Menu terloops
In TV [11 Feb 2026]

Wat om te kyk: 10+ sexy reekse en flieks om nou te stroom


Smeulende tonele is volop in dié reekse en flieks.

Wat om te kyk: 10+ sexy reekse en flieks om nou te stroom

Seks! Baie, baie seks! Goed, noudat ons jou aandag het, hier is ’n lys van vurige reekse en flieks wat jy aanlyn kan stroom. Wat is die lewe dan nou tog sonder ’n bietjie sexy afleiding?

1

Sex in Afrikaans

Sex in Afrikaans
In ses breedvoerige en deeglik nagevorste episodes is Afrikaanssprekendes en seks onder die loep en kry kykers ’n kykie na dít wat werklik in die diepnag agter dié geslote deure gebeur.

Die Showmax Original dokumentêre reeks, Sex in Afrikaans, wys wat werklik agter geslote deure in die Afrikaanse gemeenskap gebeur. Dit dui ook op die noodsaaklikheid om openlik en sonder vooroordeel oor seks en seksualiteit te praat. Dié reeks het reeds rekord-kykertalle wat selfs Showmax se angswekkende dokumentêre reeks, Devilsdorp, uitgestof het.

2

Sex and Pleasure

Sex and Pleasure
Sex & Pleasure neem seks en seksualiteit onder die loep.

Sex & Pleasure is ’n Showmax Original-dokkiereeks wat seks en seksualiteit onder die loep neem. Hoewel die konsep baie met dié van Sex in Afrikaans ooreenstem, bied Sex & Pleasure meer diverse stemme om na te luister. Só ook dan met die episodes se temas.

Die reeks word gelei deur die skrywer Kim Windvogel en joernalis Romantha Botha. Dié twee het kragte saamgespan om ’n reeks te skep met elke episode wat om ’n ander faset van seks draai, hetsy ouerskap, orgasmes, ouderdom, gestremdheid, sekswerks, romanse, dwelms, en so meer.

Die regie is deur Ayanda Duma, wat ook ’n vervaardiger op die Suid-Afrikaanse been van Cara Delevigne se Planet Sex was.

3

Euphoria S1-3

Die baanbrekende reeks draai om ’n groep hoërskoolleerders en die uitdagings van tiener-wees, dwelmverslawing, trauma, liefde en swaarkry. Hoewel daar ’n beter balans as in byvoorbeeld Game of Thrones is, is daar steeds meer vroue as mans wat kaalbas gewys word.

Die derde seisoen word later vanjaar vrygestel nadat ons ’n baie, baie lang vier jaar daarvoor moes wag. Die nuwe seisoen begin dus met ’n noodsaaklike tydsprong – karakters soos Rue (Zendaya), Cassie (Sydney Sweeney), Nate (Jacob Elordi) en Jules (Hunter Schafer) is nou lankal nie meer hoërskoolkinders nie, en die grootmenswêreld kan maar wreed en misluk wees…

4

Heated Rivalry

Soos ons in hierdie artikel geskryf het: “Enigiemand met ’n VPN en/of ’n matige kennis van hoe Google Search en stroomdienste werk, het teen die tyd dié fenomenale en grensverskuiwende reeks verorber – ongeag die feit dat dit nog nie amptelik plaaslik beskikbaar is nie. En ja, verorber, want só ’n storie is nie net een om te kyk nie – daarvoor is die chemie en absolute tasbare yearning tussen die mansyshokkiespelers Ilya Rozanov (Connor Storrie) en Shane Hollander (Hudson Williams) te allesoorheersend.”

Dié vreeslike vurige reeks is gegrond op die gelyknamige Rachel Reid-boek, en omdat geliewe Rachel reeds nog ’n boek oor dié smeulende paartjie geskryf het, The Long Game, en nog een later vanjaar gepubliseer gaan word (Unrivaled) is ons blessed (blessed!) om te weet dat daar minstens nog twee seisoene op pad is.

Kry ’n waaier, belê in lugverkoeling, sit ’n yspak op jou voorkop – dinge raak… vurig. Moenie sê ons het jou nie gewaarsku nie!

5

Elite S1-8

Hierdie Netflix-reeks het Spaanse-onderskrifte en gaan oor ’n groep studente by ’n spogskool wat in hulle ouers se oë engeltjies is, maar in werklikheid doen hulle alles…en nog meer.

6

Sex Education S1-4

Dié Netflix-reeks is ’n uiters genotvolle komedie-drama wat nie net skreeusnaaks is nie, maar ook sensitiewe kwessies aanspreek wat tieners nie én volwassenes aanraak. Aan die hoof van die rolverdeling is Otis (Asa Butterfield) wie se ma (The X-Files en The Crown se Gillian Anderson) ’n seksterapeut is. Hy is natuurlik baie skaam oor sy ma se beroep, maar dan oortuig Maeve (Emma Mackey) hom dat hulle dieselfde diens aan hul mede-skoliere moet bied.

7

Tessa is jou tipiese girl next door – stroopsoet. Dis nou totdat sy ’n aantreklike rebel (natuurlik met ’n voorliefde vir motorfietse en leerbaadjies…cliché much?) op universiteit ontmoet. Hardin en Tessa se verhouding is stormagtig tot die mag vyf miljard en – kom ons wees eerlik – blerrie ongesond. Hulle is ewe sleg vir mekaar en bring ook die lelikste in mekaar uit. Maar, die fliek is wel volop vurige tonele wat dit die kyk werd maak… dis nou as jy lank genoeg kan uithou met die louwarm toneelspel en draaiboek. Die fliek, plaaslik op Showmax beskikbaar, is gegrond op die topverkoper-roman deur Anna Todd.

Van die opvolgflieks – After We Fell, After Ever Happy en After Everything – is ook op Showmax.

After we fell
’n Toneel uit After We Fell – een van die vele After-opvolgflieks. Louwarm toneelspel, ja, maar kokende intieme tonele…
8

Dié Afrikaanse kortfliek op Showmax draai om ’n paartjie wie se huwelik (en sekslewe daarmee saam) effe, kom ons sê maar net vervelig, geraak het. Dan kom hulle op ’n innoverende oplossing af: Swaaibraai, ’n app vir swingers.

9

Die Fifty Shades of Grey-trilogie is gegrond op die gelyknamige boeke deur die skrywer E.L. James en is op Showmax beskikbaar. Dié boeke het uiteindelik ’n wêreldwye fenomeen geword. Só ook die flieks wat daarop gegrond is.

’n Toneel uit Fifty Shades Darker, die tweede prent in die Fifty Shades-trilogie.

Die premis is geweldig eenvoudig: Anastasia Steele (Dakota Johnson) is ’n naiewe student as haar paaie met dié van die welgestelde en sjarmante sakeman, Christian Grey (Jamie Dornan), kruis. Dit word gou duidelik dat Christian ‘n paar slaapkamer-geheime het… en Anastasia kan net nie wegbly nie.

Kyk ook die opvolgprent, Fifty Shades Darker, asook die derde prent, Fifty Shades Freed.

10

Bridgerton S1-4

Romanse, skandale, en skinderbekke. Die periodedramareeks Bridgerton het al die regte bestanddele vir ’n (sexy) TV-wenresep.

Die drama is gegrond op die Bridgerton-boeke van Julia Quinn en speel af in die Regency-tydperk (1811-1820). Dit volg die weduwee Lady Bridgerton en haar agt kinders soos hulle deur die lewe met skandale, swak besluite, en met die koningin wat hulle stip dophou, strompel. Of dans. Hang af of daar ’n high society paartie daai aand is. Reeds met die eerste seisoen het TV-skepper Shonda Rhimes dit reggekry om kykers op te sweep met haar TV-weergawe van dié periode-drama. Dis egter alles behalwe Pride & Prejudice-preuts. Quinn se boeke, en so ook Rhimes se TV-vertelling, is ene seks op die trappe en vurige omhelsings.

Die eerste deel van die vierde seisoen is pas op Netflix vrygestel met die tweede deel wat vanaf 26 Februarie 2026 beskikbaar sal wees.

Nog voorstelle:

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies