Menu terloops

Without Sin S1

Op Showmax [Gepubliseer op 5 Jun 2023]


Die ‘Line of Duty’-aktrise, Vicky McClure, word deur die bank vir haar spel in die rillerreeks ‘Without Sin’ geprys.

Kyk nou

Without Sin S1
Kyk lokprent

In Without Sin vertolk die bekroonde Line of Duty-aktrise Vicky McClure ’n ma wat in diepe rou gedompel is nadat haar tienerdogter vermoor word. Sy konfronteer later die man wat agter tralies vir dié moord is, en ontdek iets wat haar lewe omdolwe. 

Die storie ontvou as beide ’n sielkundige riller én ’n ontdekkingstog deur die nuanses van rou.

McClure is deur die bank vir haar spel geloof. The Guardian beskryf die reeks as ’n “samesweringsdrama uit die boonste rakke” met dieselfde tipe gravitas en trefkrag as die Britse dramareeks, Happy Valley. Dit loof McClure ook as “fantasties in hierdie swaargewig riller”.  


Without Sin is vanaf Maandag, 5 Junie 2023, op Showmax beskikbaar. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies