Menu terloops
In Wat om te kyk [4 Apr 2022]

Wat om te kyk op DStv in April 2022


Wat om te kyk op DStv vandeesmaand: Die epiese tydreis-drama, ‘Outlander’, ‘Poena’ se nuwe TV-reeks, en ’n moordverhaal met etlike kinkels en Renée Zellweger in die hoofrol.

Wat om te kyk op DStv in April 2022

Die kern van Outlander, gegrond Diana Gabaldon se gelyknamige reeks boeke, is Jamie (Sam Heughen) en Claire (Caitríona Balfe) se epiese liefdesverhaal. Dit strek immers oor eeue heen, met Claire wat in die eerste seisoen onwillekeurig uit 1945 na 1743 in Skotland reis met geen idee hoe sy daar beland het nie.

Oor die afgelope vyf seisoene het daar ’n magdom lief en leed afgespeel en die realiteite van dié tyd is sonder skroom uitgebeeld. Een só voorbeeld is die allerverskriklikste voorkoms van verkragting.

Die sesde seisoen tel op waar die vyfde geëndig het met Claire en Jamie wat nie net hul geliefdes probeer beskerm nie, maar ook die uitdagings van ’n nuwe lewe in koloniale Amerika – die sogenaamde “New World” – te bowe moet kom. Claire weet natuurlik wat kom (spoiler alert, die Amerikaanse rewolusie!) maar nogtans probeer sy en Jamie vrede handhaaf.

Nog ’n stok in die wiel – Jamie se verlede kom spook by hom as ’n voormalige medegevangene ook daar aanland en sake vir hulle bemoeilik. Claire sukkel ook om die trauma van haar verkragting aan die einde van seisoen vyf te verwerk. 

Die sesde seisoen is wel die kortste nog – net agt episodes. Dit is egter reeds vir ’n sewende reeks hernu en daar is sprake van ’n prequel-reeks wat ook glo op pad is…

Weeklikse episodes vanaf Dinsdag, 5 April, om 22:30 op M-Net (DStv-kanaal 101) en DStv Online.

Op my Eish! S2

Gaan die sjarmante Francois Jacobs liefde in die nuwe seisoen van Op my eish! vind?

Net soos in die eerste seisoen van Op my eish!, kan kykers na heelwat drama en intrige deur die loop van die reeks uitsien. Van gebroke harte en beserings tot onverwagse bekendstellings en skokonthullings – die wenresep vir suksesvolle realiteitstelevisie.

Weeklikse episodes vanaf Donderdag, 14 April, om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en DStv Online.

The Thing About Pam

The Thing About Pam is ’n misdaaddrama gegrond op ’n ware, kinkelryke moordverhaal.

Dit speel in 2011 af en draai om die dood van ’n kankerpasiënt, Betsy (Katy Mixon). Haar man, Russ (Glenn Flesher) word aanvanklik van haar moord verdink – en ook skuldig bevind – maar dan blyk dit haar vriendin, Pam (Renée Zellweger), was die laaste persoon wat vir Betsy lewend gesien het. En natuurlik het Betsy mos nét voor haar dood haar testament verander. Mos. Julle kan seker raai wie die nuwe begunstigde was…

The Thing About Pam het gespruit uit ’n podcast-episode van die Amerikaanse waremisdaadreeks, Dateline, en is toe in ’n TV-reeks omskep.

Weeklikse episodes vanaf Maandag, 4 April, om 21:30 op M-Net (DStv-kanaal 101) en DStv Online.

Poena

In 2007, het ons die eerste keer vir Poena Pieterse in die ikoniese fliek Poena is Koning ontmoet. En toe het hy in 2020 in die TV-fliek, Poena, teruggekeer, asook in 2021 in die TV-fliek, Poena en Poenie.

En nou het Poena sy eie TV-reeks. Glo is dié franchise so suksesvol dat dit ’n reeks van 13 episodes waardig is.

In dié komediereeks ontmoet ons vir Poena (Robbie Wessels) wat sy werk as ’n sanger op ’n plesierboot verloor het en saam met sy werklose nefie, Poenie (Kaz McFadden), by sy oupa Poen (At Botha, Binnel) woon. Ook saam in die huis is Poen se geliefde Coco de Kok (Liane Heyl) en haar dogter Chanel (Lauren Botha). Dit is uiteraard chaos met soveel mense onder een dak, maar ’n boer maak mos ’n plan…

Weeklikse episodes vanaf Maandag, 4 April om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en DStv Online.

Ook nuut op DStv vandeesmaand: 

Let wel: datums, tye en vertonings kan verander. Hierdie skedule is slegs vir SA DStv-intekenare. Vir die volledige skedule en besonderhede oor reekstye en die betrokke kanale, kliek hier.

1 April 2022

  • Assisted Living S3
  • Nedbank Family Challenge
  • Makoti: Are You The One? S1
  • Amadreadlocks
  • Musiekpaniek S6
  • A Lockdown Love Story
  • Happy Hearts

2 April 2022

3 April 2022

  • Out of Death
  • Net Koffie S3
  • Glam Guru S22
  • Waarheid Met Max S1
  • Voetspore in Suid-Afrika S2
  • Abraham Lincoln
  • Reconstruction: American After the Civil War
  • Trevor Noah Presents John Johnson: Hashtag
  • Umbuso S1
  • Pulane
  • Culture Swap S1
  • Skhipha Amafiles S5

4 April 2022

  • Billions S6
  • Fiesta S23
  • Secrets of the Universe
  • Handsome Devils S1
  • Housekeepers S3
  • Diep City S2
  • Transplant S2
  • A New Life
  • Middlemost Post
  • Great Southern Trackers
  • The Scent of Passion
  • Umanayno
  • Hulisani
  • Kopano

5 April 2022

  • Outlander S6
  • Tiaan Proe S1
  • Girls Cruise
  • Love & Listing S1
  • Rock the Block S3
  • Icons of Auto

6 April 2022

  • Pastor Wants a Wife S2
  • Something Bit Me!
  • Out and About Presenter Search

7 April 2022

  • Heels S1
  • Temptation Island USA S4
  • Welvaartskeppers S1
  • 10 Years Younger Changed My Life
  • Twice as Bold S1
  • 90 Day: The Single Life S2
  • African Farming S3

8 April 2022

  • Downtime with Somizi S1
  • Unmarried S3
  • UFO Witness

9 April 2022

  • Mr Mayor S2
  • Dino Dana: The Movie
  • Pharaoh’s War
  • Temptation Island SA S1
  • The Culture Capsule
  • The Prison Breaker
  • A Hunt for amaMillion
  • Seng’Khathele S4
  • Abalazi S2

10 April 2022

  • Old
  • Let Them All Talk
  • Carlos Mencia: No Strings Attached
  • Below Deck Mediterranean S6
  • The Masked Singer S3
  • Minenhle
  • Antim: The Final Truth

11 April 2022

  • The Great British Bake Off S12
  • Battle of the Ankara S1
  • The Big Bozza Cook-Off S1
  • Hair to the Throne S1
  • Minki S22
  • Huisgenoot Blokraaibestes S2
  • Die Bruid-Boetiek S3
  • Simply Maria
  • Property Brothers: Forever Home S1

12 April 2022

  • Abandoned S2
  • Landbouweekliks S17
  • Keerpunt S4
  • The Bryk Retreat S1

13 April 2022

  • Landscapers S1
  • Mountain Lion: The Ghost Cat
  • Will He Say Yes? Zambia
  • The Ten S4
  • Doubling Down with the Derricos S3

14 April 2022

  • The End Game
  • Flip or Flop S10
  • Songoma, Khanyisa S1
  • My Horror Love Story S1
  • Laat Die Potte Prut: Kampioene S1
  • Pak Weg, Pak Reg S3
  • Anupama

15 April 2022

  • How To With John Wilson S2
  • Bear’s Wild Adventure S1
  • Curse of the Ancients S6
  • Agatha Raisin S4
  • George Clarke’s Amazing Spaces S10
  • Ehe! It’s A Match: Nigeria S1

16 April 2022

  • Richard The Stork
  • Critical Thinking
  • Not the One for You S1

17 April 2022

  • Iceland with Alexander Armstrong S1
  • Chaos Walking
  • Miss Willoughby
  • Chef Bootcamp S2
  • Thalente

18 April 2022

  • Young Vets S1
  • Hoffman Family Gold
  • Making A Serial Killer S6
  • My Lottery Dream Home S12
  • 1000lb Best Friends

19 April 2022

  • The Last OG S4

20 April 2022

  • Out and About

21 April 2022

  • Anzel in die Boland S3
  • Fix My Flip S1
  • Crime Scene Confidential

22 April 2022

  • Dance Nation: Amapiano vs Gqom S1

23 April 2022

  • Mediterranean
  • Jumper: Treasure Hunting 3
  • Hearts and Bones
  • Switched
  • The Bachelor S26
  • Alex vs America
  • Se Nkganang

24 April 2022

  • Rogue Hostage
  • Reconstruction: The Secret History of the Civil War
  • Living With A Serial Killer
  • Murder: First on Scene S1B
  • Paul F Tompkins: Labouring Under Delusions
  • 14 Phere

25 April 2022

  • Black Lady Sketch Show S3
  • A Man With A Plan
  • Gomora S3
  • Why Are You Hiding Me?
  • Call the Cleaners S1-2
  • Location Location Location S23

26 April 2022

  • Wheeler Dealers: Dream Cars S2
  • Freshly Pricked with Simon Toohey S1
  • Cars SOS S10

27 April 2022

  • Long Slow Exhale S1
  • Run The World S1
  • Chopped S50
  • Sydney Harbour Patrol

28 April 2022

  • The Block Australia S15
  • The World’s Most Luxurious Holidays

29 April 2022

  • Where Murder Lies S2
  • Junkyard Empire S2

30 April 2022

  • Around the World in 80 Days
  • She Ball
  • Fairview S1
  • Killer High
  • Vilakazi Supermarket
  • Dutch Caribbean Coastguards

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om kortfilms en dokkies die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
12

12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

Meer

Redakteurskeuse vir Augustus 2024: ’n ‘Eksie Perfeksie’-romkom, beste seisoen nog van ‘Fargo’, en meer

Wat om te kyk: Die tweede seisoen van die epiese TV-vertelling van 'Lord of the Rings', heerlike humor in 'JACKPOT!', die Afrikaanse romkom, 'Eksie Perfeksie' en die ongelooflike historiese drama, 'The Tattooist of Auschwitz', tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies