Menu terloops
In Wat om te kyk [6 Jan 2022]

Wat om te kyk op DStv in Januarie ’22


“Yellowjackets,” “Devilsdorp” en “Die Byl” se vierde seisoen, tel onder vandeesmaand se hoogtepunte op DStv.

Wat om te kyk op DStv in Januarie ’22

Yellowjackets

Yellowjackets vertel die verhaal van ’n talentvolle hoërskool meisiesokkerspan van New Jersey wat ’n vliegtuigongeluk diep in die Ontario-wildernis in Kanada wonderbaarlik oorleef.

Nadat hul vliegtuig neerstort, is dit ’n stryd om 19 maande lank te oorleef voordat die groep oorlewendes uit die wildernis gered word. 

Die reeks maak gebruik van terugflitse met twee groepe fantastiese akteurs wat die karakters in hul troebel hedendaagse bestaan en hul ewe troebel verlede – geklad met hul verval in waansin en kannibalisme in die wildernis – vertolk. 

Sophie Nélisse, Jasmin Savoy Brown, Sophie Thatcher en Sammi Hanratty speel die vier hoofkarakters as tieners, met Melanie Lynskey, Tawny Cypress, Juliette Lewis en Christina Ricci wat hulle as volwassenes uitbeeld.

Die reeks het ’n punt van 100% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes en is reeds vir ’n tweede seisoen hernu.

Bisar. Aangrypend. Geheel en al meesleurend.

Vanaf 14 Januarie om 21:30 op M-Net (DStv-kanaal 101).

Devilsdorp

Devilsdorp, Showmax se eerste oorspronklike ware misdaaddrama, is ’n angswekkende blik op die invloed – en gevaar – van charismatiese leiers. As jy dit nog nie op dié stroomdiens gesien het nie, kry jy nou kans om dit ook op DStv te kyk.

Dit speel tussen 2008 en 2019 in Krugersdorp af en draai om ’n kultusleier, Cecilia Steyn, wat as ’n meester-manipuleerder haar volgelinge oortuig het om namens haar 11 mense te vermoor. Christenskap en satanisme word teen mekaar afgespeel, en ons ontmoet die familielede wat ná hul geliefdes se moorde deur Steyn se kultusgroep, Electus per Deus (Uitverkies deur God), sukkel tot verhaal te kom.

Op M-Net (DStv-kanaal 101) en DStv Catch Up vanaf 6 Januarie om 21:30 en 22:45.

The Other Two S2

The Other Two is sekerlik een van die beste hedendaagse komediereekse – deels omdat dit met die samelewing se beheptheid met kitsroem spot, en deels oor hoe die skeppers Chris Kelly en Sarah Schneider dit regkry.

Die storie draai om ’n broer en suster (millennials!) wat elk ’n plekkie in die wêreld vir hulself probeer uitkerf. Cary (Drew Tarver) is ’n sukkelende gay akteur, en Brooke (Heléne Yorke) is ’n voormalige professionele danser. Hoe onbelangrik of irrelevant hulle in die wêreld voel voel voordat hul 13-jarige broer oornag die roem kry waarvan hulle so naarstigtelik droom, is niks vergeleke met hul worstelinge daarna nie. 

Die tweede seisoen volg meer as twee jaar ná afloop van die eerste seisoen, en het intussen ’n volwassenheid ontwikkel wat dit sy 95%-gradering op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes laat verdien. “The Other Two se puik tweede seisoen verstewig sy plek as een van TV se beste komedies,” lui die kritici-konsensus

Die skaterlag-reeks is ook reeds vir ’n derde seisoen hernu. 

Vanaf 8 Januarie op Comedy Central (DStv-kanaal 122) om 22:00.

Die Byl S4

Die Byl S4
Waldemar Schultz keer terug as Byl in die vierde seisoen van dié senutergende misdaaddrama. Foto: Verskaf

Waldemar Schultz is terug as Byl in die vierde seisoen van die riller-polisiedrama, Die Byl

Ná afloop van die gebeure van die vorige drie seisoene, sukkel Byl om Dr. Fritz Barnard (Eric Nobbs) se dood te verwerk, terwyl hy en sy speurspan ook moet bontstaan as ’n reeksmoordenaar na drie dekades weer begin moor. 

Daar is tien dubbel-episodes in die seisoen, met ’n afsonderlike speursaak wat oor twee episodes elk strek. In elke dubbel-episode is daar ’n reeksmoordenaar op wie Byl en sy span jag maak, maar daar is ook ’n deurlopende storielyn wat in elke episode geweef word –  ’n psigopaat met ’n wye sirkel invloedryke mense in sy sak wat amok maak. 

Marvin-Lee Beukes is weer te sien as Juan Stuurman en Milan Murray as Nicki Swanepoel. Trudy van Rooy is Dr. Shani van Rooi, maar hierdie keer moet sy op haar eie klaar kom ná Fritz se dood. Kaptein Lena Evans (Lika Berning) is ook terug, maar in hierdie seisoen moet sy haar aandag verdeel tussen haar werk en haar gesinslewe. 

Die veelsydige Suid-Afrikaanse akteur Sean Cameron Michael, wat al in internasionale reekse soos Black Sails en MacGyver te sien was, is te sien as Vermeer, die groot skurk van die vierde seisoen. Frank Rautenbach en Amalia Uys is ook deel van die rolverdeling, maar waar hulle presies inpas, sal kykers moet wag en kyk.

Die regisseurs van die reeks is Leon Kruger en Liezl Spies. Hierdie was die laaste reeks wat Leon aan gewerk het voordat hy vroeër in 2021 oorlede is. Hy was ook die hoofskrywer. 

Van die ander akteurs wat in hierdie seisoen te sien is sluit in Ryno Hattingh, Elizabeth Archer, Gerben Kamper, Andhar Cotton en Chris van Niekerk.

Die Byl se vierde seisoen begin Sondag 16 Januarie 2022 om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).

Vorige seisoene is op Showmax beskikbaar.

Strangers You Know S2

In die tweede seisoen van Strangers You Know, ’n ware misdaad-dokkiereeks deur Carte Blanche se vervaardigingspan, kom van Suid-Afrika se gruwelikste moordsake weer onder die loep.

Die moorde van Anene Booysen, Karabo Mokoena, die Van Breda-gesin, en Jayde Panayiotou is dié keer die fokus.

Nie vir swak mae nie.

Vanaf 9 Januarie om 20:00 op M-Net (DStv-kanaal 101). Seisoen 1 is op DStv Catch Up beskikbaar.

Nog hoogtepunte:

1 Januarie

  • Shakira: Road to Dorado
  • Little Mix Special
  • The Forgettable Life of Liam White

2 Januarie

  • Wonder Woman 1984
  • The Mating Game
  • Below the Deck Sailing Yacht S2
  • All Creatures Great and Small S2
  • Farmer Wants A Wife Australia S11
  • Murder in the Heartland S4
  • The Republic S2

3 Januarie

  • Midsomer Murders S22

4 Januarie

  • Animal Kingdom S5
  • Gordon, Gino and Fred’s Road Trip S3

5 Januarie

  • Law & Order: Organized Crime S2
  • The Shop S4
  • Nature’s Fight Club

7 Januarie

  • United States of Al S1
  • Ghosts S1
  • Makoti S1
  • Gordon Ramsay
  • Anthony Bourdain, Parts Unknown

8 Januarie

  • The Investigation S1
  • The Adventures of Thomasina Sawyer

9 Januarie

  • How It Ends

10 Januarie

  • Grown-ish S4

12 Januarie

  • NCIS S19
  • NCIS Hawaii S1

13 Januarie

  • Boer Soek ‘n Vrou S14
  • Women of the Movement S1

14 Januarie

  • Best Baker in America S4

15 Januarie

  • Craig Charles: UFO Conspiracies

16 Januarie

  • Survivor USA S41

18 Januarie

  • Egypt’s Unexplained Files
  • This is Greece
  • Claws S4
  • Jamie Oliver: Together

19 Januarie

  • The Globe
  • Killer Britain with Dermot Murnaghan
  • Who Wants To Be A Millionaire with Jeremy Clarkson S2

20 Januarie

  • Lie With Me S1
  • Air Crash Investigation S21
  • Nostradamus: End of Days

23 Januarie

  • Big Brother Mzansi: Launch

24 Januarie

  • Impractical Jokers S13

30 Januarie

  • The Father
  • Beyond the Spotlight
  • Murder: First on Scene S1
  • Sex Actually with Alice Levine

31 Januarie

  • Rescued Chimpanzees of the Congo with Jane Goodall
  • Bake Off: The Professionals S4

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
12

12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

Meer

Redakteurskeuse vir Augustus 2024: ’n ‘Eksie Perfeksie’-romkom, beste seisoen nog van ‘Fargo’, en meer

Wat om te kyk: Die tweede seisoen van die epiese TV-vertelling van 'Lord of the Rings', heerlike humor in 'JACKPOT!', die Afrikaanse romkom, 'Eksie Perfeksie' en die ongelooflike historiese drama, 'The Tattooist of Auschwitz', tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies