Menu terloops
In Wat om te kyk [26 Okt 2022]

Kyk nou: Nuwe ‘Blood & Water’-lokprent terg oor selfs meer geheime, drama in derde seisoen


Die eerste lokprent vir die derde seisoen van Netflix se uiters gewilde plaaslike reeks, ‘Blood & Water’, dui op nog baie drama wat in die karakters se lewens gaan ontvou.

Kyk nou: Nuwe ‘Blood & Water’-lokprent terg oor selfs meer geheime, drama in derde seisoen
Kyk lokprent

Die derde seisoen van die gewilde plaaslike en internasionale treffer, Blood & Water, is vanaf 25 November op Netflix beskikbaar om te stroom – en van wat ons uit die mini-lokprent vir die nuwe seisoen kan aflei, is steeds geen jagter so relentless soos die waarheid nie…

Blood & Water draai om die tiener Puleng Khumalo (Ama Qamata) en haar suster, Phume, wat kort ná haar geboorte uit die hospitaal ontvoer is. Dan ontmoet sy vir Fikile Bhele (Khosi Ngema), ’n sterswemmer aan ’n privaatskool in Kaapstad. Kort voor lank wonder sy of Fikile nie eintlik haar vermiste suster is nie.

In die tweede seisoen het Puleng se soeke na waarheid voortgeduur. Sy het ook vir Fikile aangemoedig om ondersoek na haar ware identiteit in te stel. Maar nie almal wou hê die waarheid moes uitkom nie… Daarmee saam het Puleng ook al die “gewone” sagas van tiener-wees deurgemaak.

Ná afloop van die senutergende finale episode van die tweede seisoen, tel die derde seisoen op met Fikile en Puleng wat stadig (baie stadig), maar seker al nader aan die waarheid kom. Gaan ons uitvind wie Fikile se biologiese pa is? Wie is die nuwe gesigte in hul midde en het hulle ook geraamtes wat hulle wegsteek?

Lees ook ons resensie van die tweede seisoen.

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies