Menu terloops
In Wat om te kyk [7 Nov 2025]

‘Op pad met my potjie’ se Joalette vat weer die pad deur Namibië


In die tweede seisoen van ‘Op pad met my potjie’, neem die kosliefhebber Joalette de Villiers weer vir kykers op ’n toer deur Namibië waar sy in elke episode nuwe geheime van dié land se kookkuns ontdek… met ’n driebeenpot in die hand!

‘Op pad met my potjie’ se Joalette vat weer die pad deur Namibië
Kyk lokprent

Ná ’n geurige eerste seisoen is Op pad met my potjie terug vir nog heerlike avonture vanaf Vrydag, 28 November 18:30 op kykNET. Dié keer verken Joalette de Villiers ander dele van Namibië. 

Sy reis verder en dieper die land in om nog meer unieke gemeenskappe, plekke en potjies te ontdek. Van wildreservate tot kusdorpe, van plaaslewe tot dorpsmarkte – met dié ekspedisie het Joalette opnuut op Namibië se mense, kos en kultuur verlief geraak. “My nommereen-rede om terug te keer, bly altyd die mense en my land,” vertel Joalette. 

Op pad met my potjie
In die tweede seisoen besoek Joalette 13 uiteenlopende dorpe en gemeenskappe. Foto’s: Verskaf

13 dorpe 

In die tweede seisoen besoek Joalette 13 uiteenlopende dorpe en gemeenskappe wat die volgende insluit:

  • by N/a’an ku sê ontmoet sy Marlice en Rudie van Vuuren van die kykNET-progam Groen: Namibië en laat prut ’n beesvleispotjie;
  • in Rehoboth leer sy meer oor die Basters se geskiedenis en maak ’n lamskenkelpotjie;
  • in Otjiwarongo berei sy en Christian ’n eksotiese krokodilvleispotjie voor;
  • in Hentiesbaai probeer sy visvang en maak daarna ’n steenbraspotjie,
  • en by Noordoewer sluit sy haar avontuur af met ’n pampoenpotjie.

‘Besonderse’ seisoen 

Vir Joalette was dié seisoen nie net ’n kulinêre reis nie, maar ook ’n persoonlike ontdekkingsreis. “Ek het leer mozzarella-kaas maak, boerseep kook, leerwerk doen, visvang en selfs ’n krokodil gevoer! Hierdie seisoen was propvol nuwe, unieke kennis. Absoluut besonders,” vertel sy.

Elke episode bring nuwe gesigte, nuwe lesse en nuwe geure. Vir Joalette staan drie woorde sentraal: kennis, avontuur en passie. “Ek hoop kykers sien die passie van die mense wat ek ontmoet het – hulle wys dat jy met min baie kan doen en dat ware geluk lê in wat jy liefhet,” sê sy.


Op pad met my potjie S2 begin Vrydag 28 November om 18:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144). Episodes sal ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar wees. Die eerste seisoen is op Showmax beskikbaar om te stroom.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies