Menu terloops
In Wat om te kyk [4 Aug 2025]

Jou kykgids vir ‘Boer soek ’n vrou’ se 17de seisoen


Hier is wat jy in elke episode van die nuwe seisoen van die maatsoekreeks ‘Boer soek ’n vrou’, wat vanaf Donderdag 7 Augustus 2025 op kykNET uitsaai, kan verwag.

Jou kykgids vir ‘Boer soek ’n vrou’ se 17de seisoen

“Hulle is besonderse sout-van-die-aarde-mense wat liefde verdien.” Só beskryf die nuwe Boer soek ’n vrou-aanbieder, Reandi Grey, die gros boere wat deel van die 17de seisoen van dié reeks uitmaak. Hier is jou handige kykgids vir wat om in elke episode te verwag.

Donderdag 7 Augustus 

Reandi ontmoet die 10 boere

Tien enkellopende boere soek pasmaats! Dié welbekende realiteitsreeks, aangebied deur Reandi Grey, volg tien boere se soeke na die liefde.

Donderdag 14 Augustus

Die briewe

Reandi val weer in die pad om die tien boere se briewe af te lewer. Binne 24 uur moet die vyf boere met die meeste briewe tien pasmaats kies om in die Kaap te ontmoet.

Donderdag 21 Augustus

Blitsafsprake

Van reg oor die land kom die pasmaats vir ’n kort maar kragtige kennismaking met die boer van hul keuse. Elkeen kry presies vyf minute om met hul boer te gesels, daarna word vyf gekies.

Donderdag 28 Augustus 

Groepafsprake

Vandag kry ons boere ’n bietjie meer tyd om sy vyf pasmaats beter te leer ken. Hy moet drie pasmaats kies wat op die plaas gaan kuier vir ‘n week en wie weet, dalk is een van hullie dié een.

Donderdag 4 September

Plaasbesoek

Die pasmaats arriveer op die plase. Hulle gaan vir ’n week lank saam met die boer woon en werk, en kyk of liefde wel kan ontwikkel tussen een van die paartjies.

Reandi Boer soek 'n vrou
Volgens die nuwe Boer soek ’n Vrou-aanbieder, Reandi Grey, is dit ongelooflik om sien hoe die boere verander van die begin tot die einde van die reeks. Foto’s: Verskaf

Donderdag 11 September

Drie kuiergaste op die plaas: Deel 1 

Die boere neem hul pasmaats op ’n avontuur weg van die plaas af om te kyk of verhoudings kan groei. Verassende nuus vang die boere onkant.

Donderdag 18 September 

Drie kuiergaste op die plaas: Deel 2

Die boere neem hul pasmaats op ’n avontuur weg van die plaas af om te kyk of verhoudings kan groei. Verassende nuus vang die boere onkant.

Donderdag 25 September 

Alleentyd

Dit is die laaste volle dag op die plaas. Die spanning laai op, want elke boer moet binnekort weer ’n keuse maak. Almal kry tyd om individueel met mekaar te gesels.

Donderdag 2 Oktober

Die familiebraai

Daar is nou net twee pasmaats op die plaas oor. Die boere nooi ook vriende en familie oor vir ’n braai sodat hulle die pasmaats kan ontmoet en ook hul opinie kan vorm.

Donderdag 9 Oktober

Reandi neem die pasmaats op ’n dorpsbesoek

As mens deel raak van ’n boer se lewe, raak jy ook deel van die omgewing. Reandi besoek ’n paar liefdadigheidsorganisasies en plekke in nood met die pasmaats. Kan die pasmaats hulself hier sien aanpas?

Donderdag 16 Oktober

Die finale keuse

Dis tyd vir die boer om te besluit, maar is beide pasmaats nog gretig om die boer se vrou te word? Vandag kies die boer dié vrou wat moontlik die liefde van sy lewe kan wees.

Donderdag 23 Oktober

Die skoonfamilie

Dit is tyd vir die boere om hul gekose vroue se familie en vriende te ontmoet. As die kennismaking met die skoonfamilie goed afloop, is daar dalk hoop vir ’n gelukkige toekoms saam…

Donderdag 30 Oktober 

Die vakansie

Die boere en hul pasmaats gaan hou vakansie. Tydens die vakansie kry die boere en hul pasmaats kans om mekaar goed te leer ken – weg van die plaas, weg van familie en vriende.

Donderdag 6 November 

Die reünie

Al tien boere kom vir ’n eerste en ook laaste keer bymekaar. Ons vind uit wie van ons tien boere liefde aan die einde van die reeks gevind het.


Die 17de seisoen van Boer soek ’n vrou begin op Donderdag 7 Augustus om 20:00 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144)Kyk solank Boer soek ’n vrou S14-S16 op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies