Menu terloops
In Lysie-lysie [3 Apr 2023]

8 lewenslesse wat ons van ‘Succession’ en ‘Billions’ kan leer


‘Succession’ en ‘Billions’ is twee dramareekse wat ’n bekroonde blik op die mag van rykdom gee. Met ‘Succession’ se vierde (en finale seisoen) wat pas op Showmax beskikbaar gestel is, lig ons ’n paar waardevolle lewenslesse uit wat kykers van dié stories kan leer.

Deur Watkykjy

Kyk nou Succession

8 lewenslesse wat ons van ‘Succession’ en ‘Billions’ kan leer

Geld is ’n bliksem. Dié (meeste van ons) wat dit nie in oorvloed het nie, reken onder meer “geld is nie alles nie” en “geld kan nie geluk koop nie”. Tog wil ons in ’n mate sukses bereik in ons lewens, ’n aanvaarbare vlak van semi-gemak ervaar… Of net blerriewel oorleef! Ongelukkig kos dít alles geld. 

Ons almal is ook bewus van ’n finansiële wêreld wat nie vir ons beskore is nie. Daar waar borderline versteurde rykgatte soos Bezos en Musk letterlik in die buiteruim kompeteer met falliese vuurpyle. Ons gaan nie juis baie by hulle leer nie, so kom ons wend onsselwers eerder na twee gewilde en bekroonde TV-reekse (Billions en Succession) oor soortgelyke fiktiewe magnate en kyk of ons leedvermakerig iets waardevol by die karakters kan leer om ons bankbalans bokant die rooi te laat dobber. 

Beide Billions en Succession ondersoek temas soos mag, rykdom, korrupsie, asook die uiterstes waartoe mense gedryf word om hul doelwitte te bereik. Dit bring ook die persoonlike lewens van die karakters, insluitend hul huwelike, buite-egtelike verhoudings, gesinsdinamika en dies meer, onder die loep.

Kortliks, volg Billions die intense mededinging tussen die Amerikaanse prokureur Chuck Rhoades (gespeel deur Paul Giamatti; John Adams) en die hedge fund miljardêr Bobby Axelrod (gespeel deur Damian Lewis, ook te sien in die moet-kyk-reeks Band Of Brothers).

In Succession, ontmoet ons die Roy-familie, eienaars van ’n media-reus genaamd Waystar Royco. Die verhaal draai om die magstryd en vieslike geveg tussen ’n versameling disfunksionele familielede wat mekaar probeer uitoorlê vir beheer oor die familie se nalatenskap Die onsimpatieke patriarg se rol word deur Brian Cox vertolk (The Bourne Supremacy en The Bourne Identity).

Al die goorheid tersyde gestel, kan ons wel waardevolle en inspirerende lesse by Billions en Succession – albei op Showmax beskikbaar om te stroom – se karakters leer:

1

Aanpasbaarheid

In besigheid (en in ons lewens) verloop dinge selde soos beplan. Beide reekse demonstreer die belangrikheid van aanpasbaarheid en om buigsaam te wees om sukses te behaal as dit by veranderende omstandighede kom.

2

Die goorheid van gierigheid

Die Bybel roep dit hebsug. Dit laat my dadelik aan vlamme, ’n geskreeu en ’n gekners laat dink. Die negatiewe gevolge van hebsug en die strewe na mag word baie sterk uitgelig in beide reekse, maar dalk ’n bietjie meer in Succession (veral in die nuutste seisoen).
Ons kan uit die karakters se foute leer om eerder na meer balans en etiese besluitneming te streef. 

3

Netwerk ’n ding raak

Sukses verg amper altyd ’n sterk netwerk. Of dit nou in jou persoonlike lewe, by die werk of jou eie besigheid is. Dit vra vir die vestiging en bou van goeie verhoudings en connections met die ‘regte mense’. Dit hoef nie noodwendig invloedryke mense te wees nie, net ‘lekker’ mense. Ons dam se ganse, sou jy probs reken.

4

Strategiese denke

Dit klink  nou soos ’n universiteitspraatjie, maar dis feite. Jy moet strategies wees om sukses te behaal. Dis soos skaak. Beplan jou volgende skuif, maar moet dit nie op ’n goor manier doen soos die spoiled brats in Succession nie. Be less them and more you, capish? 

5

Harde werk en volharding

Dit klink soos ’n skoolleuse en jy het waarskynlik juis op skool met dié sentiment kennis gemaak. Jy sal beter weet of jy tot dusver ’n kansvatter is of net moerse lucky was. Die belangrike ding is om altyd moed te hou, selfs wanneer daar groot terugslae is. Die res van die tyd? Kop af, werk hard, beweeg vorentoe!

6

Onderhandel so ’n bietjie

Hande op, wie suck hiermee? Ja, amper almal van ons! Daar is net eenvoudig te veel dinge wat in plek moet val om ’n suksesvolle en vaardige negotiator te wees. Jy moet enige situasie binne ’n oogwink kan opsom, jou tydsberekening moet eksieperfeksie wees en jy moenie daar met ’n mond vol tande staan nie. In beide reeks is daar boonop die kwessie van leverage. Probeer egter om te onderhandel sonder om vuil te speel. Die Afrikaanse popgroep, Van Pletzen, reken: “Be leggeh!”. Jack Parow het ook ’n goeie lyn, maar ons kan nie p-bomme hier drop nie…

7

Etiek en moraliteit

’n Goeie rugbyafrigter sou nou gesê het: “Hier gaan ons nou short kom, boys!” want die karakters in beide Succession en Billions het die dag toe etiek en moraliteit uitgedeel is, nie eers in die ry gaan staan nie. Trouens, hulle was heel moontlik besig om iemand in te doen. Die voor die hand liggende les is dus om nie soos hulle op te tree nie.

8

Emosionele intelligensie

Emosionele intelligensie is ’n absolute kritieke vaardigheid in beide sake- en persoonlike verhoudings, indien nie dié belangrikste life skill nie. Die vermoë om mense in enige situasie te kan lees en jou gedrag daarvolgens aan te pas, maar ook terselfdertyd jou eie emosies in toom te hou, is goud werd! 


Kyk gerus ook Steinheist en sien vir jouself hoe dinge skeefgeloop het en waar jy hierdie agt waardevolle lesse positief sou kon inspan.  

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies