Menu terloops
In Wat om te kyk [1 Feb 2023]

Wat om te kyk op Showmax in Februarie 2023


Wat om te kyk op Showmax vandeesmaand: Die tweede seisoen van die senutergende plaaslike rillerreeks, ‘DAM’, ’n vryer wat sy vryheid terugkry in ‘American Gigolo’, ’n pa wat sy vampier-dogter probeer red in ‘Let The Right One In’, en nog.

Wat om te kyk op Showmax in Februarie 2023

Wat om te kyk op Showmax in Februarie – hier is ons top-keuses.

Neem asseblief kennis dat datums en titels moontlik kan verander.

DAM S2  

Die eerste episode van DAM se tweede seisoen is vanaf 16 Februarie op Showmax beskikbaar. Daarna sal nuwe episodes weekliks op Donderdae beskikbaar wees om te stroom.

Die reeks is deur die viermalige SAFTA-wenner, Alex Yazbek, geskep, met die eerste seisoen wat in 2021 vrygestel is. Die eerste seisoen tel dan ook onder die top-10 reekse met die meeste kykers op Showmax in 2021. Dit het ook die meeste benoemings vir ’n dramareeks by die 2022 SAFTA-toekennings ontvang. 

Vir die tweede seisoen keer Lea Vivier en Pallance Dladla terug as Yola en Themba. Natasha Loring hervat ook haar rol as Yola se suster, Sienna. Loring het ’n SAFTA vir dié vertolking gewen. 

The Real Housewives of Durban S3 

Daar is drie nuwe gesigte in die derde seisoen van The Real Housewives of Durban: Maria Valaskatzis, Mbali Ngiba en Slindile Wendy Ndlovu sluit hulle by Annie Mthembu, Jojo Robinson, Nonku Williams en Sorisha Naidoo aan. Die eerste twee seisoene was albei onder die top-tien programme op Showmax in 2021 en 2022. 

Weeklikse episodes elke Woensdag vanaf 1 Februarie. 

East New York S1 

East New York volg die onlangs bevorderde polisiekaptein, Regina Haywood, wat ’n diverse groep beamptes en speurders moet lei. Maar daar is diegene wat aanvanklik huiwerig is om haar “kreatiewe” metodes van dienslewering en beskerming te ontplooi…

Amanda Warren (NCIS: New Orleans) vertolk die rol van Haywood, met onder andere Jimmy Smits, ’n veteraan van TV-polisiereekse soos NYPD Blue, Ruben Santiago-Hudson (Castle), Kevin Rankin (Breaking Bad) en Elizabeth Rodriguez (Orange is the New Black) ook in die rolverdeling. 

Die reeks het ’n punt van 88% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes met Variety wat meen dié reeks “slaan ’n nuwe koers vir polisiedramas” op televisie in. 

Weeklikse episodes vanaf Maandag, 20 Februarie. 

Julia 

Dié reeks is ’n fiktiewe vertelling van hoe die geliefde sjef Julia Child haar boek, Mastering The Art of French Cooking, in ’n TV-reeks omskep het. Dié reeks, The French Chef, sou uiteindelik vir tien jaar (1963-1973) uitgesaai word. Daarmee het Julia ’n charismatiese kookpersoonlikheid geword. Soveel so, dat ’n mens haar eintlik die oorspronklike TV-sjef kan noem. Lank voor Nigella, lank voor Jamie Oliver, lank voor Gordon Ramsay, was daar dus Julia Child. 

Die bekroonde Sarah Lancashire vertolk die rol van Julia met akteurs soos David Hyde Pierce (Frasier) en Bebe Neuwirth (Frasier, Cheers) ook in die rolverdeling. 

Julia het ’n punt van 93% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes. 

“Dit is ’n manjifieke storie, terselfdertyd vreugdevol en melancholies met ’n subtiele emosionele kompleksiteit,” lui Times UK se resensie. 

Binge vanaf 24 Februarie. Die bekroonde dokumentêr, Julia, is ook vanaf 24 Februarie op Showmax beskikbaar om te stroom. 

Let The Right One In 

Let The Right One In is geïnspireer deur John Ajvide Lindqvist se roman wat voorheen in twee bekroonde rolprente verwerk is. Dit draai om Mark en sy dogter Eleanor, wie se lewens tien jaar vantevore omgedolwe is toe sy in ’n vampier verander is. Eleanor (ook bekend as Ellie) lei ’n afgesonderde lewe en kan net snags uitgaan, terwyl haar pa sy bes doen om haar die menslike bloed te voed wat sy nodig het om te oorleef. Nou het hulle na New York teruggekeer, desperaat om ’n manier te vind om haar te genees. 

Let The Right One In sien onder andere die Oscar-benoemde Demián Bichir (The Hateful Eight, A Better Life) as Mark en die America’s Got Talent-kinderster Madison Taylor Baez as Eleanor in die rolverdeling. 

Binge vanaf 27 Februarie op Showmax.

American Gigolo 

Ná hy 15 jaar tronkstraf gedien het – vir ’n moord wat hy nie gepleeg het nie – word n voormalige gigolo vrygespreek. Nou probeer Julian Kaye (Jon Bernthal van We Own This City) die stukke van sy lewe optel terwyl die speurder wat hom agter tralies gesit het, werk om die raaisel wat tot sy aanhouding gelei het, te ontsyfer.

Die reeks is gegrond op die ikoniese gelyknamige 1980-film deur die Oscar-benoemde Paul Schrader.

Binge vanaf 6 Februarie. 

Crossfire 

Crossfire volg die voormalige polisiebeampte Jo, wat teen die agtergrond van haar huwelik wat uitmekaar val, haar gesin met vakansie na die Kanariese eilande neem. Maar hul droomvakansie verander in ’n nagmerrie as gewapende mans hul hotel aanval en sy en haar gesin in ’n stryd om oorlewing betrokke raak. 

BAFTA-benoemde Keeley Hawes (Line of Duty) speel Jo, met Josette Simon (Anatomy of a Scandal), Anneika Rose (Line of Duty) en Lee Ingleby (Harry Potter and the Prisoner of Azkaban) ook in die rolverdeling .

In hul vierster-resensie het Radio Times die driedelige BBC-minireeks as beide “aangrypend” en “hartverskeurend” beskryf. 

Binge die reeks vanaf 28 Februarie op Showmax. 

Projek Dina S2 

In die eerste seisoen van die misdaadreeks Projek Dina, is drie speurders met die hand vir ’n nuwe taakmag gekies om sake oor vermiste mense op te los. Die taakmag se naam is ’n verwysing na die Bybel-verhaal van die eerste vrou wat ontvoer is, ene Dinah. 

Die eerste seisoen het oorhoofs om Ronel se soektog na haar tweelingsuster, Dina, gedraai en in die laaste episode het kykers gesien hoe sy net-net vir Dina mis toe sy en die span in Mosambiek opdaag. 

Die tweede seisoen hervat twee jaar later en Ronel het steeds nie ophou soek nie. Haar gesin dink wel sy het uiteindelik die trauma van Dina se ontvoering verwerk. Toe nie. As sy genader word om weer met ’n vermiste persone-saak te help vat haar beheptheid om haar suster te vind weer voluit vlam.

Binge die tweede seisoen vanaf 6 Februarie. Die eerste seisoen is ook op Showmax beskikbaar. 

Women Who Rock S1 

Women Who Rock is ’n vierdelige dokkiereeks wat hulde bring aan die legio vroue-pioniers in die musiekbedryf. Dié reeks vier vroue-kunstenaars en hul verhale van roem, mag, waarheid, en die sukses wat hulle ten spyte van swaarkry, teenkanting, seksisme en dies meer gewen het. 

Women Who Rock sluit die stories van onder andere Shania Twain, Norah Jones, Sheryl Crow, Joan Jett, Pat Benatar, Chaka Khan, Janis Joplin, Annie Clark (ook bekend as St Vincent), Macy Gray, Nancy Wilson, Tori Amos en Mavis Staples in. 

Binge die reeks vanaf 28 Februarie op Showmax. 

Blind Ambition 

Dié inspirerende verhaal oor vier Zimbabwiese vlugtelinge wat uiteindelik Suid-Afrika se top-sommeliers geword het, het al talle pryse opgeraap, waaronder die gehoortoekenning by die Tribeca-filmfees. 

Kyk die dokkie vanaf 28 Februarie op Showmax. 

Ook nuut op Showmax in Februarie 2023

1 Februarie 2023

  • The Freak Brothers S1
  • Weeds S1-8

2 Februarie 2023

  • The Lost Daughter
  • Awaken
  • Despicable Me
  • Despicable Me 2
  • Die Dors
  • Good Witch S7
  • Minions
  • Red Stone
  • The Sun Is Also A Star
  • The Brilliant World of Tom Gates S1-2
  • Tik Tak S1
  • Paw Patrol S8 
  • The Loud House S6

3 Februarie 2023

  • Black Ransom
  • Five Shaolin Masters
  • Eastern Condors
  • Nashville S1-6
  • The Storm Warriors

6 Februarie 2023

  • Morbius
  • Little Angel S1-3
  • Kamp Koral: SpongeBob’s Under Years S1
  • The River S6
  • Bump S1-3
  • Makoti, Are You The One? S1
  • A Guy Thing
  • Bulletjie
  • Capote
  • Everything, Everything
  • Forever My Girl
  • Monster Family 2
  • Sherlock Gnomes
  • The Boy Next Door

9 Februarie 2023

  • Marry Me
  • Mark, Mary and Some Other People
  • Off the Rails
  • A Valentine’s Match
  • Abominable
  • About Time
  • Oddbods S1-3 
  • Spreekkamer S1

10 Februarie 2023

  • The Reunion

13 Februarie 2023

  • Young Rock S2
  • The Girlfriend Experience S3
  • 10 Days
  • Almighty Thor
  • Along Came Polly
  • Blippi Back To School Scavenger Hunt
  • Blippi and Meekah’s Very Merry Treasure Hunt
  • Blippi’s Summer Games
  • Endless Love
  • First Love
  • Overboard
  • The Break-Up
  • The Canton Godfather
  • Trainwreck
  • Yours, Mine & Ours

14 Februarie 2023

  • Love Island Australia S3-4
  • Victoria’s Secret: Angels and Demons

15 Februarie 2023

  • Subjects of Desire

16 Februarie 2023

  • 21 Jump Street
  • 22 Jump Street
  • Be Cool
  • Date, Agteruit
  • Eternal Wave
  • In The Line of Duty IV
  • Hercules
  • Ma
  • Shaft 6
  • Cocomelon: Fantasy Animals S1 

17 Februarie 2023

20 Februarie 2023

  • Dog
  • The Bad Guys
  • Little Angel S4-5
  • Mia’s Magic Playground S2
  • The Domestics
  • The Pink Panther
  • The Pink Panther 2

23 Februarie 2023

  • The Real Housewives of Nairobi 
  • Blippi Learns To Draw S1
  • Blippi Wonders S1
  • Kampvuur
  • Once Upon A Time in Shanghai
  • Plaasjapie
  • Safe House
  • Shark Tale
  • Tomb Raider
  • Young Heroes of a Chaotic Time
  • Warcraft

24 Februarie 2023

  • Julia (dokumentêr)

27 Februarie 2023

  • The Matrix Resurrections
  • 3am
  • Don’t Let Go
  • Legally Blonde
  • Legally Blonde 2: Red, White and Blonde
  • Mia’s Magic Playground Sing-A-Long S1
  • Supa Strikas: Freestyle
  • The Trigonal: Fight for Justice

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
12

12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

Meer

Redakteurskeuse vir Augustus 2024: ’n ‘Eksie Perfeksie’-romkom, beste seisoen nog van ‘Fargo’, en meer

Wat om te kyk: Die tweede seisoen van die epiese TV-vertelling van 'Lord of the Rings', heerlike humor in 'JACKPOT!', die Afrikaanse romkom, 'Eksie Perfeksie' en die ongelooflike historiese drama, 'The Tattooist of Auschwitz', tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies