Menu terloops
In Lysie-lysie [23 Jun 2025]

Wat om te kyk: 10 plaaslike reekse en flieks om nou (onder jou duvet) te stroom 


Winter is die perfekte tyd om binnenshuis te bly, onder ’n kombers in te kruip en sonder skuldgevoel op “next episode” te kliek. Hier is tien plaaslike reekse en flieks wat jy nou kan kyk.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Wat om te kyk: 10 plaaslike reekse en flieks om nou (onder jou duvet) te stroom 

Dalk sit jy al vir ure op die bank en vra Netflix vir jou “still watching?”… Wel, die antwoord is, ‘JA!’  Met die skole wat vandeesweek sluit en die koue dae wat uiteindelik hier is, is daar geen beter tyd om op te vang met van die gewildste plaaslike reekse nie… En dan ook sommer ’n paar ou gunstelinge wat altyd die moeite werd is om weer te kyk.

Van hartroerende dramas en realiteitsreekse waarin die vonke spat, tot ongelooflike ware verhale en koskompetisies wat jou naels laat kou – hier is tien reekse en flieks wat jy nou onder jou duvet kan kyk. 

1

Semi-soeter 

Nou op Netflix beskikbaar.

Hierdie lekker Afrikaanse romkom is presies wat jy nodig het vir ’n wintersaand vol lag en lekkerkry. Semi-soeter is die vervolg op Semi-soet, wat sowat ’n dekade gelede op die kringloop sy debuut gemaak en harte verower het. JP (Nico Panagio) en Jaci (Anel Alexander) keer terug in Semi-soeter, maar dié keer is daar ’n pienkvoet wat dalk hul professionele ambisies in die wiele kan ry… (of huil). 

Dis ’n familiekomedie met hope warmte en komiese oomblikke, perfek vir gesinskyk of ’n romantiese aand voor die TV. Die chemie tussen die karakters is aansteeklik en die storie vol sjarme. Dis oulik, lagwekkend en net lekker lig.

2

Tuiskoms 

Nou op Netflix beskikbaar.

Hierdie roerende drama is stadig en diep, maar absoluut die moeite werd. 

Dié Afrikaanse drama, waarin Amalia Uys ’n sjef, Fleur, speel wat oornag haar huis en restaurant verloor, is ook die laaste sien van die ontslape aktrise Michelle Botes op die kassie. 

Tuiskoms gaan oor terugkoms, verlies, genesing, familiegeheime en tweede kanse. ’n Storie wat jou emosioneel sal raak en jou herinner aan die krag van gemeenskap, hoop en vergifnis.

3

The Mommy Club: Van die Hoofstad 

Nou op Showmax beskikbaar. 

Styl, status en skerp tonge – dié is ’n show vol glans en drama. Hierdie mammas in Pretoria leef hul beste (en mees dramatiese) lewens, met mode wat Pinterest-waardig is en konfrontasies wat jou die messe wil laat wegsteek. ’n Realiteitsreeks wat jy nie kan afsit nie, oordrewe en verslawend op al die regte en lekkerste maniere.

4

Nou op Showmax beskikbaar. 

Of jy nou ’n aanhanger van tennis is of nie, Breekpunt tref jou hard. Hierdie sportdrama, met sterre soos Lorcia Cooper en bekende Arendsvlei-gesigte Cantona James, Chelsea Thomas en Sherman Pharo, lê die hoogs kompeterendewêreld van professionele sport bloot. Dis egter ook ’n storie oor vriendskap, verraad en drome wat nie maklik prysgegee word nie.

5

Nou op Showmax beskikbaar. 

Tienerdrama kry ’n vars Suid-Afrikaanse aanslag met Reënboogrant, gegrond op Louise van Niekerk se geliefde 90’s-boeke. Die Brink-familie, met tieners wat hul pad deur hoërskool, identiteit en sosiale struwelinge moet deurmaak, staan sentraal. Glansryk, eg, en propvol nuwe gesigte. ’n Nostalgiese én moderne kykervaring.

6

Die brug S2 

Kyk dit nou op kykNET/DStv Stream. Kyk ook die eerste seisoen op Showmax.

’n Realiteitsreeks met ’n metafoor? Ja, asseblief! In Die brug moet deelnemers ’n letterlike brug bou om ’n skatkis vol prysgeld te bereik, maar daar is ook ’n innerlike brug wat gebou moet word soos hulle ou traumas en die uitdagings wat die lewe op hul pad gespoeg het, moet oorkom. Dis Survivor met sielkundige insig, die asemrowende Suid-Afrikaanse natuur as agtergrond, en rou menslike drama. Seisoen 2 lig die lat nóg hoër en hierdie keer is daar nie net een span nie! Jy mag dit nie misloop nie.

7

Kokkedoor Vuur & Vlam S2 

Kyk dit op DStv CatchUp. Die eerste seisoen is ook op Showmax beskikbaar.

As jy lief is vir kookkompetisies, sal Kokkedoor Vuur & Vlam jou mond laat water! Hier word Suid-Afrikaanse braaivleis tot kunsvlak gebring met stories, smaak en persoonlikhede wat net soveel hitte soos die kole bring. Mededingend, vol hart en geure wat stadig tot perfeksie prut. Dis kos-TV soos jy dit nog nooit gesien het nie.

8

Lamb Champs

Kyk dit nou op kykNET/DStv Stream.

Ja, dit gaan oor skape, maar dis soveel meer as dit. Lamb Champs bring landbou en emosie saam in een pragtige reeks. Minki van der Westhuizen neem ons saam na die hart van Suid-Afrika se skaapboere met hul erfenisse, stryd en trots. Selfs al was jy nog nooit op ’n plaas nie, sal hierdie show jou hart roer. Ek is sommer ekstra dankbaar vir my braaitjoppie nadat ek hierdie show gekyk het en die mense wat met soveel hart daarvoor sorg.

9

Nou op Showmax beskikbaar. 

Dood was nog nooit só lewendig nie. Begrafnisondernemer Candice Austin straal lig uit met haar humor en outentieke gees. Die Ondernemers volg haar (en ’n paar ander begrafnisondernemers) se pad in ’n bedryf wat dikwels misverstaan word. Dit breek dit só oop dat daar ’n warmte ontluik wat selfs vir lekkerlag oomblikke sorg. Beslis ’n verrassende kykervaring. 

10

Mense van die Wind 

Nou op Netflix beskikbaar.

As jy lus is vir ’n romantiese drama met styl, moet Mense van die Wind boaan jou lys wees. Met die aantreklike Armand Aucamp in die hoofrol as ’n kunstenaar wat verlies en liefde balanseer, is hierdie fliek alles wat jy op ’n wintersaand wil hê… Hartseer, mooi, en meesleurend.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 11 stories in Julie misloop

’n Nuwe ‘Matlock’, Magda Louw op haar stukke, aksie-satisfaksie in ‘The Old Guard 2’, en die slotseisoen van die meesleurende reeks ‘The Sandman’ tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Julie 2025

Dolf staan by ’n kruispad, terwyl Bongi se liefdesbootjie sink... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Suidooster: Kaapse winter bring vlaag van vurige drama in Julie

Die een koue front ná die ander bring in Julie ’n vlaag van vuurwarm drama na ‘Suidooster’ se Ruiterbosch. Daar is rugstekery, misverstande, onsekerheid én gebroke harte. 

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Julie 2025

Agatha wriemel haarself telkens uit die moeilikheid en Petro stort ineen nadat sy iets uiters onverwags sien... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Julie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies