Menu terloops
In Wat om te kyk [24 Jun 2024]

‘Wyfie’: Jou kykgids vir Julie 2024


’n Skokontdekking wag op Mia in die laaste twee episodes van die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, se eerste aflewering.

Stroom 'Wyfie' aanlyn

‘Wyfie’: Jou kykgids vir Julie 2024

Wyfie oor ʼn groep universiteitsvriendinne, speel af by die Pantera-koshuis van die denkbeeldige Eike-universiteit.

Ná Julie se twee episodes hou dié karakters egter vir eers pouse. Maar net tot Dinsdag, 6 Augustus, wanneer dié universiteitsdrama met nog 45 episodes terugkeer. Hier is wat jy in die laaste twee episodes van dié seisoen van Wyfie op Showmax kan verwag.

Dinsdag, 2 Julie 2024

“Of puppies and men”

Kyla stuur ’n boodskap wat sy nie moet nie. Shay ontmoet iemand wat haar wêreld op sy kop draai, en Mia maak ’n skokontdekking.

“Kraaifontein”

Die Otters hou ’n oorslaap-naweek in Kraaifontein, maar Mia is nie haarself nie. ’n Speletjie dwing dan die waarheid uit Mia uit. 

En nou kom die wag…

Die tweede aflewering van Wyfie, wat uit 45 episodes bestaan, sal vanaf 6 Augustus 2024 op Showmax beskikbaar wees om te stroom.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies