Menu terloops
In Gons [12 Sep 2025]

‘Beauty and the Bester’: Nuwe Thabo Bester-dokkie bekyk bisarre liefdesknoop


Hoe ver sou sy vir liefde gaan? Dié vraag is die spil waarom ‘Beauty and the Bester’, ’n nuwe driedelige dokkiereeks oor dr. Nandipha Magudumana en haar romantiese verhouding met die veroordeelde moordenaar en reeksverkragter Thabo Bester.

‘Beauty and the Bester’: Nuwe Thabo Bester-dokkie bekyk bisarre liefdesknoop
Kyk lokprent

Die lys van plaaslike ware-misdaad dokumentêre raak net al langer. Van Boetie Boer en Devildorp tot Rosemary’s Hitlist en The ABC Killer, en nou ook die nuwe Netflix-reeks, Beauty and the Bester. ​​Dié reeks volg ná Showmax se Tracking Thabo Bester-dokumentêr wat verlede jaar vrygestel is, met dr. Nandipha Magudumana, eerder as Thabo Bester, wat sentraal tot die storie staan. 

Die drieledige dokkiereeks is nou op Netflix beskikbaar. Dit probeer hoofsaaklik ontsyfer hoe dié eens glansryke en suksesvolle dokter by Bester, ’n veroordeelde moordenaar en reeksverkragter, betrokke geraak het.  

Haar lewe het immers soos ’n suksesverhaal gelyk. ’n Blink loopbaan, luukse leefstyl en ’n beeld wat sy sorgvuldig aanlyn gekweek het. Maar alles het begin verbrokkel toe vrae oor haar rol in Bester se dramatiese ontsnapping uit die tronk ontstaan het. Een foto van die paartjie wat doodluiters by Sandton City inkopies doen, het vinnig versprei en ’n landwye soektog aan die gang gesit wat uiteindelik tot die paartjie se inhegtenisneming in Tanzanië gelei het.

Die reeks ondersoek egter nie net die dramatiese gebeure wat haar agter tralies laat beland het nie. Dit neem ook haar lewensverhaal in die breë in oënskou soos familie en vriende in onderhoude hart skoonmaak.

Intussen duur haar hofsaak – waarin sy saam met Bester en ’n klompie ander medebeskuldiges tereg staan weens een van Suid-Afrika se berugste tronkontsnappings – voort.


Beauty and the Bester is vanaf 12 September 2025 op Netflix beskikbaar om te stroom. Kyk ook Tracking Thabo Bester op Showmax.

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies