Menu terloops
In Gons [6 Nov 2024]

‘Boer soek ’n vrou’ S17: Boer Willie soek ’n liefie wat lewensvreugde met hom deel


Sy ideale meisie, vertel ‘Boer soek ’n vrou’ se boer Willie, is iemand wat dieselfde Christelike waardes as hy koester.

Stroom nou

‘Boer soek ’n vrou’ S17: Boer Willie soek ’n liefie wat lewensvreugde met hom deel

Willie (26), ’n makadamia- en wildboer van Badplaas, Mpumalanga, is een van die tien boere wat liefde in die 17de seisoen van kykNET se maatsoekreeks Boer soek ’n vrou wil vind en soek ’n vroulike pasmaat. 

Diep in die Laeveld is Willie die vierde generasie wat deel van die onderneming is. Hy boer saam met sy pa en sy ooms en beskou dit as ’n groot voorreg.

Behalwe dat hy glo hy hou daarvan om te boer omdat hy na sy pa opkyk, beskryf hy boerdery ook as ’n besigheid. En besigheid is sy kos.

Hy vertel sy ma raas soms as hy by hulle aan huis kom en nie onmiddellik sy hande was nie, maar Willie weet hoekom hy dit nie doen nie.

“Ek hou daarvan om bietjie daai natuur aan jou hande te hê – eet dan maar nou en dan ’n broodjie met vuil hande.”

Maar om alleen in ’n huis te bly, laat hom wens vir iets meer. Hy soek iemand wat dalk op ’n Saterdag saam met hom op die plaas sal rondry en ’n glasie wyn sal geniet – iemand wat lewensvreugde saam met hom kan deel. 

“Ek is lief vir die lewe, en ek hou van goeters doen,” sê hy. En sy ideale meisie? Sy moet iemand wees wat haarself kan versorg omdat hy uit só ’n gesin kom; iemand wat dieselfde Christelike waardes as hy koester.

Liefde is vir hom iets wat deur vertroue en eerlikheid onderskryf word.

Só beskryf hy homself:

Doelgerig, passievol, ekstrovert, ambisieus, ’n sin vir humor.

Belangstellings:

Dié ekstrovert hou van vlieg, jag, motorfietse, houtwerk, onthaal, braai en lekker saamkuier.

Wil jy vir ’n boer skryf?

Diegene wat vir een van die hubare boere ’n brief wil skryf moet ouer as 21 wees en ongetroud, geskei of ’n weduwee/wewenaar wees. Inskrywings moet voor middernag op 20 November ingedien word.

Persone wat die boere beter wil leer ken, kan dit op een van die volgende maniere doen:

  • Besoek www.kyknet.tv
  • Bel die vervaardigers, Wolflight, by 079 614 2229
  • Besigtig die boere se profiele op die Afrikaanse maatsoek-app, KOER
  • Voornemende pasmaats sal ook briewe of pakkies per koerier vir die boere kan stuur na een van dié twee adresse: Boer soek ’n vrou, Postnet 211, Privaatsak X15, Somerset-Wes 7129 OF
    Boer soek ’n vrou, Coronation-laan 11, Somerset-Wes 7130.

Digitale inskrywings, wat ook deur ’n video vergesel kan word, is welkom. 

Wanneer is dit op die kassie?

Reandi Grey bied vir die eerste keer Boer soek ’n vrou aan. Dié maatsoekreeks sal vanaf Augustus 2025 op kykNET uitgesaai word. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies