naam in die hoed. Dalk word jy deel van die oes wat tydens die 18de seisoen die soektog na ’n eie pasmaat gaan onderneem. 

Só kan boere inskryf:

  • Besoek www.kyknet.tv waar jy óf aanlyn kan inskryf óf ’n inskrywingsvorm kan aflaai.
  • Bel: 079 614 2229
  • Stuur ’n e-pos na boer@wolflightsa.com

Belangrike inligting:

  • Foto’s en afskrifte van geldige Suid-Afrikaanse identiteitsdokumente moet inskrywings vergesel. 
  • Diegene wat wil deelneem, moet ongetroud en ouer as 21 jaar wees.
  • Inskrywings moet die vervaardigers voor middernag op 9 September 2025 bereik.
  • Die toptienboere vir die 18de seisoen sal op 13 November 2025 tydens ’n spesiale uitsending op kykNET aangekondig word. Voornemende pasmaats sal dan hul beurt kry om vir dié boere briewe te skryf. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies