Menu terloops
In Kykgidse [26 Nov 2025]

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir Desember 2025


Nuus oor Laetitia ruk die hele Binneland en Nicolette erken iets skokkend aan Uys. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Kyk 'Binnelanders' op DStv Stream

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir Desember 2025

Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Binnelanders kan verwag.

Maandag 1 Desember

Laetitia stem in dat haar morfiendosis verhoog word, Uys dink Tertius was dalk net op die verkeerde dag by Tracy, en Johan gooi sy gewig al meer by Binneland rond.

Dinsdag 2 Desember

Joe kom te staan voor die grootste versoek wat nog ooit aan hom gerig is. Die druk op Tertius neem al meer toe, en Ongevalle kry ’n onverwagse ‘konsultant’ wat ’n paar werknemers se bloed laat kook.

Woensdag 3 Desember

Johan pak ’n Ongevalle-projek saam met Ella aan. Jess is in ’n toestand nadat Tertius haar weer verskree, en Joe bespreek genadedood met sy vriende.

Donderdag 4 Desember

Ella besluit om Henry die volle waarheid oor Johan te vertel, Thalia se gesprek met Tertius kompliseer Jess se lewe verder, en At vind uit wat Laetitia gedoen het. 

Vrydag 5 Desember

Uys se plan om Tertius te probeer help, loop skeef. Johan verras vir Ella, en Louis en Naomi is bekommerd oor Thalia. Nuus oor Laetitia skok die hele Binneland.

Binnelanders
Louis en Naomi is bekommerd oor Thalia. Foto’s: Skermgrepe

Maandag 8 Desember

Uys is verbaas wanneer dit lyk of Johan en Ella vir ’n slag oor die weg kom. Joe raak agterdogtig oor ’n pasiënt se dood, en Naomi het ’n idee om Tertius en Thalia se lewens makliker te maak.

Dinsdag 9 Desember

’n Gebou stort ineen en die Evac-span staan gereed. Henry se houding rakende Ella en Johan se verlede steek haar dwars in die krop, en Willem daag onverwags in Pretoria op.

Woensdag 10 Desember

Tertius en Nicolette word onder ’n bouval vasgekeer, die wrywing tussen Ella en Henry neem toe, en Uys is bekommerd oor Willem se gesondheid. 

Donderdag 11 Desember

Tertius en Nicolette is steeds vasgekeer, en hul voorraad raak min. Uys maak ’n afspraak vir sy pa by Henry, en Ella maak oop teenoor Naomi oor haar verhouding met Johan. 

Vrydag 12 Desember

Die spanning tussen Ella en Johan bereik breekpunt, Willem en Anya loop mekaar raak, en Nicolette weier om te praat oor wat die vorige aand gebeur het.

Maandag 15 Desember

’n Geheim tussen twee kollegas het die potensiaal om hulle emosioneel te verpletter. Bonnie kan nie langer haar vermoedens vir haarself hou nie.

Dinsdag 16 Desember

Hannah soek werk, en Bonnie sien uit na Kersfees saam met haar familie. Joe wonder oor Petro se situasie met haar ma, en Anya vind uit Willem is Uys se pa. 

Woensdag 17 Desember

Willem ontvang ’n anonieme oproep, Bonnie se Kersfeesplanne word deur Binneland se diensrooster bederf, en Hannah se maatskaplike werker maak kontak met Louis en Naomi.

Donderdag 18 Desember

Binneland se nuwe locum, Elton, probeer hard om ’n goeie indruk op Bonnie te maak. Willem ondersoek ’n geheime toepassing, en Louis en Naomi is gespanne oor ’n ontmoeting met Hannah se ma.

Vrydag 19 Desember

Bonnie betrek haar onwillige vriendinne by ’n leuen. Mercia dink nie Louis en Naomi moet aan Jackie se versoek toegee nie. Willem kry snuf in die neus oor ’n dokter se dood.

Maandag 22 Desember

Willem wil ’n storie opvolg, en Louis en Naomi moet Hannah voorberei om haar ma te sien. Jess en Petro dink Bonnie speel met vuur wanneer haar leuen al hoe groter word. 

Dinsdag 23 Desember

Hannah en haar ma kuier vir die eerste keer in ’n lang ruk weer saam. Bonnie voel al meer skuldig oor Elton, en Anya neem ’n besluit oor haar vriendskap met Willem.

Woensdag 24 Desember

Bonnie se leuen kom uiteindelik op die lappe, Joe probeer sy bes om ’n skande te verhoed, en Anya deel alles oor haar verlede met Willem.

Donderdag 25 Desember

Bonnie smeek Elton om haar te vergewe, Willem probeer Anya waarsku dat Joe ook by Uys se Kersete gaan wees, en Hannah se Kersgeskenke maak Naomi agterdogtig.

Vrydag 26 Desember

Uys is geskok deur Nicolette se erkenning, én hy het gemengde gevoelens oor Willem en Anya se groeiende vriendskap. Bonnie het groot planne, en Joe en Petro deel ’n oomblik. 

Maandag 29 Desember

Elton vang Bonnie onkant, Hannah vra uit oor Naomi se vermoedens, en Willem en Joe nader Louis vir hulp. 

Dinsdag 30 Desember

Joe se soektog na “Die bron” tref ’n terugslag wanneer hy sy kontak verloor, Johan probeer sy bes om alle aandag van hom af te lei, en ’n nuwe verhouding floreer. 

Woensdag 31 Desember

Joe en Willem beplan om met ’n informant te ontmoet, Ella reël vir Bonnie ’n radio-onderhoud met Martin Bester, en Jackie probeer Louis oorreed om in haar besigheid te belê. 


Nuwe episodes van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Daar is ook elke aand ’n herhaling van die episode om 23:30, asook Dinsdag tot Vrydag om 08:30. 

Episodes van die vorige seisoen van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 22:00 op kykNET&kie. (DStv-kanaal 145) uitgesaai, met herhalings van dié episode om 01:00 die volgende dag. Daar is ook ’n omnibus van die week se episodes op ’n Saterdag om 10:30. 

Seisoene 8-14 van Binnelanders is op Showmax beskikbaar. Die huidige seisoen is nie beskikbaar op die plaaslike weergawe van dié diens nie.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies