Menu terloops
In Wat om te kyk [20 Nov 2023]

Wat om te kyk: ‘The Diplomat’, ‘Napoleon’, ‘Richard Williams’-dokkiereeks en nog


Wat om te kyk: ’n Epiese vertelling oor Napoleon en sy geliefde Joséphine in ‘Napoleon’; die Britse reeks ‘The Diplomat’ op Showmax; en ’n oënskynlike doodgewone gesin se wêreld wat ná ’n moord ineenstort in ‘A Nearly Normal Family’ tel onder vandeesweek se beste keuses, aanlyn en op TV.

Wat om te kyk: ‘The Diplomat’, ‘Napoleon’, ‘Richard Williams’-dokkiereeks en nog

Wat om te kyk op TV en aanlyn te stroom hierdie week – hier is ons top-keuses vir 20 tot tot 26 November 2023. 

Neem asseblief kennis dat datums en titels moontlik kan verander.

The Diplomat S1

Vanaf 24 November 2023 op Showmax. 

Dié sesdelige Britse reeks, The Diplomat, volg Laura Simmonds (Sophie Rundle, Gentleman Jack), ’n diplomaat wat in Barcelona, Spanje, woon. Tesame met haar kollega by die Britse konsulaat, Alba Ortiz (Serena Manteghi), poog hulle om ’n groep Britte wat in dié Spaanse stad in die moeilikheid beland te beskerm. 

Ook deel van die rolverdeling van dié politieke rillerreeks is onder andere Laia Costa (Devils) en Danny Sapani (Harlots). 

Napoleon

Vanaf 22 November 2023 op Apple TV+ beskikbaar. 

Dié historiese aksiefliek vertel oor die opkoms en uiteindelik val van die ikoniese Franse keiser Napoleon Bonaparte, hier vertolk deur die Oscarwenner Joaquin Phoenix.

Die fliek is ’n grootskaalse vertelling wat Napoleon se gulsige ambisie wat sy padkaart na mag met veldslae en visioenêre militêre strategieë besaai het, uitbeeld. Dié epiese vertelling vind gestalte deur die lens van sy onstuimige verhouding met Joséphine (Vanessa Kirby), sy een groot liefde, en met ongelooflike oorlog- en vegtonele op die slagveld.  

Ook in die rolverdeling tel Mark Bonnar, Rupert Everett en Youssef Kerkour. Die draaiboek is deur David Scarpa (All the Money in the World) met die regie deur Ridley Scott.

On The Line: The Richard Williams Story

Vanaf 24 November 2023 op Showmax.

Dié dokumentêre reeks vertel die verhaal van die man wat twee van die grootste sporthelde van ons tyd grootgemaak het: Richard Williams.

Met onder meer vyf Olimpiese goue medaljes en 30 Grand Slam-enkelspelkampioenskappe op hul kerfstok, het Venus en Serena Williams met hul toetrede tot tennis dié sport onomwonde verander. Maar ’n groot deel van hul sukses is te wyte aan hul pa, die toegewyde Richard Williams, sy uiters gedetailleerde plan van 78 bladsye, en sy onstuitbare geloof in sy dogters.

Dié vertelling is in Richard se eie woorde deur middel van tientalle onderhoude wat strek vanaf die 1980’s tot die hede. Só reis kykers saam met dié pa en sy gesin soos hulle hul pad na Wimbledon en ongekende sukses oopspeel. 

Kyk ook na die Oscar-bekroonde fliek King Richard op Showmax, met Will Smith wat die rol van Richard Williams vertolk.

The Velveteen Rabbit

Vanaf 22 November 2023 op Apple TV+.

Dié spesiale Kerstyd-kortprent is gegrond op die tydlose en klassieke pragboek deur Margery Williams. Soos sy gelyknamige oorsprongstorie, is die kortprent ook ’n viering van onvoorwaardelike liefde. Die verhaal draai om die sewejarige William wat ’n nuwe speelding vir Kersfees ontvang en dan só nie net ’n lewenslange vriend ontdek nie, maar ook ’n towerwêreld ontsluit. 

Dié 40 minute lange special – ’n kombinasie van animasie en live action – se stemkuns is deur onder andere Helena Bonham Carter, Nicola Coughlan, Alex Lawther, Paterson Joseph, Clive Rowe en Bethany Antonia.

A Nearly Normal Family

Vanaf 24 November 2023 op Netflix.

Die reeks is gegrond op die gelyknamige topverkoperboek deur Mattias Edvardsson. 

Die Sandells is ’n doodgewone gesin – daar’s die dominee Adam, die prokureur Ulrika, en hul 19-jarige dogter Stella. Hulle leef ’n oënskynlik perfekte lewe in ’n blinkgepoetste woonbuurt buite Lund. Maar als verander as Stella van moord beskuldig word en agter tralies beland. Haar verpletterde ouers weet nie wat om te doen nie. Wat het gebeur? Hulle wil Stella tot elke prys beskerm en help, maar ken hulle werklik hul dogter?

Ook nuut hierdie week: 

Vanaf 20 November 2023:

Stamped from the Beginning, Netflix
Anaconda, Showmax
Next Exit, Showmax
Changing Planet II, 20:00 op BBC Earth en DStv Stream (DStv-kanaal 184)

Vanaf 21 November 2023:

Leo, Netflix

Vanaf 22 November 2023:

Hannah Waddingham: Home for Christmas, Apple TV+
Squid Game: The Challenge, Netflix 
Crime Diaries: The Celebrity Stylist, Netflix 
High on the Hog: How African American Cuisine Transformed America S2, Netflix 
The Garden: Commune or Cult, 20:00 op Discovery Channel en DStv Stream (DStv-kanaal 121)

Vanaf 23 November 2023:

Earth, 20:00 op BBC Earth en DStv Stream (DStv-kanaal 184)
Gringa, Showmax
My Daemon, Netflix 
My Little Pony: Make Your Mark: Chapter 6, Netflix 
Maid In Manhattan, Showmax
Mini World: Power Awaken, Showmax

Vanaf 24 November 2023:

My Demon, Netflix 
Last Call for Istanbul, Netflix 
DOI BOY, Netflix
Wedding Games, Netflix 
I Don’t Expect Anyone to Believe Me, Netflix 

Vanaf 26 November 2023:

Life Below Zero S10, 19:00 op BBC Earth en DStv Stream (DStv-kanaal 184)

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies