Menu terloops
In Wat om te kyk [5 Jan 2022]

Wat om te kyk op Netflix in Januarie ’22


Die finale seisoen van Ricky Gervais se briljante en hartroerende komediedrama, “After Life”, is onder vandeesmaand se Netflix-hoogtepunte.

Wat om te kyk op Netflix in Januarie ’22

Cheer S2

Dié Emmy-bekroonde trefferreeks se tweede seisoen begin met alles op die spel.

Terwyl Texas se Navarro College Cheer sy kampioenskapskroon midde verskeie uitdagings probeer verdedig van onder andere hul grootste teenstanders by Trinity Valley Community College, is daar ook ander jakkalsies wat die span se kameraadskap en vetroue in mekaar bedreig. 

Seisoen 2 draai deels om die buzz wat rondom Navarro Cheer ontstaan het ná die span se oorwinning by die NCA & NDA Collegiate National Championship in Daytona, Florida in 2019. Maar roem het sy eie prys, en dít kan die span uit Texas duur te staan kom…

Buiten die impak van die media-aandag op die span, is daar die Covid-19-pandemie wat die sportseisoen omvergooi en een van die spanmaats wat van seksuele misdrywe beskuldig word. Teen hierdie dramatiese agtergrond, brei die storie se fokus uit om oor die loop van die seisoen se nege episodes ook Navarro se felste mededinger, Trinity Valley Community College, onder die vergrootglas te plaas soos albei spanne hulle vir die 2021-kampioenskap beywer.

Soos met die Navarro-span, het TVCC ’n charismatiese afrigter en talentvolle sterre.

Vanaf 12 Januarie.

The Woman in the House Across the Street from the Girl in the Window

Vir die mistroostige Anna (Kristen Bell) is elke dag dieselfde. Sy sit met haar glas wyn, staar by die venster uit en kyk hoe die lewe sonder haar verbygaan. Maar as ’n aantreklike buurman (Tom Riley) en sy skattige dogter (Samsara Yett) oorkant die straat intrek, sien Anna lig aan die einde van haar eensame tonnel. Dit is totdat sy ’n grusame moord aanskou…Of het sy?

The Woman in the House Across the Street from the Girl in the Window is ’n donker, wyndeurdrenkte komedie met ’n satiriese inslag op die versadigde, en dikwels absurde, sielkundige riller-genre. Dit sal jou laat raai wie, wat, waar, hoekom en hoe in die hel?! tot die heel einde.

Michael Ealy, Mary Holland, Shelley Hennig, Cameron Britton, Christina Anthony en Benjamin Levy Aguilar maak ook deel van die rolverdeling uit.

Vanaf 28 Januarie.

Ozark S4: Part 1

Dié veelbekroonde reeks het ’n punt van 89% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes en draai om Jason Bateman se karakter, Marty Byrde, ’n finansiële adviseur wat sy gesin van Chicago na die Missouri Ozarks sleep.

Om ’n dwelmbaas te paai ná ’n geldwasseryskema wat lelik skeefloop, moet Marty binne vyf jaar $500 miljoen se dwelmgeld “skoon” kry.

Met sy vrou Wendy en hul twee kinders op sleeptou, en met hul lot wat in die weegskaal hang, dwing dié moeilike, stresvolle, en soms angswekkende omstandighede die gebroke gesin om die bande tussen hulle te herstel.

Die reeks ondersoek kapitalisme, gesinsdinamika en oorlewing deur die oë van (enigiets behalwe) gewone Amerikaners.

Seisoen 4 van Ozark word in twee dele vrygestel en bestaan uit sewe episodes elk.

Vanaf 21 Januarie.

After Life S3

Ricky Gervais keer terug vir die finale seisoen van een van Netflix se top-reekse, After Life. Ja, verwag trane en snot, en ja, dit sal jy wees wat so ween! 

After Life volg die lewe van ’n plaaslike koerantjoernalis, Tony (Gervais), ná die kanker-dood van sy geliefde vrou, Lisa (Kerry Godliman). Hy haal sy woede op almal rondom hom uit en sy vriende en familie moet hard op hul tande kners oor sy filterlose kommentaar en haglike gedrag, maar, omdat hulle vir hom jammer voel, laat hulle hom met die ongelooflikste goed wegkom. Slegs ’n weduwee, Anne (Penelope Wilton), wat hy by die plaaslike begraafplaas ontmoet, praat reguit – en uit die hart uit – met hom. 

Aan die einde van seisoen 2 het dit gelyk of die aard van Tony en Emma (Ashley Jensen), die verpleegster wat Tony se pa Ray (David Bradley) voor sy afsterwe versorg het, se verhouding dalk in ’n (soort van) romanse kan verander. In die derde seisoen sien ons juis hoe hul dinamiek ontwikkel soos hy nou ook sy pa se dood moet verwerk.

Vanaf 14 Januarie.

Ook nuut op Netflix:

1 Januarie 

  • The Hook Up Plan S3  
  • Chief Daddy 2: Going for Broke

4 Januarie 

  • Action Pack 
  • 4 metà 

5 Januarie 

  • Rebelde  
  • Four to Dinner  

6 Januarie 

  • The Club: Part 2  
  • The Wasteland  

7 Januarie 

  • Hype House  
  • Mother/Android  
  • Johnny Test S2 

10 Januarie 

  • Undercover S3  

12 Januarie 

  • How I Fell in Love with a Gangster  

13 Januarie 

  • The Journalist  
  • Photocopier  
  • Brazen

14 Januarie 

  • The House  
  • Archive 81  
  • This Is Not a Comedy  
  • Riverdance: The Animated Adventure  

15 Januarie

  • Ophelia
  • The Parts You Lose

18 Januarie 

  • The Puppet Master: Hunting the Ultimate Conman  
  • DOTA: Dragon’s Blood: Book 2  
  • Mighty Express: Train Trouble  

19 Januarie 

  • El marginal S4  
  • Heavenly Bites: Mexico  
  • Too Hot to Handle S3

20 Januarie 

  • Midnight Asia: Eat · Dance · Dream  
  • The Royal Treatment  

21 Januarie 

  • Summer Heat  
  • My Father’s Violin  
  • Munich  The Edge of War  
  • That Girl Lay Lay  
  • Amandla

24 Januarie 

  • Three Songs for Benazir  

25 Januarie 

  • Ada Twist, Scientist S2 
  • Snowpiercer S3 (Weekliks) 

27 Januarie 

  • Chosen  
  • Framed! A Sicilian Murder Mystery  

28 Januarie 

  • Feria: The Darkest Light  
  • In From the Cold  
  • Getting Curious with Jonathan Van Ness  
  • Angry Birds: Summer Madness  
  • The Orbital Children 
  • All of Us are Dead

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Vonke spat tydens semifinaal… en kelder toe dié twee braaiers

’n Fynproewersdis, ’n lang resep en kreatiewe verskille het daartoe gelei dat twee van kykers se gunsteling-deelnemers op 'Kokkedoor Vuur & Vlam' hul voorskote moes ophang.

Meer

‘Adolescence’ is noodsaaklike kykstof om samelewing aan skouers te skud

Die Britse reeks 'Adolescence', oor ’n dertienjarige seun wat ’n klasmaat doodsteek, behoort verpligte kykstof vir ouers en kinders en by skole te wees. Dit is ’n wekroep vir ’n samelewing wat besig is om kinders in die steek te laat.

Meer

The Handmaid’s Tale S1-6

Op Showmax

Blessed be! Seisoen vyf tel op nadat June wraak teen haar ontvoerder, teisteraar en verkragter, bevelvoerder Fred Waterford, geneem en hom met haar kaal hande uitmekaar geskeur het.
Meer

The Last of Us S1-2

Op Showmax

Die tweede seisoen van ‘The Last of Us’ begin vyf jaar ná Joel (Pedro Pascal) se onlosmaaklike leuen aan Ellie (Bella Ramsey).
Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies