Menu terloops

Sex & Pleasure S1

Op Showmax [Gepubliseer op 8 Mar 2023]


‘Sex & Pleasure’ is ’n nuwe Showmax Original-dokkiereeks wat seks en seksualiteit onder die loep neem.

Kyk nou

Sex & Pleasure S1
Kyk lokprent

“Almal het seks,” sê Coconut Kelz aan die begin van Sex & Pleasure se lokprent. “Selfs jou mees konserwatiewe ouma het agt kinders gehad. So kom ons praat daaroor.”

Sex & Pleasure is ’n nuwe Showmax Original-dokkiereeks en aangebied deur die joernalis Romantha Botha, en skrywer, Kim Windvogel. Dié twee het kragte saamgespan om ’n reeks te skep met elke episode wat om ’n ander faset van seks draai, hetsy ouerskap, orgasmes, ouderdom, gestremdheid, sekswerks, romanse, dwelms, en so meer. Die regie is deur Ayanda Duma, wat ook ’n vervaardiger op die Suid-Afrikaanse been van Cara Delevigne se Planet Sex was.

IdeaCandy (Steinheist, Devilsdorp) het die reeks van agt episodes vervaardig.

Stroom weeklikse episodes vanaf Woensdag, 8 Maart 2023, op Showmax. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer
Sien alle opsies