In Antieke Afrika kom vyf stamme byeen vir ’n koning se troue, maar die einde van die wêreld is ook op hande – dís die onheilspellende premis van Showmax se nuwe reeks, Blood Psalms.
Blood Psalms is ’n epiese verhaal wat meerendeels om Zazi, die tiener-erfgenaam van die Akachi-troon, se opgang na mag draai. Sy moet nie haar mense van oer-oue vloeke, stam-vendettas en die gode se woede bevry, terwyl sy ook haarself opnuut ontdek.
Bloot uit die reeks se lokprent, kan ’n mens sien bloed word mildelik verspil in die soeke na mag.
Die Showmax Original Blood Psalms is vanaf 28 September op Showmax beskikbaar. Die reeks sal afskop met twee episodes om te binge, waarna daar weekliks nuwe episodes vrygestel word.
Hier is jou gids oor die menigde karakters in die reeks, asook die stamme waaraan hulle behoort.
Die Akachi
Bokang Phelane as Prinses Zazi
Prinses Zazi is die erfgenaam van die Akachi-troon, en dogter van koning Letsha en Ndiya Zazi van die Chini-stam. Zazi is die sleutel tot ’n profesie wat sê dat haar mense op haar 18de verjaardag ’n ramp sal ervaar.
Mothusi Magano as Koning Letsha
Koning Letsha het ’n bloedverbond met die God van Towerkrag, Heka, gesluit. Hy het ingestem om sy vrou, Ndiya Zazi, te vermoor sodra sy geboorte geskenk het. Maar die god het hom bedrieg: die towerkrag sal deur sy dogter, Zazi, terugkeer – maar die terugkeer daarvan sal die einde van sy tyd as koning beteken.
Koningin Assili van die Uchawi het koning Letsha onder haar duim. Sy het hom oortuig dat hy Zazi moet doodmaak voordat sy 18 word. Soos die verhaal van Blood Psalms begin, kom die vyf stamme bymekaar vir koning Letsha se troue met koningin Assili se dogter.
Sello Maak Ka Ncube as Nkamanzu
Nkamanzu, koning Letsha se oom, is moeg daarvoor om konings te dien. Hy beplan om van die monargie ontslae te raak en die Akachi met ’n raad te regeer. Wanneer dit lyk of die koning mal word, probeer Nkamanzu die situasie tot sy eie voordeel gebruik.
Zolisa Xaluva as Generaal Toka
Toka is die gerespekteerde generaal van die Akachi-weermag, en ’n man met baie geheime. Hy is as ’n Ku’ua gebore en dit het hom baie jare geneem om die vertroue van die Akachi te wen. Hy het egter foute gemaak wat sal terugkeer om by hom te spook.
S’dumo Mtshali as Lekoya
Lekoya is tweede in bevel in die Akachi-leër, ná generaal Toka, en is lojaal aan sy bevelvoerder en aan die Akachi-koninkryk. As hy verraad ontdek, weet hy nie wat om te doen nie. Dit gee koningin Assili ’n kans om hom na haar kant toe oor te wen.
Albert Ibokwe Khoza as Madlamini
Madlamini is prinses Zazi se oppasser, maar dié het ook ’n ander, geheime, rol. Madlamini is meer as ’n blote dienaar en het baie mag agter die skerms van die Akachi-koninkryk.
Thabo Rametsi as Kaptein Ahadi
Kaptein Ahadi is ’n dapper en lojale soldaat wat saam met drie ander soldate op ’n gevaarlike sending gestuur word.
Warren Masemola as Mfengetho
Mfengetho is Nkamanzu se regterhand, ’n priester van die Akachi. Hy is ook baie magtig, met toegang tot baie geheime, en werk om dinge agter die skerms tot sy voordeel te verander.
Sello Motloung as die Antieke Monarg
Koning Letsha se pa spook by hom, maar dié weet nie dat hy dood is nie. Die Antieke Monarg is dood terwyl hy sy seun in ’n aanval beskerm het.
Hlubi Mboya as Ndiya Zazi
Ndiya Zazi was ’n Chini-diensmeisie wat met die Akachi-koning, Letsha, getrou het. Maar dit het haar nie beskerm nie: 18 jaar gelede is sy wreed deur haar eie man opgeoffer nadat sy aan haar dogter, Zazi, geboorte geskenk het. Maar haar gees het agtergebly om haar dogter deur haar donkerste ure te lei.
Die Uchawi
Faith Baloyi as Uchawi-koningin Assili
Koningin Assili is heerser van die Uchawi-koninkryk.
Jare tevore het die god, Heka, vir Assili kwaad gemaak deur die jong diensmeisie, Ndiya Zazi, bo haar te kies om die Magie van die Orde te wees. Om van haar ontslae te raak, het sy koning Letsha oortuig om haar dood te maak.
As Magie, kan koningin Assili die elemente beheer – maar as sy nie die reën tydens ’n droogte kan laat val nie, besef sy sy moet iets doen om haar kragte terug te kry. Sy sal enigiets doen om haar mag oor koning Letsha te behou, selfs haar enigste dogter, Thozama, vir hom gee om sy bruid te wees.
Niza Jay as Teborah
Teborah is die seun van koningin Assili en Ntuka, ’n tienerprins wat sy ma haat. Hy is nie net by sy suster se troue vir die gees nie: Teborah het ’n geheime opdrag van die Serpentine Elementals.
Thando Thabethe as die Gesant van Heka, die God van Towerkrag
Hierdie slang-swaaiende gesant, is die stem van die god Heka op aarde, en verskyn as die stem van die god as hy deur die Serpentine Elementals opgeroep word. Sy sal praat met wie ook al bereid is om ’n offer te maak om haar te sien – maar jy sal nie altyd hou van wat sy te sê het nie.
Khanya Mkangisa as Die Nimf
Die Nimf is die stem van die Serpentine Elementals, en vertolk wat die Elementals van die gode hoor.
Die Ku’ua
Bongile Mantsai as Hlengu
Die tweede seun van hoofman Xemantso van die Ku’ua-stam. Hlengu wil sy stam help terugkeer na hul voormalige glorie as krygers. Maar as die jonger seun is die hoofmanskap nie vir hom beskore nie, en beplan hy om die troon van sy ouer broer, Qotha, te steel. Hy is ’n soldaat wat nie altyd met integriteit optree nie.
Hamilton Dlamini as Qotha
Qotha is die erfgenaam van die Ku’ua-hoofmanskap, en ’n slim man. Sy pa, die hoofman, het vrede gemaak met die Akachi-stam, en hy wil graag die vrede voortsit. Hy weet sy pa verkies sy broer, Hlengu, en hy sukkel om sy stam te kry om hom te respekteer. Hy is getroud met Lala.
Soso Rungqu as Lala
Lala is Qotha se dapper vrou. Sy wil koningin word – ongeag wat sy moet doen om die kroon te kry. Sy is bekommerd dat haar man nie sterk genoeg is om die hoofmanskap vir homself te neem nie.
Vusi Thanda as Hoofman Xemantso
Hoofman Xemantso is die hoof van die Ku’ua-stam. Hy het vrede bewerkstellig met koning Letsha op die slagveld, en albei het belowe om oorlog tussen hul stamme te beëindig. Maar die Ku’ua is krygers en Xemantso se seun, Hlengu, beplan om hul mag terug te kry.
Thishiwe Ziqubu as Kuthala
Kuthala is die magtigste vegter van die Ku’ua-stam. Sy is verwant aan Lala en bereid om ’n gevaarlike opdrag van haar te aanvaar. Hierdie fiere vrou vertrek na die Akachi-sitadel om dit uit te voer.
Die Chini
Mandisa Nduna as Burutti
Burutti is ’n weeskind wat saam met die ondergrondse Chini-stam woon. Sy is as baba deur Mother Superior gevind en ingeneem. Sy het vreemde drome oor ’n ander jong vrou, en voel hulle is op een of ander manier verbind. Burutti weet nog nie hoe magtig sy werklik is nie – of wie sy is nie.
Burutti is altyd in ’n stryd met die Chini-leier, Overseer Mzinzi, gewikkel synde sy die Chini van hul ondergrondse wegkruip-lewe wil bevry.
Faniswa Yisa as Mother Superior
Mother Superior is die bewaarder van die ou geheime, en die matriarg van die Chini-mense. Sy word vervloek en gejag en woon ondergronds. Mother Superior probeer om die boodskappe van die gode te verstaan. Sy besef gou wie die Uitverkore een is, en weet sy moet ten alle koste beskerm word.
Thembekile Komani as Overseer Mzinzi
Die hoof van die Chini en die seun van Mother Superior. Mzinzi is ’n sterk leier wat in die reëls glo. Hy stry dikwels met Mother Superior omdat sy Burutti met riskante gedrag laat wegkom. Hy wil sy mense beskerm – al beteken dit dat hulle weggesteek moet bly in die grotnetwerk wat hulle hul tuiste gemaak het.
Awethu Hleli as iLitye
’n Kind van die Chini en Burutti se beste vriend. iLitye ken die ondergrondse werking van die Chini-grotnetwerk die beste, aangesien haar oupa dit geskep het. Sy is dikwels verskeur tussen haar lojaliteit aan Mzinzi en aan Burutti en bevind haarself in die moeilikheid as sy Burutti help.
Die Nziwemabwe
Richard Lukunku as Abun Ra Jabari
Jabari word van die magtige Groot Nziwemabwe gestuur om die koning se troue by te woon. Sy eintlike taak is egter om die koning te oortuig om grond terug te gee. As die koning weier, beplan die hy om sy leër te gebruik om hom te dwing.
Zikhona Sodlaka as Sithenjwa
Sithenjwa keer terug na die Akachi-sitadel nadat sy 18 jaar weggekruip het. Sy is Ndiya Zazi se suster en het weggehardloop nadat sy koning Letsha probeer doodmaak het. Sy kom terug aan die kant van Jabari en beplan om uiteindelik wraak te neem.
Toe sy weghardloop, het sy alles agtergelaat, insluitend haar babadogtertjie.
Uit ander groepe in Blood Psalms
Enhle Mbali Mlotshwa as Umna
Vermom as ‘n sirkuskunstenaar wat vir die troue gehuur is, reis Umna te voet saam met haar groep na die troue. In die geheim is sy deel van die Order of the Golden Dawn, en sy is op ’n missie. Sy is die dogter van Madlamini, en sy is vasberade.
Siv Ngesi as Onyo
Hy word die “Lord of the Netherworld” genoem, maar Onyo is ’n man van geheime. Hy behoort nie aan enige stam nie, en word deur die Akachi gevange geneem. Onyo gee net om vir sy eie mag, en nie vir enigiemand anders nie.