Menu terloops
In Wat om te kyk [5 Feb 2024]

Wat om te kyk: ‘The Whale’, ‘No Hard Feelings’, ‘Lover, Stalker, Killer’ (ril!) en meer


Dié week se TV-gids sluit in een van die snaakste flieks van 2023, ’n ware misdaaddokkie wat jou twee keer gaan laat dink oor online dating en Brendan Fraser se Oscar-bekroonde vertolking in ‘The Whale’. Lees verder vir ons keur van vandeesweek se beste keuses, aanlyn en op TV.

Wat om te kyk: ‘The Whale’, ‘No Hard Feelings’, ‘Lover, Stalker, Killer’ (ril!) en meer

Wat om te kyk op TV en aanlyn te stroom hierdie week – hier is ons top-keuses vir 5 tot 11 Februarie 2024.

Neem asseblief kennis dat datums en titels moontlik kan verander.

No Hard Feelings

Vanaf Maandag, 5 Februarie 2024, op Showmax beskikbaar om te stroom. 

No Hard Feelings is alles waarvan jy hou van Jennifer Lawrence in een fliek saamgevoeg en vergroot: haar plat-op-die-aarde oneerbiedigheid, haar komiese tydsberekening, haar eiesoortige natuurlikheid en haar onverwagte sensitiwiteit.” Só skryf die San Francisco Chronicle oor Jennifer Lawrence se Golden Globe-benoemde vertolking as Maddie in dié aweregse, awkward komedie. 

Maddie is op die punt om haar grootwordhuis te verloor as sy ’n vreemde job listing raaklees. Die ouers van ’n erg skaam en introvert 19-jarige seun is op soek na iemand om hom te date en te help uit sy dop kruip voordat hy die huis vir universiteit verlaat. Maar wat Maddie gedink het ’n sommerso job gaan wees, is toe baie meer… kompleks.

Dié fliek was ’n lokettreffer in 2023 en is ook as die komediefliek van die jaar benoem by beide die People’s Choice- en die Critics’ Choice-toekennings. 

Killing It S1

Weeklikse episodes vanaf Vrydag, 9 Februarie 2024 op Showmax. 

Killing It is deur die kreatiewe span wat ook die heerlike Brooklyn Nine-Nine geskep het, en draai om een ou se gejaag al agter die sogenaamde “American dream” aan. Craig is ’n sekuriteitswag by ’n bank in Miama, maar sukkel om kop bo water te hou. Ook in die mix is ’n effe moeilike verhouding met sy eks soos hulle hul dogter, Vanessa, grootmaak. Craig het groot planne om ’n entrepreneur te word, maar niks kom nooit tot ’n punt nie… Dis totdat hy paaie kruis met ene Jillian wat vir hom als vertel oor die wilde wêreld van slange vang – en die reuse-paycheck wat daarmee saamgaan.

Craig Robinson (Doug Judy in Brooklyn Nine-Nine) vertolk die hoofrol met die Emmy-benoemde komediant Claudia O’Doherty (Our Flag Means Death), Scott MacArthur (The Righteous Gemstones) en Stephanie Nogueras (Switched at Birth, Grimm) ook in die rolverdeling. 

Die eerste seisoen het ’n punt van 90% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes met kritici-konsensus wat lui: “…Killing It is ’n slim satire van ’n dog eat dog-wêreld.”

Die tweede seisoen, wat reeds in Amerika uitgesaai is, is egter nog beter ontvang – dit spog met 100% op Rotten Tomatoes met AV Club wat dit prys vir die veelvuldige genres waarin dit speel. “…Dis ’n meta-komedie, ’n aangrypende riller, en dikwels ’n emosionele sage. Maar wat Killing It laat uitstaan, is dat dit ook ’n striemende samevatting van vandag se samelewing is.”

The Whale

Stroom nou op Showmax.

Brendan Fraser het ’n Oscar gewen vir sy loopbaanbeste-vertolking as Charlie in The Whale

The Whale vertel die storie van ’n teruggetrokke Engelse onderwyser wat met lewensgevaarlike vetsug leef. Hy probeer dan om met sy vervreemde tienerdogter kontak te maak nadat hy agt jaar vantevore vir haar en haar ma agtergelaat het. Intussen het daar baie, baie water in die see geloop en die geraamtes tuimel uit die kas uit soos die storie ontvou. 

Hierdie is ’n hartverskeurende fliek met ’n diepgaande, roerende eerlikheid. Die fliek, met regie deur die bekroonde Darren Aronofsky (Black Swan, The Wrestler, Requiem for a Dream), is gegrond op ’n teaterstuk deur Samuel D. Hunter. Volgens Aronofsky het dit meer as ’n dekade gevat om die fliek gemaak te kry omdat hy gesukkel het om die regte akteur vir die rol van Charlie te kry. Dit was Fraser se spel in die fliek Journey to the end of the night wat hom uiteindelik oortuig het dat hy sy Charlie gevind het. 

Soos die Associated Press dit stel: “Hierdie is ’n fliek wat jou vir altyd blybly en jou verander.”

One Day 

Vanaf Donderdag, 8 Februarie 2024, op Netflix beskikbaar. 

Kyk, die gelyknamige 2011-fliek met Anne Hathaway en Jim Sturgess, het vir my snot en trane laat huil. Daar’s ’n deel van my wat dink ek moet glad nie hierdie reeks kyk nie, en ’n ander deel wat brand om te sien hoe ’n TV-weergawe van die oorspronklike boek deur David Nicholls dan sal lyk. 

Soos die boek – en die fliek – volg die reeks ook die verhaal van Emma en Dexter wat nadat hulle die dag graad gevang het, ’n heel platoniese aand saam spandeer. Die volgende dag slaan hulle elkeen egter verskillende roetes in… tog bly hul paaie kruis en hul lewens verweef. 

Lover, Stalker, Killer

Vanaf Vrydag, 9 Februarie 2024, op Netflix beskikbaar. 

Uhm, ja, so. Hierdie is ’n dokkie wat jou armhare gaan laat rys… en dit daar gaan hou. Dis absurd, dis vreemd en dis blerrie scary. 

Lover, Stalker, Killer is ’n ware misdaadverhaal wat vertel oor hoe ’n mechanic se lewe onherroeplik verander het (en nie ten goede nie) toe hy online dating vir die eerste keer probeer, en ’n vrou ontmoet het wat toe ’n dodelike obsessie met hom ontwikkel het. 

“Ek het gedink ek het alles gesien,” vertel die speurder wat die saak destyds ondersoek het in die dokkie. “Maar ek het nog nooit iets soos dit gesien nie.” 

Jy ook nie. Sjoe. 

Ook nuut: 

Reeds beskikbaar in Februarie:

House, M.D.: S1-8, Netflix 

Mr. & Mrs. Smith S1, Prime Video 

Full Circle S1, Showmax

Argylle, Apple TV+

Vanaf 5 Februarie 2024:

Dee & Friends in Oz, Netflix 

Vanaf 7 Februarie 2024:

Love Never Lies Poland: S2 Deel 2, Netflix

Raël: The Alien Prophet, Netflix 

Luz: The Light of the Heart, Netflix 

Alpha Males: S2, Netflix 

A Killer Paradox, Netflix 

Ashes, Netflix 

Bhakshak, Netflix  

Vanaf 9 Februarie 2024:

Upgraded, Prime Video

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies