Menu terloops
In Sepies [6 Mei 2024]

‘Suidooster’ se ‘Timmy Boy’ kom tot ’n val 


Min karakters het al vir kykers so die hel in gemaak soos die akteur Marco Spaumer se Tim du Plooy in ‘Suidooster’… Maar nou gaan hy boet!

‘Suidooster’ se ‘Timmy Boy’ kom tot ’n val 

Een van die mees gehate karakters op Suid-Afrikaanse televisie het in Maandagaand se episode van Suidooster tot ’n val gekom. 

Die afgelope paar weke het dié kykNET-sepie se aanhangers al begin moed opgee dat Tim du Plooy, wat deur die akteur Marco Spaumer vertolk word, óóit aan die pen gaan ry vir al sy wandade en wreedhede.  

“Die wiel het egter verlede week vir Tim begin draai nadat dit op die lappe gekom het dat hy nie net sy vrou, Zoë (Lauren Joseph), laat ontvoer het nie, maar haar boonop laat glo sy is die dogter en erfgenaam van haar oorlede oom Ian October se sakeryk,” sê Wilmer Müller, Suidooster se publisiteitsbestuurder. 

“Ian was getroud met een van Tim se aartsvyande, Bridgette Jacobs (Denise Newman), en dié twee het mekaar telkens probeer uitoorlê. Hoewel Bridgette vir Zoë soos haar eie dogter behandel het, het hul verhouding weens Tim se gekonkel die afgelope tyd verbrokkel.” 

Tim, na wie ook as “Timmy Boy” in die sepie verwys word, se kaartehuis het verlede week begin tuimel toe hy in ’n laaste desperate poging probeer het om sy voetspore dood te vee. 

Ek wou dit nooit hardop sê nie, maar dis ’n jol om ’n skurk soos Tim te speel.

Marco Spaumer
Suidooster Tim
Tim skiet vir Nazeem en Zoë koes. Foto: Verskaf

Dinge het egter vir Tim lelik skeef begin loop nadat hy deur Zoë, Bridgette en Nazeem (Irvine van der Merwe) gekonfronteer is. Tydens dié konfrontasie het Tim vir Nazeem geskiet. Ná ’n struweling is Tim ontwapen en uiteindelik in hegtenis geneem.

In Maandagaand se episode het Tim in die hof verskyn en is hy borgtog geweier, wat ‘n spanningsvolle hoofstuk afsluit. Marco, wat deel is van Suidooster se oorspronklike rolverdeling, verlaat ook nou die sepie. 

“Ek wou dit nooit hardop sê nie, maar dis ’n jol om ’n skurk soos Tim te speel,” sê Marco oor sy karakter. 

“Ek kan nie glo mense kyk ’n program en raak so warm onder die kraag vir ’n fiktiewe karakter nie. 

“Tog is dit ’n enorme voorreg om in ander sepie-booswigte se voetspore te volg en terselfdertyd my eie spore na te laat.

“Dit vreemd om Suidooster te groet, want dit is ’n tipe verlies vir my om van Tim afskeid te neem. Hy was so lank deel van my lewe. Tog is ek opgewonde wat nou vir my voorlê,” sê Marco.


Suidooster saai Maandae tot Vrydae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET & kie uit. Dit is ook beskikbaar op DStv Stream en Showmax. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies