Menu terloops

Sex & Pleasure S1

Op Showmax [Gepubliseer op 8 Mar 2023]


‘Sex & Pleasure’ is ’n nuwe Showmax Original-dokkiereeks wat seks en seksualiteit onder die loep neem.

Kyk nou

Sex & Pleasure S1
Kyk lokprent

“Almal het seks,” sê Coconut Kelz aan die begin van Sex & Pleasure se lokprent. “Selfs jou mees konserwatiewe ouma het agt kinders gehad. So kom ons praat daaroor.”

Sex & Pleasure is ’n nuwe Showmax Original-dokkiereeks en aangebied deur die joernalis Romantha Botha, en skrywer, Kim Windvogel. Dié twee het kragte saamgespan om ’n reeks te skep met elke episode wat om ’n ander faset van seks draai, hetsy ouerskap, orgasmes, ouderdom, gestremdheid, sekswerks, romanse, dwelms, en so meer. Die regie is deur Ayanda Duma, wat ook ’n vervaardiger op die Suid-Afrikaanse been van Cara Delevigne se Planet Sex was.

IdeaCandy (SteinheistDevilsdorp) het die reeks van agt episodes vervaardig.

Stroom weeklikse episodes vanaf Woensdag, 8 Maart 2023, op Showmax. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies