Menu terloops
In Wat om te kyk [18 Aug 2022]

Kyk nou: Eerste lokprent vir epiese nuwe Showmax-reeks, ‘Blood Psalms’ 


Die Afrika-fantasiereeks ‘Blood Psalms’ sal vanaf 28 September met weeklikse episodes op Showmax uitgesaai word.

Kyk vanaf 28 September

Kyk nou: Eerste lokprent vir epiese nuwe Showmax-reeks, ‘Blood Psalms’ 
Kyk lokprent

In Showmax se nuutste oorspronklike reeks, Blood Psalms, blyk die einde van dae op hande te wees. In die eerste lokprent vir dié aksiebelaaide fantasiereeks – ’n ko-produksie met CANAL+ – sien ons hoe bloed mildelik verspil word, als in die soeke na mag. Die storie speel af in Kemet, in Antieke Afrika, sowat ’n duisend jaar ná die val van Atlantis. Die geboorte van prinses Zazi (vertolk deur Bokang Phelane, Isidingo) bring egter ook ’n profesie: die einde van dae sal op haar 18de verjaardag begin ontvou.

Die reeks is ’n “herverbeelding van onsself as Afrikane, as ’n antwoord op die vraag ‘wie is ons?’,” sê Phelane. “Dit is op ’n baie vermaaklike manier gedoen, met baie drama en aksie.”

Die reeks sal vanaf 28 September met weeklikse episodes op Showmax uitgesaai word.

Die skeppers is Layla Swart en Jahmil X.T. Qubeka van Yellowbone Entertainment. Hulle was ook verantwoordelik vir Suid-Afrika se inskrywing vir die 2020-Oscars, Knuckle City. Dié boksdrama was die mees bekroonde rolprent by die 2020 SAFTA’s, waar dit ses toekennings gewen het.  

“Wat ons probeer doen, is om die kontinent se geskiedenis vanuit ’n Afrika-perspektief te herwin,” sê Swart.

Blood Psalms put uit elemente van ’n menigte Afrika-mitologieë en kyk na verskeie verskillende stamme in die eerste seisoen – die Akachi, die Uchawi, die Ku’ua, die Chini en Groot Nziwemabwe – soos hulle suid van Kemet (nou Egipte) migreer en hul kulture vorm.”

Blood Psalms
’n Toneel uit die eerste seisoen van Blood Psalms. Foto: Verskaf/Showmax

Mothusi Magano, wenner van vier SAFTA’s, speel Zazi se pa, die van-sy-kop-af-mal koning Letsha. Gomora– en Knuckle City-ster Zolisa Xaluva is Generaal Toka, die hoof van Letsha se Akachi-weermag.

Blood Psalms is ’n moerse rit en dit is nog nooit vantevore gedoen nie,” is Magano dit eens. “Vir Afrikane gaan ons geskiedenis meestal 200 jaar terug. Dit is wat ons gegee is, en dit is vanuit Westerse perspektiewe. Ons weet regtig niks van ons eie geskiedenis nie. So Blood Psalms stel baie vrae en gee mense baie om oor na te dink.”

Sterbelaaide rolverdeling

Onder die fantasiereeks se talentvolle spelers tel die SAFTA-wenners Bongile Mantsai (Knuckle City), Hamilton Dlamini (Five Fingers For Marseilles), Hlubi Mboya (Isidingo), Siv Ngesi (DAM), Richard Lukunku (Happiness Is A Four-Letter Word), Thando Thabethe (Reyka), Zikhona Sodlaka (The Wife), Faniswa Yisa (DAM), Faith Baloyi (Flatland) en Thabo Rametsi (Kalushi, Silverton Siege).

Ook in die rolverdeling is Sello Maake kaNcube (The Herd) wat op die uitsluitlike gebruik van Afrikatale in die reeks as ’n hoogtepunt wys. 

“Een ding wat vir ons briljant was, was geen gebruik van ’n Engelse woord, hoegenaamd nie,” sê Maake kaNcube. “Dit was ’n groot uitdaging, selfs vir baie akteurs. Die meeste van die tyd is ons gewoond daaraan om ’n mengsel van Afrikatale en Engels te doen. Hierdie keer is die dialoog net in Afrikatale.”

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies