Menu terloops
In Lysie-lysie [22 Nov 2022]

Wie’s wie in ‘Tali’s Joburg Diary’


Die bekroonde plaaslike komedie is terug met ’n derde seisoen as Tali en kie. terugtrek na die Goudstad in ‘Tali’s Joburg Diary’.

Kyk nou

Wie’s wie in ‘Tali’s Joburg Diary’
Kyk lokprent

Sy het dalk die pandemie oorleef, maar haar beursie? Uhm… Not so much. Trouens, in Tali’s Joburg Diary, sukkel Tali om haar spoggerige leefstyl te finansier. Sy aanvaar noodgedwonge ’n reddingsboei, maar dit beteken ook sy en die fam moet na die Goudstad terugtrek. Tali laat nie op haar wag nie – hierdie is immers ’n geleentheid om bewind as Queen Bee van Jozi oor te neem en vir Jayden by ’n fancy kleuterskool in te kry.

Tali’s Joburg Diary is vanaf 18 November op Showmax beskikbaar om te stroom. Nuwe episodes sal weekliks beskikbaar gestel word. 

Kyk ook die vorige twee Tali-reekse ook op Showmax:

Hier is ’n oorsig van dié seisoen se hoofkarakters:

1

Julia Anastasopoulos as Tali

Tali's Joburg Diary Julia

Julia het bekendheid verwerf as die skreeusnaakse doyenne van doen-dit-self, SuzelleDIY. Nadat sy miljoene YouTube-aanhangers opgetel het, het Julia, ook ’n bekende illustreerder en kunstenaar, haar nuwe skepping aan die wêreld bekendgestel: Einste Tali. Julia is getroud met medeskrywer en regisseur Ari Kruger. Die egpaar besit Sketchbook Studios, wat al drie seisoene van Tali vervaardig het.

2

Anton Taylor as Darren

Tali's Joburg Diary

Anton, gebore en getoë in Kaapstad, het ’n reeks snaakse YouTube-video’s gemaak voordat hy ’n as “Darrennnnn-ah” bekend in Tali bekend geword het. Behalwe dat hy ’n skreeusnaakse komedie-akteur is, is Anton ook ’n rugbykommentator vir SuperSport. Lees ook Watkykjy se onderhoud met hom.

3

Glen Biderman-Pam as Rael

Tali's Joburg Diary

Benewens sy werk as akteur, is Glen ook ’n bekende stand-up komediant. Sy satiriese YouTube-video, My Kreepy Teacher, wat die grap gevat het met die dokkie My Octopus Teacher, het kort ná vrystelling viral gegaan. In Tali speel hy Rael Rosen, ’n wannabe mover and shaker.

4

Kate Normington as Michelle

Tali's Joburg Diary

Kate is ’n veteraan van verhoog en skerm – plaaslik en internasionaal – met produksies vanaf Kaapstad tot London se West End. Sy is die wenner van verskeie Fleur du Cap- en Naledi-toekennings, en as Tali se ma, Michelle, kry sy die geleentheid om haar komedie-spiere te strek. 

5

Troy Davy as Jayden

Tali's Joburg Diary

Ontmoet Tali en Darren se kleuter, Jayden!

6

Sharon Spiegel Wagner as Monique the Beak

Ook nuut in die rolverdeling is Sharon Spiegel Wagner as Monique the Beak – ’n eina doring in Tali se vlees dié seisoen.

7

Kate Pinchuck as Taryn Wiener 

Tali's Joburg Diary

Kate het haar debuut in die Tali-wêreld in Tali’s Baby Diary as Darren se lomp niggie, Taryn, gemaak en keer terug vir die Johannesburg-shenanigans.

Ook in die rolverdeling:

  • Coconut Kelz / Lesego Tlhabi as haarself
  • Stephanie Anastasopoulos (Julia se suster) as Tali se suster, Mikaela
  • Guy de Lancey as Tali se pa, die eiendomsmagnaat, Les Shapiro
  • Lucienne Bestall as Ashley
  • Ndoni Khanyile as die skoolhoof van Little Angels Hyde Park, Barbara Bhembe

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies